94-jarige in Frankfort verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 28-jarige man is in Frankfort in die Vrystaat in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 94-jarige plaaslike vrou.

“Die man het na bewering Vrydag om 21:00 die vrou in haar huis in Namahadi oorval,” het kapt. Livhuhani Hani, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die slapende vrou is deur ʼn vreemde geluid gewek. Sy het aanvanklik gedink dit is net rotte en het haar lig aangesit om hulle af te skrik. Die vrou was geskok toe sy die man in haar kamer sien. Hy het haar beveel om haar oë toe te maak, waarna hy haar gegryp en ontklee het.”

Die vrou het geskree, waarna die man haar geslaan en beveel het om stil te bly. Sy is toe glo verkrag.

“Die vrou se bure het haar gille gehoor en tot haar redding gekom. Die man het van die toneel af weggehardloop.”

Die Mafube-polisie het ʼn volskaalse soektog na die verdagte van stapel gestuur en hom later in ʼn kuierplek in Namahadi opgespoor. Hy het dieselfde kleredrag aangehad as wat die slagoffer in haar beskrywing van hom aan die polisie gegee het.

Hy is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Frankfort-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting en roof. Hy bly in aanhouding by die Mafube-polisiestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Theresa ·

Net omdat dit ‘n bejaarde is wat so afskuwelik behandel is, gee hom dubbel sy straf! Vieslike siek mens wat nie in samelewing hoort nie. Is die arme vrou vir berading geneem?

Lance ·

Daar is geen afskrik in SA vir verkragting nie ….DIS NET SO SIEK !

Cara ·

Hoe? vra ek jou? Hy was duidelik onder die invloed van drank. Ek raak sommer nou so kwaad vir die man wat dit aan n arme ouma doen. Sy het kinders en kleinkinders en dalk agterklein kinders en hy kom doen dit. Nee wat, siek, siek, siek samelewing deesdae. Alles in die drein af. die verkragters weet hul gaan net n paar jaar tronkstraf kry en weer vry wees en gaan maar net weer aan…Sjoe!!! eks te geskok vir die man se denkwyse.

tamboti ·

Hierdie barbarisme oorskry die “misdaad” van apartheid by verre. Jammer die heersers kan dit nie sien vir wat dit is nie. Totdat dit natuurlik te laat is!

vermeende ·

Sodra die verkragtings in Europa gebeur dan is dit wereld nuus maar al die bejaarde blankes wat verkrag word haal nie ees SABC nuus nie.

Is dit die wereld se siening van ons volk dat ons mense benede ander is en maar verkrag en gemoor mag word……dit lyk so.

Anna ·

Net ter inlingting. Namahadi is die swart woongebied van Frankfort. Haar kleur maak geen verskil nie. Dit is n verfoeilike daad wat teenoor n weerlose oumens gepleeg is.

Piet ·

Moet asb net nie uitwys onder watter gemeenskappe hierdie gedrag gevind kan word nie. Ons moet altyd eers seker wees dat wat ons se nie dalk te naby aan die waarheid gaan wees nie.

Joann ·

Gee hom vir my,glo my hy sal die dag berou wat hy die ou dame verkrag het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.