99% gebruik nie tolnetwerk nie – Alli

Argieffoto

Argieffoto

Slegs 1% van voertuie op die Suid-Afrikaanse padnetwerk maak van tolpaaie in Gauteng gebruik, het Nazir Alli, uitvoerende hoof van Sanral, Donderdag gesê.

Alli het aan die e-tolhersieningspaneel in Pretoria gesê 99% van die algehele nasionale kilometers wat afgelê word, gebeur nie op die betrokke padnetwerk nie.

David Makhura, premier van Gauteng, het die paneel in Julie saamgestel om die ekonomiese en maatskaplike impak van die Gauteng-hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) en die elektroniese tolstelsel om dit te finansier, te ondersoek.

Alli het gesê dit sal nie voldoende, regverdig of doeltreffend wees om ʼn petrolheffing in te stel soos teenstanders van die e-tolstelsel vroeër voorgestel het nie. “Gaan ons persone wat nie in Gauteng bly nie, kry om ons te finansier?” wou hy weet. “Gaan dit altyd só wees dat ons op iemand anders moet steun? Is dit die gedrag wat ons wil bevorder? Of gaan ons anders na dinge kyk?”

Volgens die projeksies deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sal ʼn bykomende R5.87 teen 2023 by die provinsiale petrolheffing gevoeg moet word om padinstandhouding en uitbreiding te finansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Theresa ·

Julle is van die pad af. Almal soek net alewig nog geld en nog en nog en nog. Maar as jy hoor is alles stukkend en ander twak daarby. Kry asb mense in poste wat weet hoe om met geld te werk!!

Gerhard Bezuidenhout ·

Vraag is wat word van die padboufonds wat in die petrolprys ingebou is en wat word van die lisensiegelde. Kan iemand dalk die vraag beantwoord

Ghost ·

Hy verwag nie dat mense wat nie in Gauteng bly moet help betaal nie, maar almal wat nie in Nkandla bly nie moes help betaal aan daai bedrog spul.

Paul ·

Wat die Sanral klomp ook nalaat om aan ons te vertel is dat elke landdros in die land ‘n belang het in die e-tol stelsel want sy pensioengeld is gebruik om die monster te bou. Die landdros kan nou nie jou saak verhoor nie want hy is direk betrokke in die saak en die beskuldige moet eis dat die landdros hom van die hofsaak onttrek. Die landdros wat dan sy plek inneem het presies dieselfde probleem. So Sanral dagvaar ons met plesier om te betaal en kyk hoeveel sake word verhoor.

Eduard ·

24% van die land se mense bly in Gauteng waar die meeste nou en dan op die paaie ry en dit sluit dan die besoekers/trokke van ander provinsies uit.

Ook seker 40% plus van die ekonomie en staatsinkomste met belastings ens.kom uit Gauteng.

Nou wil hy 1% gebruik om dit kamstig heeltemal onregverdig te laat lyk maar weereens ‘n bewys hoe hulle sal lieg en bedreig om die mallighied te regverdig!

Drieks ·

Na 20 jaar se skool om te leer om die beste te lieg, lieg hul, hul self nog vas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.