AA hoop op goeie nuus vir motoriste

Argieffoto

Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het Dinsdag gesê die voorlopige aanduiding is dat motoriste einde Mei goeie nuus by die brandstofpompe te wagte kan wees, maar waarsku baie kan nog verander tot dan.

“Die deurlopende wisselvalligheid in die internasionale oliepryse wat gepaardgaan met veranderinge in die rand/Amerikaanse dollar-wisselkoers maak brandstofprysvoorspellings moeiliker as ooit,” het die AA in ʼn verklaring gesê.

Die AA het gesê die rand was aan die begin van die maand relatief sterk teen die dollar, maar het sedertdien effens verswak. Terselfdertyd het internasionale petroleumpryse laer begin, effens gedaal, maar oor die afgelope paar dae weer gestyg.

“Die verbruiker wen nog steeds in hierdie stadium met die huidige data wat voorspel dat petrol met 24c per liter sal daal, diesel met 20c per liter en paraffien met 21c,” lui die verklaring.

“Ons kan egter nog nie op hierdie syfers staatmaak nie aangesien baie nog kan verander teen die einde van die maand. Internasionaal lyk dit asof Opec steeds voortgaan met sy produksiebesnoeiing en plaaslik word daar verwag dat Moody’s ʼn aankondiging sal maak oor sy siening van Suid-Afrikaanse soewereine skuld, wat na verwagting negatief sal wees.”

Die AA het gesê hierdie faktore kan alles ʼn negatiewe uitwerking op die brandstofprys tot gevolg hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jaco ·

dit het begin Mei met 48c per liter gestyg, so ‘n daling van 24c help nie veel nie.

John ·

?… maar die beste nuus sou wees dat sekere mense uit hierdie land padgee, want hulle vergiftig die sisteem en die leiers met hul gierigheid en sluwe onderspel… die bron van ons probleme en verval…

koos1 ·

Of Zuma kan weer die kabinet skommel, of weer uit sy vuis praat in plaas van voorgeskrewe toesprake, of weer die wit monopolie kapitaal die skuld gee vir die land se probleme, of sy jeugliga leier opdrag gee om te sê dat die ekonomie maar kan val, of of of of. So kan ons maar aangaan nè!

riana ·

Ja nee ons moet Dankie se aan ons liewe dierbare President Zuma hy is mos baie slim. Kyk waar sit ons land nou deur hom. Hy worry nie hy gooi nie petrol in nie so wat sal dit hom plae.

En sy klomp vrouens voel dit ook nie want hulle kry ook seker op sy rekening petrol. Maar skommel moet hy mos skommel maar dink nie vorentoe nie.

riana ·

Dankie Zuma vir die skommeling van die kabinet. Jy weet ne nou betaal ons en nie jy nie.
Jy skep net al die pad. Maar die wiel moet draai nie nou dalk nie maar elke mens kry sy dag en joune is naby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.