97 paaie weer oop ná vloede in die Wes-Kaap

(Foto: Facebook/Theewaterskloof municipality)

Die Wes-Kaapse regering het 97 paaie herstel en weer oopgemaak sedert oorstromings in September verwoesting gesaai het.

Matlhodi Maseko, die Wes-Kaapse woordvoerder oor infrastruktuur, sê meer as R86 miljoen is tot dusver spandeer om dié paaie te herstel.

“Die Wes-Kaapse regering het uitstekende werk gedoen om seker te maak dat ons mooi paaie so vinnig as moontlik herstel word en dat mense in die provinsie weer vrylik en ongehinderd kan pendel. Dit is ondanks die feit dat die nasionale regering geen bydrae gelewer het tot rampfinansiering nie, weens rampspoedige begrotingsbesnoeiings.”

Maseko sê terwyl die Wes-Kaapse regering paaie herstel en herbou wat heeltemal weggespoel het, het Gauteng, onder die leierskap van die ANC, die hoofstad van slaggate geword. “Die DA-geleide Wes-Kaap sal bly belê in infrastruktuur om beduidende ekonomiese groei te bly ontsluit en werkskepping in die provinsie te verseker.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

koos10 ·

Ek weet dat alles as politieke speelballe gebruik word, dit sal net interessant wees om te verneem hoeveel paaie in KZN al herstel is, na die vloede van April 2022?

Piet 6 ·

Hoeveel van die paaie wat verlede jaar in KwazuluNatal verspoel het, is al reggemaak?

Cassie Carstens ·

Wat ‘n bleddie skande! Die ANC wil so graag hulle hande op die Weskaap se geld lê, dis net nie waar nie. Die Kapenaars sal mooi moet dink hoe hulle stem, want as die ANC daar oorvat, gaan daar binne ‘n jaar of wat niks van die Weskaap oo rwees nie.

Theuns ·

In Kzn na amper 2 jaar stranded steeds vol mens mis. Brue nie heinous. Paaie steeds verspoel.en vol gate. GEEN huise herbou.
MAAR MILJOENE IS SPANDEER DEUR RAMAMAFIA SE ANCriminals!
Seker in COUCH gebank!
Skelms regeer hier die provinsie nes tuislande waar paar ryk word en res uithonger vir R350.
Nuwe laagtepunt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.