AA positief oor brandstofpryse vir April

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die prys van petrol kan moontlik volgende maand met sowat 25 sent per liter styg. Die goeie nuus is egter dat die groothandelprys van diesel in April waarskynlik met sowat 20 sent per liter en die prys van paraffien met 68 sent per liter kan daal.

Die voorspellings is gegrond op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê drie oorwegings moet egter in gedagte gehou word wanneer dié data beskou word: “Eerstens geld hierdie data vir die middel van die maand, so die syfers behoort positief te verander voordat die amptelike aanpassing deur die departement van minerale bronne en energie aan die einde van die maand gemaak word.

“Die tweede faktor is dat dit voorkom of die rand teen die Amerikaanse dollar stabiliseer, wat verdere verligting in spesifiek die petrolpryse behoort te bring,” verduidelik die AA.

Mense moet ook in gedagte hou dat brandstofheffings nié in April sal toeneem nie en dieselfde as verlede jaar sal bly.

“Brandstofheffings word tradisioneel in April verhoog, maar die minister van finansies het gehoor gegee aan die AA se oproepe en in sy begrotingsrede aangedui dat dit nie vanjaar sal gebeur nie.”

Hoewel dit nie noodwendig ʼn besparing is nie, sou enige verhoging bykomende druk op brandstofpryse gevoeg het, verduidelik die AA.

Die amptelike aanpassing van die brandstofpryse tree op 5 April, die eerste Woensdag van April, in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kensy ·

Posetief?? ons sal postief wees as ons n daling sien… n (klein) verhoging – vir die soveelste keer maak my beslis nie posetief nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.