935 aanklagte teen ‘Sasolburg-pedofiel’

Argieffoto

Argieffoto

Die middeljarige man van Sasolburg in die Vrystaat wat in 2014 in hegtenis geneem is vir die maak, besit en verspreiding van kinderpornografie, staan tans tereg op 935 aanklagte, wat verkragting en seksuele aanranding insluit.

Maroela Media het vroeër berig die man is op 16 Oktober 2014 in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk van Interpol ontvang het. Tot dusver is 19 slagoffers tussen die ouderdom van tien en 13 geïdentifiseer.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie glo daar is nog slagoffers wat opgespoor moet word.

ʼn Pa van een van die man se slagoffers het verlede jaar aan Maroela Media vertel hoe die man glo sy dogter vir drie jaar lank seksueel gemolesteer en verkrag het elke keer wanneer sy by haar maatjie, die man se dogter, oorgeslaap het. Hy het gesê op die pornografiese materiaal wat glo op die man se rekenaars gevind is, lyk dit asof sy dogter op die meeste van die foto’s en beeldmateriaal slaap.

Volgens Naidoo is die 43-jarige man, wie se naam nie bekendgemaak kan word nie om die identiteit van sy slagoffers te beskerm, by sy kantoor in Kew, Johannesburg, in hegtenis geneem. Die polisie het sy kantoor, huis en stoorkamer deursoek en beslag gelê op selfone, skootrekenaars, rekenaartablette, seksspeelgoed, pornografiese DVD’s, tydskrifte en meisies se onderklere.

Hy is sedertdien in polisieaanhouding en sal Woensdag in die hooggeregshof in Bloemfontein verskyn.

Naidoo het weereens ʼn beroep op ouers gedoen om op die uitkyk te wees vir tekens van mishandeling by hul kinders. “Van die tekens kan ʼn skielike verandering in gedrag insluit, merke op die liggaam, ongewone kennis en belangstelling in seks, dissiplinêre probleme en onttrekking van alledaagse aktiwiteite,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Vicky ·

Ek glo nie daar is n swaar genoeg straf vir hierdie monster nie. Niks waaraan ek kan dink is erg genoeg nie.

Anoniem ·

Mag hy vir ewig wegesluit word. Ek sit self met n situasie waar my kind by die skool verkrag was en tot op hede is daar nog niks gedoen aan die verkragter nie want in ons land Suid-Afrika is alles mos aanvaarbaar. Ja ek is vandag n baie bitter mens maar ek dink ek het rede

Charlotte ·

Verwyder die SKUIM uit ons gemeenskap uit. Gooi hom in die tronk dat die ander misdadigers verkieslik moordenaars met hom kan afreken want dis wat hy met die kindertjies gedoen het..hy het hul selfbeeld en innerlike menswees vermoor!!!

Frans ·

Hoe is dit moontlik dat ‘n man solank met sulke gedrag kan wegkom en dat ouers van die kinders nie onheil bemerk nie?

Lynette ·

Ek wil ook graag weet hoe hy vir so lank daarmee weg gekom het.

DPJ ·

Ek wonder net wat laat ‘n getroede man oor gaan tot dulke gedrag?

Knerries ·

DPJ ek neem aan jy bedoel “getroude”. Desnieteenstaande…. geen man mag ‘n minderjarige op hierdie manier misbruik nie, Ek wil ook weet:
1. Waarom het hy so lank hiermee weg gekom?
2. Waarom het ‘n gemolesteerde meisie herhaaldelik by haar molesteerder se dogter gaan oorslaap?

Celice ·

Hulle “kruip weg” as “goeie mans” en “voorstanders van die gemeenskap”. Dit is hulle beste skuiling, niemand verdink ooit die pa en ouderling nie. Baie pedofiele trou – dit is ‘n siekte, hy weet dis verkeerd, maar hy doen dit anyway want die drang raak na ‘n ruk te erg. ‘n Huwelik maak nie reg wat verkeerd is nie … getroude mense verneuk, verkrag, vermoor, pleeg allerhande misdade sonder dat die mense naaste aan hulle weet, hulle is meesters wanneer dit by lieg kom, en nog beter wanneer dit by intimidasie kom (dis hoekom dit so lank gevat is vir hom om gevang te word. Dis nie moeilik om ‘n kind bang te praat nie).

EMK ·

Hofsaak = tydmors, geldmors. Laat hy sit, verkieslik in ‘n plek soos die ou donker gat ind ei Kaap by die kasteel – as dit nog bestaan, maar dit klink na die rgete “bêreplek”. Hoe kom so ‘n monster so lank weg met soveel dade?? Hoe het die ma dan nie geweet wat aangaan of ander grootmense nie? Ek verstaan dit glad nie. Ouers – MOENIE dat jul kinders – seuns OF dogters oorslaap nie – jy kan niemand vertrou nie! Wees maar die nare ouers, jou kind sal jou eendag bedank!

J van vuuren ·

Waarom word sy foto nie hier geplaas nie—-of plaas dit weer na skuldigbevinding…
Ek kan nie glo hierdie man is nou eers gevang nie—-

Poplap ·

Die gespuis is dan mos ‘n reeks verkragter/pedofiel. Mag hy homself uit die samelewing verwyder asb.

Liewe heksie ·

Hulle dreig jou hulle breinwas jou hulle is die skuim van die aarde Baie ouers hou hul blind vir veranderings in hul kinders Hulle is inelkgeval the besig met hul eie dinge ‘Skiet hom moet nie dat hy ly nie’ verwyder hom so gou as moontlik uit die samelewing @#$@%&@

Desire ·

Is eie kind ook verkrag? Het sy dalk geweet en die maatjies genooi dat sy nie hoef deur te loop nie?

ook n ma ·

Wel Ek was met my dogter in dieselfde posisie om so n monster te Ken 3 klagte van verkragting en 7 ander klagte.
Op die einde kry hy toe 85 Jr en sit slegs 5 jaar na hy aahoudend apel aangeteken Het.
Jammer Ek Het GEEN meer vertroue in ons reg stelsel nie
Die “nuwe” regter Het bevind dat ons(SAP, aanklaer, magistraat en slagoffer en ma) hom nie met respek behandel Het nie. En ons Het almal verkeerd opgetree.
REGTIG!!!! Hy was die oortreder.
Ek se maar net. Ek verstaan hokm meisies en vrouens nie met wil klagtes le nie……DIT HELP NIE!!!! Die oortreder kom in elk geval weg met mooi woorde.
En almal kry hom jammer in die einde….hul rehabiliteer nooit.

ek ook ·

Ek was self ook gemolesteer as kind. Dit het my lewe vir altyd verander. Ek bid net elke dag dat God my kinders sal beskerm en bewaar. Mens kom nooit ooit oor so iets nie.

Di ·

Ek was tussen die ouderdomme van 5 en 8 gemolesteer gewees en is nou amper 40 jaar oud en my ouers weet van niks nie. Ek het skaam gevoel en vuil en ook geglo dat niemand my sou glo as ek dit vir hulle vertel nie. Dit laat jou minderwaardig voel, afgekraak en jy sukkel om mense te vertrou en dit saboteer al jou verhoudings met mans. Ek het dit so diep weg gebêre maar dit begin weer aan my te vreet. Dis nie iets wat jy aan iemand kan verduidelik as hulle self nie deur so iets gegaan het nie, mense verstaan nie tot hul so iets beleef of ervaar het nie.

EMK ·

As ek byvoorbeeld na “ook ‘n ma” se kommentaar kyk dan wonder ek hoekom is daar nie LANKAL ‘n openbare lys waar mens foto’s en name van monsters kan sien en weet vir watter “gawe omies” om uit te kyk nie. Daar is lankla in Amerika dmv studies bevind so ‘n persoon genees NOOIT, maak nie saak wat se terapie hul kry of skokbehandeling of hipnose of watookal nie. ‘n Webwerf soos hellopeter.com waar mense wat met sulkes te doene gehad het dit op openbare webwef kan sit. Hoe anders gaan mens dit gestop kry of hoe anders sal ons weet wie is siek, die goed bly nie noodwendig in een stad/dorp nie, hulle kan moontlik trek of na ander plekke gaan en hul wlaglike dade pleeg, so mense oral in die land moet van hulel weet!

jen ·

Liewe genade tog, dis vreeslik. Ek oordeel nie maar hoe kan so iets vreesliks met ‘n kind gebeur vir 3 jaar lank sonder dat iemand iets agterkom????? Hierdie monster moet permanent uit die samelewing verwyder word. Dan bedoel ek permanent…nie tronk toe nie want met ons regstelsel wat so vrot is gaan hy net 5 jaar sit en dit weer doen as hy uitkom. Nee wat dis siek verby

Lallie ·

Jen en almal wat sê hoe kyk die ouers dit mis – Lees mooi dis dieselfde tyd wat sy oor gegaan het na tiener stadium en dan is kinders maar moeilik en alles. Die ouers van al die kinders gaan deur hel, en dis GLAD nie julle skuld nie julle is goeie ouers wat slegte mense ken. Mag die Here julle en julle kinders dra. En mag die vark sit en indien hy uitkom mag sy foto op elke facebook page wees sodat ons seker kan maak so iets gebeur nooit weer nie. Hy verdien om gestenig te word. Die arme kiddies, dis erg.

Hermien ·

Al my respek aan die arme siel wat deur die beeld materiaal moes kyk! Ek is so jammer vir elke liewe ouer en kind wie se lewe so verwoes moes word. Mag die man nooit weer daglig sien nie! Ek hoop Al die peste in die lewe pes hom… En dit sal nie eers straf genoeg wees vir so siek siel nie.

Lynette ·

Een van die slagoffers is n familielid. Die ouers het nie kennis gedra weens dinge wat daarby toe gedra het. My hart breuk nou nog vir hulle vandat hulle dit uit gevind het. Die kinders is deur baie. En ek dink onsensetiewe kommentaar is nou onvanpas. Ek self was n slagoffer van verkragting toe ek op skool was. Ek was te bang om te praat. Ek het 12 jaar later eers vrede daarmee gemaak en dit met my familie gedeel. Ek bid dat geregtigheid sal geskied en vir geneesing vir sy slagoffers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.