Verskeie lede van die Springbokspan vir die 1995-Wêreldbekerrugby het Donderdag in ʼn verklaring versoek dat ʼn oomblik van stilte Saterdag voor die Curriebeker-eindstryd in Durban gehou sal word ter herinnering aan die slagoffers van geweldsmisdaad in Suid-Afrika.
Die verklaring, wat namens die destydse wêreldbekerrugby-kampioene, onder wie die ontslape Ruben Kruger, Kitch Christie en Joost van der Westhuizen, uitgereik is, het gesê dit is in reaksie op die jongste misdaadstatistieke wat vroeër vandeesweek bekendgemaak is.
“Ons veroordeel ten sterkste geweldsmisdaad en die oortreders in hierdie verband,” lui die verklaring. Die verklaring verwys ook na statistieke wat toon dat die gemiddelde verhouding vir moorde wêreldwyd 6,2/100 000 is. In Suid-Afrika is die moordkoers 34,1/100 000 en wanneer daar net na plaasmoorde gekyk word, is die moordkoers 156/100 000.
“Geweldsmisdaad verwoes gemeenskappe oor die hele land. In die lig van hierdie skrikwekkende syfers, wil die onderstaande lede van die 1995-Wêreldbekerrugby-Springbokspan versoek dat ʼn oomblik van stilte Saterdag 28 Oktober gehou word voor die Curriebeker-finaal tussen die Sharks en die WP.”
Die verklaring is uitgereik namens Hennie le Roux, Chester Williams, Balie Swart, François Pienaar, Morné du Plessis, James Small, James Dalton, André Joubert, Garry Pagel, Rudolf Straeuli, Mark Andrews, Kobus Wiese, Krynauw Otto, Hannes Strydom, Robbie Brink, Adriaan Richter, Os du Randt, Marius Hurter, Christiaan Scholtz, Japie Mulder, Gavin Johnson, Brendan Venter, Chris Rossouw, Joel Stransky, Johan Roux, Evan Speechly, Gysie Pienaar, Hennie Bekker, Johan Roux, Naka Drotske, Pieter Hendriks, Rudy Joubert asook wyle Ruben Kruger, Kitch Christie en Joost van der Westhuizen.
Die 1995-Springbokspan voeg hul name by talle ander bekendes wat hulle ook vandeesweek ten sterkste uitgespreek het teen plaasaanvalle, moorde oor die algemeen en die kultuur van geweld in Suid-Afrika.
Buig bietjie die knieg in protes asb.
Dankie Springbokke!!!!!!
Dankie ..
Mooi idee, net jammer dit bereik nie n internasionale gehoor nie.
Hulle kan dit maar los want die groot probleem (plaasmoorde) word nie by die naam genoem nie en dit is een rede hoekom dit nie gestop word nie dit het tyd geword om die probleem te identifiseer en te se wie verantwoordelik is vir die plaasmoorde en Saterdag sou idiaal gewees het maar blykbaar is/was hulle nie bereid om op tone te trap nie
Hi Uiteindelik!
Publieke figure Kan gerus meer Vir plaasmoorde doen.
Ons ou gewone Mense word nie na ge luister nie.
Wees trots jy is wie jy is
En waar jy vandaan kom !!!
Well done!!!!
Is Naka se van ‘Drotske’ of ‘Drotské’?
Kom mense, kom ons staan saam teen hierdie plaasmoorde en geweld. Sonder Boere waar gaan ons kos kry? koop? Waarmee, ‘n rand wat junk is. Kom ons almal staan teen hierdie euwel. Dankie aan die Springbokke van 1995, julle is werklike Springbokke. Ek dink ook ons moet ons verootmoedig en die Almagtige erken in die saak., sonder hom is ons niks nie.
Meer van 5 sekondes van stilte, want by n wedstryd is elke 2de ou gedrink en kinders het nie maniere, en soos gewoontlik is dit n geskreeuery en uitjouery waneer daar stilte moet wees, so sterkte daarmee.. en as jy dink ek oordryf, kyk na ander lande se stiltes, baie meer opgevoed
So gerieflik en polities korrek!
Hoe kon Joost ‘n verklaring uit ryk. Of verstaan ek die berug verkeerd?
Jammer, ek stem nie saam die Bokke. Takties beinvloed om die woord “Plaasmoorde” te verruil na geweldmisdaad. Slim. Swart T-hemde moet ook nou staan teen satanisme. Gaan ons ooit die boodskap oor die skokkende Plaasmoorde uit kry?