92 staatsamptenare in 3 maande vas

Argieffoto

Die waarnemende hoof van die Valke is bekommerd oor die aantal korrupte amptenare wat die persepsie versterk dat Suid-Afrika een van die korrupste lande ter wêreld is.

Lt.genl. Yolisa Matakata het gesê van 1 November 2017 tot op datum is 92 staatsamptenare van verskillende instellings reg oor die land deur die Valke in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer korrupsie, gewapende roof en diefstal.

Van die 92 staatsamptenare is 28 polisiebeamptes, 45 verkeersbeamptes, ses beamptes van die departement van binnelandse sake en dan ander amptenare van onder meer munisipaliteite. Matakata het gesê 34 van die 45 verkeersbeamptes is van Limpopo.

“Diegene wat met regeringsake toevertrou word, is veronderstel om dit met eer en integriteit te doen,” het Matakata gesê. Volgens haar is die Valke se mandaat om seker te maak dat burgers weer vertroue in regeringsinstellings kry.

“Ons regstelsel is gegrond op die oppergesag van die reg wat in die grondwet verskans word. Dit beteken die wet is op almal van toepassing en dat niemand bo die wet verhewe is nie.”

Matakata meen die stryd teen korrupsie is nie net die regering se taak nie, maar ook die burgery en die media se taak. “Korrupsie is ʼn plaag en kan nooit geduld word nie. Ek wil dankie sê aan diegene wat korrupsie aanmeld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

wraggies ·

Wanneer gaan julle die wat verantwoordelik is vir grootskaalse plundery en korrupsie asook belasting ontduiking in hegtenis neem?

Eish ·

Dit is baie duidelik dat die valke nie op al hul silinders vuur nie.
Net in die parlement alleen sal hul meer as die getal vervolgbare amptenary kan vastrek.

zoom zoom ·

As die valke toeslaan op die shebeen im saxonworld gaan hulle ‘n groot slag slaan met korrupte staatsamptenare

Onnie ·

Daar is beslis meer as 28 korrupte polisiebeamptes in SA! Ek dink op ons dorp alleen is daar 28. Valke het nog baie werk om te doen.

Blits ·

Ek wonder wat gee haar die idee dat die presepsie is dat Suid Afrika een van die mees korrupste lande in die wêreld is. (hi nooit die anc is mos nie korrup nie)

Seker om dat dit so is, Suid Afrika is van die nommer 1 na onder korrup en dit sluit elke tak van die regering in van polisie, die regbank, die NVG en noem maar op, kyk na eskom, S.A.L en noem maar op, vat die foon bel enige staats instansie en hulle is korrup.

So net vir jou medewete is SUID AFRIKA IS DIE MEES KORRUPSTE LAND IN DIE WêRELD want die anc is in beheer en daar word nie opgetree teen hulle nie, begin heel bo en maak skoon na onder toe

Johann ·

Whahhahhahaaaaa. “persepsie van korrupsie”? INTEGRITEIT? Whahahhaaaaaa. Die ANC gaan n nuwe fase van hiper histeries in met hulle “nuwe” aanslag teen korrupsie. VALKE = vertroue?????? WHAHAHAHHAAAAAAA…. die nuwe NOG N waarnemende tannie het seker nog nie haar ZUPTOPIA lidmaatskap fooi gekry nie. Iets glo wat uit n ANC LEGACY KRONIE se mind kom????? Whahahahahhahahhaaaa

snoefie ·

lt genl matakata, julle is so besig om sosiale media te monitor om op blankes toe te sak vir rassisme, dat kriminaliteit die oorhand gekry het. vergeet fb en twitter. dan gaan julle ook agter kom die pynlike rassistiese toevoegings wat blankes daagliks toe gesnou word. maar ons huil en kla nie, ons weet plaasaanvalle, moord, roof, inbrake, verkragting, aanranding, korrupsie, grondgryp en nog baie ander is erger.

Vra net ·

Waar kan ‘n mens telefonies, annoniem kla oor die ongerymdhede & bedrog van jou lokale munisipaliteit.

Jacques Venter ·

Daar is n eenvoudige manier waarop hierdie getalle verminder kan word.

Die gemeenskaps leiers ken hulle mense. Die polisie moet slegs iemand aanstel as die gemeenskap waaruit hy/ sy kom, hom of haar aanbeveel.

DAVID ·

Dit is nie net n persepsie dat ons n korrupte land is nie,Suid Africa is DIE korrupste land in wereld.Almal in mags possisies plunder die land al n aantal jare nou dat daar amper niks oor is nie nou wil hulle optree.Bietjie laat.

ne ·

Nr 1 stel mos die voorbeeld! En sy volgelinge doen dit ook – net op ‘n kleiner skaal. Wat sê dit vir jou van die ANC?????

Cherokee ·

‘Diegene wat met regeringsake toevertrou word, is veronderstel om dit met eer en integriteit te doen, het Matakate gesê.’ ……. Sy het miskien nog boonop ‘n vergrote en geraamde kiekie van Jakop Zuma in haar kantoor.

Sê maar net ·

Small vry wat n rookskerm voorhou. Wanneer gaan julle die Big fishies bymekaarmaak. Een van hulle is meer korup as al die verkeersbeamte en ander wat gevang is- sê maar net!!

SjN ·

Donald Trump se stelling is dus korrek, hoekom hom so kritiseer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.