94 korrektiewe beamptes, gevangenes het nou Covid-19

Argieffoto Foto: veooz.com

Nog nege korrektiewe beamptes het positief getoets vir die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak. Dit bring die getal bevestigde gevalle Covid-19 oor die 243 korrektiewe sentrums in die land op 94 te staan.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Vrydag in ʼn verklaring gesê ʼn amptenaar by die Kutama Sinthumule- private gevangenis in Louis Trichardt in Limpopo het positief getoets vir Covid-19. Dit is dié korrektiewe sentrum se eerste geval.

Vier beamptes by die Warmbokveld-gevangenis in Ceres in die Wes-Kaap het positief getoets vir Covid-19. Nog twee beamptes by die korrektiewe sentrum in Worcester en nog twee beamptes by die korrektiewe sentrum in Oos-Londen in die Oos-Kaap het ook die virus opgedoen.

Volgens Nxumalo is 27 gevangenes by die St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth vir Covid-19 getoets hoewel hulle toetsuitslae negatief teruggekom het.

Die korrektiewe sentrum in Oos-Londen is dus die enigste gevangenis in die land waar gevangenes die nuwe koronavirus opgedoen het. Altesaam 56 gevangenes van dié tronk het positief getoets vir Covid-19.

Nxumalo het gesê gevangenes en beamptes by die betrokke gevangenes word nagegaan vir Covid-19. Die korrektiewe sentrums word ook ontsmet.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Strandloper ·

Ai tog…die wyse ding is dan seekerlik om nou al die inmate’s vry te laat? Sorry lockdown begin sy tol eis…begin nou soos die anc dink….HELP!

Rodger17 ·

Kan my kop op n blok sit dai virus kom van die bewaarders af

Mieke ·

Hoe anders? Die spoed waarteen Covid aansteek teenoor die spoed waarteen Covid toetse gedoen word kan glad nie vergelyk word nie. Die toetse is hopeloos te stadig en verteenwoordig glad nie die groeitempo van die virus nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.