AA verwag nóg petrolprysverhogings

Argieffoto

Die Automobiel Assosiasie (AA) het Maandag in ʼn verklaring gesê nog noemenswaardige brandstofprysverhogings word verwag teen die einde van Oktober.

Die AA het kommentaar gelewer oor die vroeë berekeninge deur die Sentrale Energiefonds.

“Internasionale oliepryse bly hoog en dit is moontlik dat huidige spanning oor Saoedi-Arabië, een van die wêreld se grootste olieverskaffers, selfs nog meer druk kan plaas op brandstofpryse. Goeie nuus is egter dat die rand gunstig teen die Amerikaanse dollar verstewig het en dit sal moontlik as ʼn buffer dien,” het die AA gesê.

Die moontlike prysstygings is egter steeds ʼn uitdaging, veral vir dieselverbruikers. “Petrolpryse sal waarskynlik met 40c per liter styg, diesel met 70c per liter en paraffien met 65c per liter,” aldus die AA.

Die organisasie het gesê die geskatte verhoging moet, in hierdie stadium, gesien word in die lig van die departement van energie se voorstel om ʼn maksimumprys saam te stel vir 93-oktaan loodvrye- (ULP) en loodvervangingsbrandstof (LRP).

“Handelaars sal dan hul eie pryse kan bepaal onder die maksimumbedrag wat deur die regering aangedui word, en kan, afhangende van die marges, die las op die verbruiker verlig deur dié twee tipes brandstof. Hou egter in gedagte dat die AA nie betrokke was aan die saamstel van die voorstel nie, so alle besonderhede oor moontlike implementering is steeds onduidelik.”

Die AA verwelkom egter die regering se pogings om die kwessie van brandstofpryse aan te roer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

IK ·

Wééreens (sonder verskonings!!): Elke land het ‘n regering wat hy verdien en dit sluit ook ons in.

Hansie Slim ·

Darem baie interessant dat taxis nie beswaar maakt nie!!

David ·

Ek dink taxis kry subsidies.

Indien nie meer nie, gee hulle eenvoudig die prysverhogings deur aan die gebruikers.

Vryheid ·

Sal net aanhou styg met n regering wat als plunder en hulself verryk. Kyk maar na die VBS Bank….. Praat boekdele…..

Tanya ·

Die is absoluut siek man, die mense word dood gemaak op brandstof

Snowball ·

“The way to crush the bourgeoisie is to crush them between the millstones of taxation and inflation.” – Vladimir Lenin. Kommunisme se masjinerie is stadig maar seker besig om sy doel te bereik in SA.

Chris Ws ·

Nou dink ek weer aan die betogingswat op die N3 plaasgevind het toe die hoofweg na Durban geblokkeer was.Wat dink die betogers kry hulle reg daarmee??Plaas hulle al die raffinaderye se in en uitgange blokkeer en die brandstof pypleiding tussen Durban en die Rand se krane toedraai en alle brandstof tenkwaens wat brandstof na buurlande vervoer waar dit goedkoper verkoop word as hier ook voorkeer en verhoed om die land te verlaat.Sasol moet ook heeltemal geblokkeer word.Vulstasies moet ook ontwrig word.Miskien DAN sal die anc regime wakker skrik.Beslis nie voor die tyd nie!

bollie ·

Kan iemand vir my verduidelik watse doel SASOL dien. Seker die grootste wit olifant wat hierdie land nog ooit gehad het.

Paul Swart ·

Praat jy! Ons ouers en grootouers se belastinggeld het Sasol op die been gebring. Nou buit hulle ons uit: hul prys moet mos gekoppel wees aan die steenkoolprys, nie ru-olie nie.

Sarel ·

Hoeverl sg. ” levies” is op die brandstofprys geplaas wat niks met oliepryse te doen het nie. Finansier ons dalk vir Sanral?

Japie Venter ·

Boere sal nie meer kan voedsel produseer teen hierdie brandstof pryse nie so hongersnood lê nie ver nie.

Spark Plug ·

Bestaan SASOL nog…ek dink nie ek het n SASOL garage al gesien in PTA nie.
Wag…dalk het ek en was die diens so pateties dat ek elke keer verby ry

Sasbol ·

Vir diegene hierbook wat vra oor Sasol, really, dis mos duidelik dis ‘n swartbemagtigingsmaatskappy. Hulle aandele skema is mos duidelik diskriminerend, dis waarteen Solidariteit baklei. In die ou dae toe Sasol brandstof uit steenkool moes vervaardig om sanksies teen te werk, was alles nog goed en wel. Dis nou ‘n BEE maatskappy wat se pryse in elk geval dieselfde as al die ander is. Net, hulle winkels is peperduur teenoor bv Engen. Blykbaar dink hulle om so af en toe afslag op ‘n tjoklit of pastei te gee sal die kliente ‘n rat voor die oë draai. Ek boikot Sasol totaal en al sedert hulle diskriminasie teen wit werknemers bekend geraak het. Ons almal behoort dit te doen totdat hulle ophou diskrimineer teen witmense. Wit kliënte se geld is goed genoeg om te vat, maar nie goed genoeg om te deel tussen alle werknemers nie, net nie-wittes

honourable member ·

Ja nee dis mos verkiesing volgende jaar. Ek se nogsteeds ons subsideer hierdie verkiesing. Net na die verkiesing sal die petrol weer begin daal.

Marly ·

En so baat die AA daar by met al die bus ongelukke en Taxi ongelukke wat verwag ons, hulle eis is miljarde rande van die pad ongeluk vonds plaas spandeer die regering meer geld om paaie reg te maak. elke jaar hoor ons soveel miljard vir onderwys, soveel miljar vir gesondheid, soveel miljard vir instandhouding en almal is te dom om te sien niks gebeur nie die land gaan net meer agteruit.

Huh! ·

Marly – Sê net weer asb. Êrens in jou boodskap het jy iets sinvols gesê, maar jy het te vinnig getik. Ek het dit gemis.

Jacques ·

Swak beplaning of selfs geen beplaning nie , en dan moet die verbruiker opdok vir hulle foute wat die regring maak . OF baie goeie beplaning en kry meer geld vir in vir hulle eie gewin , maar weereens moet die verbruiker opdok . Hoeveel keer moet mens nou uintlik betaal om een pad te gebruik ?
Ons betaal in ons jaarlikse lisensie geld belasting , ons word maandeliks belas op salarisse , in die brandstofheffing ens ens , en dit vir paaie se onderhoud . ??? Nou wat nou . Ek ruik n rot al vir jare .

Louisa ·

Hoekom voorspel die AA die petrol prys,want elke keer as die AA die petrol prys voorspel dan word die prys vorhoog na wat wat die AA gesê het.Ek wonder maar net.

Elbie Naude ·

Onthou, die “dishonourable member” Petterson het SA se hele oliereserwe vir ‘n appel en ‘n ui destyds verkoop. SA moes dit weer ten duurste terugkoop. Vandaar hierdie vervlakste stygings elke maand. Die rand/dollar wisselkoers en Brent ru-olie prys het waaragtig nie so groot invloed soos die regering ewe gemaklik beweer nie. Die verkiesing kom nader en die ANC kort boonop geld ook.

Michelle ·

Dit raak nou regtig belaglik, om alles se pryse op te jaag gaan nie die land se probleme op los nie.
Ek wonder wat gaan gebeur as die mense later nie meer die petrol en diesel pryse kan betaal nie en die mense gooi nie meer in nie, wat gaan hulle dan begin doen.

rina LODEWYKS ·

ons sal moet saamstaan en ook nou gaan beswaar maak kan nie so aangaan nie
ek stem geen beswaar van taxis nie hoekom ek kan nie meer betaal nie
dit is omtrent my salaris
dit raak nou regtig te erg
dit moet nou stop

Landi ·

Ek wonder of die Sasol staking nie dalk ook iets hiermee te doen het nie, hulle wil dit net nie hardop se nie. Want die olie prys per barrel was al baie hoër in die verlede en het nie hierdie soort stygings veroorsaak nie. Buitendien dink ek dat die taxi subsidies belaglik is, soos enigge ander besigheid ook afhanklik is van voertuie, behoort hulle ook subsidies te kry. En watter besigheid is nie afhanklik van voertuie nie? Die hele subsiedie storie kan afgeskaf word om regverdig vir alle besighede op te tree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.