95 jaar tronkstraf vir BTW-bedrog

Argieffoto

Drie mans, wat skuldig bevind is aan bedrog nadat hulle BTW-terugbetalings ter bedrae van sowat R300 miljoen op ’n bedrieglike wyse teruggeëis het, is tot tronkstraf gevonnis.

Anton Meyer, Garth Coetser en Clifford Stevens is aangekla van bedrog en oortreding van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW).

Hulle is Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof tot 25 jaar tronkstraf vir bedrog, 25 jaar vir uitgifte, 25 jaar vir vervalsing en 20 jaar vir geldwassery gevonnis. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word wat beteken elk van die drie moet 25 jaar tronkstraf uitdien.

Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het die BTW-bedrog en ander kriminele aktiwiteite plaasgevind onder die voorwendsel dat elektroniese toerusting van die VSA ingevoer is en dan weer uitgevoer is.

Die praktyk is in 18 verskillende maatskappye, waarvan die drie mans die direkteure was, gebruik om ongeveer R300 miljoen in BTW-terugbetalings van die SAID te kry.

Die SAID het in ’n verklaring gesê die suksesvolle vervolging wys duidelik dat hy die vaardighede, ondervinding en vasberadenheid het om nie-nakomende belastingbetalers op te spoor en seker te maak hulle word vervolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Dewald ·

Skiet maar iemand dood soos oscar dan sit jy skaars ‘n paar jaar maar moet net nie die staat se geld steel nie dan sit jy amper ‘n eeu. Belaglik

Chantell ·

Dit bewys net dat geld meer waarde het as n God ge skape wese. Dis ondenkbaar.

Btw bedorg ·

Wie kan my help as ek weet van so skelm boekhouer wat ook maandeliks n kleinhuisie vol geld laat weg raak en nie aan SAID verklaar nie op geen wyse ?

Eish ·

SARS se webwerf het n anonieme bedrograpporteringskakel. Hoop jy het bewyse.

Chantell ·

Be very careful about that. In this country they will investigate you first and forget about the person committing the actual crime.

Petro ·

Nou waneer gaan Zuma tronk toe vir al sy bedrog sake ek vra maar net

Nel ·

Maak ‘n slag ‘n voorbeeld van regerings- en staatsamptenarebedrog – minimum 30 jaar gevangenisstraf!

Dinkvoorjypraat ·

Oscar het 1 persoon vermoor. Die manne het seker verskeie (lees baie) klagte waarvoor hulle moet pa staan. Dis nie net 1 insident nie, maar het sekerlik gereeld oor n tydperk plaas gevind. 18 maatskapye.

snoefie ·

nou wat van al die straatsmouse wat sonder n smouslisensie Handel dryf en geen sent inkomstelasting of self net BTW betaal nie? hulle steel ook deur weer houding van die staat. wat gaan said daar aan doen?

Realis ·

Snoefie, daar is ‘n belagstingperk sowel as BTW registrasie perk. Nie almal hoef vir BTW te registreer nie en ek twyfel of ‘n straatsmous meer as R75750 wins per jaar kan maak (in watter geval hy sou moes inkomstebelasting betaal)…

cor ·

Said gaan niks daaraan doen nie want dit is die voorheen benadeeldes, lees die vanne en dan sal jy verstaan dat daar n voorbeeld gemaak moet word. So betaal maar die keiser wat hom toekom al beroof die keiser jou van die deel wat jy terug eis daar is alltyd een of ander verskoning.

Swart Piet ·

Dit is nou maar so seker soos dat die son more oggend in die ooste sal opkom – die regering hou glad nie daarvan dat wit mense by hulle steel nie. Solank jy nie wit is nie mag jy maak soos jy lus is. Ons regstelsel is soos my huis se drein stelsel.

O aarde ·

Die ouens moes net ANC lede gewees het, dan het hulle NIKS oorgekom nie.

Marts ·

Ek wil ook weet waar kan n mens iemand aangee wat inkomste nie verklaar nie en so BTW steel. Groot somme

jack daniel ·

Ag alweer die arme blanke!! Wat van die hele kabinet wat wyer om belasting te betaal? Wat v d triljoene wat gesteel word? Wat van zumpta wat sy kraal laat verbeter het met die belastingbetalers se geld? Wat van swart besighede wat weier om belasting te betaal? So gaan dit aan en aan en die tik plek raak minder.
By the way: Waneer ry zumpi en guptas aan dis vat oor die gelde wat hulle gesteel het.

WONDER ·

Hoop hierdie strawwe word onthou wanneer die Guptas en Zumpies se vonnisse opkom….

Chantell ·

The Tuesday after never!! Don’t think we will ever see that happen in our lifetime.

Andre ·

Die vrou van Broederstroom wat R100 miljoen se BTW gesteel het, het net drie jaar gekry. Hierdie ouens steel R300 miljoen en kry 25 jaar? Dinge rym nie so lekker nie. En al die biljoene of triljoene wat verdwyn uit die Staatskas word niks aan gedoen nie?

Swartkat ·

Eich en wat van die taxi’s wat andermotoriste se petrolstrokies by petrol joggies kry om terug te eis, ok bedrog

Mrs K ·

Die blanke Afrikanervolk is maar n kleinlike nasie. Bedrog is bedrog. Maak nie saak hoekom n ander (nog) nie vervolg is nie, wat hierdie mans gedoen het was willens en wetens verkeerd. SARS het hulle gevang. Punt.

Deon ·

Nee bedrog is nie bedrog as sommiges vervolg word en ander is steeds op n permanente partytjie nie. 2 stelle reels…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.