AA sê oor brandstofpryse in Februarie

Foto: Brett_Hondow/Pixabay.com

Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) voorspel dat motoriste van volgende maand af effens meer vir petrol sal betaal terwyl die prys van diesel na verwagting sal daal.

Die AA sê in ʼn verklaring dat internasionale oliepryse ’n effens hoër plato bereik het nadat dit in die eerste helfte van Januarie gestyg het. Die rand het oor dié tydperk geleidelik teen die dollar verstewig. Volgens die AA het die rand vandeesmaand by R14,50 teen die dollar begin en verhandel dit tans teen R14 per dollar.

Die huidige prentjie dui daarop dat die prys van petrol na verwagting met 8c per liter sal styg terwyl diesel met 3c per liter sal daal. Parrafien sal na verwagting met 9c per liter daal.

Volgens die AA is dit opmerklik dat die gemiddelde sterkte van die rand teenoor die dollar vir byna ’n maand lank toegeneem het. “Ons hoop dit dui op ’n tydperk van stabiliteit vir dié geldeenheid,” sê die AA in ’n verklaring.

“Indien internasionale oliepryse se huidige stabiele tendens voortduur, sal Suid-Afrikaanse brandstofgebruikers waarskynlik minder wisselvalligheid in brandstofpryse vergeleke met 2018 sien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

remondo ·

En so begin die stadige maar versekerde styging van petrolprys ….. dis mos n lekker spaarvarkie vir die staat…

Cherokee ·

In die vroeë negentigs het kollegas graag diesel-voertuie gekoop vanweë die petrolprys en voorspellings daaroor. Maar wanneer mense hoender koop omdat rooivleis duur is, styg die prys van hoender. Skakel oor na vark en ‘n goeie snit varkvleis kos al R100 pkg. Net so het diesel dieselfde pad as petrol gevolg en ek het by petrol gebly want ek wil nie hê my kar moet soos ‘n trekker klink nie.

SjN ·

Jou dieselkar is seker baie oud want jy hoor nie eens die enjin luier nie met nuwe tegnologie, onthou die trekker hou ons magies vol.

Diefie ·

Cherokee, ek stem saam met jou oor die voedsel pryse. Die kos pryse styg daagliks en die verskoning is altyd die olie prys het gestyg of die rand is verswak. Enige verskoning om Jan Publiek te melk. En die koei is feitlik opgedroog.

Db ·

En so begin die speletjie weer van voor af want ‘n hele jaar lê voor. Stadig maar seker sal die petrolprys tot rekordhoogte gaan hierdie jaar want daar is te veel wesens wat onderdeur die tafel betaal moet word

Sê ook ma net ·

Hier kom baie meer nog die jaar as net hoër brandstof pryse en hoër voedselpryse….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.