AA voorspel slegte nuus vir motoriste

Argieffoto (Foto; andreas160578/Pixabay)

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) het gesê ʼn daling in die rand sal na verwagting in September tot ʼn verhoging in brandstofpryse lei.

Volgens die ongeouditeerde brandstofprysdata wat die Sentrale Energiefonds (SEF) uitgereik het, sal 95-oktaan-petrol met 10c per liter styg en diesel met 25c. Paraffien sal na verwagting 21c duurder wees. Die enigste goeie nuus is 93-oktaan-petrol wat waarskynlik met 3c per liter sal daal.

“Die gemiddelde prys van brandstof het tydens Augustus gedaal. As die rand/dollar-wisselkoers dieselfde gebly het, sou ons waarskynlik ʼn daling van 30c per liter vir diesel en byna 52c per liter vir petrol gesien het. Die rand se verswakking beteken egter dat die brandstofpryse sal styg,” het die AA gesê.

Die AA het weer die noodsaaklikheid vir beleidstabiliteit benadruk om die rand te beskerm. “Daar is bemoedigende woorde van finansiesminister Tito Mboweni, maar dit moet oorgaan tot aksie. Ons kommer is dat ʼn verswakkende rand motoriste beroof van die geleentheid om voordeel te trek uit laer oliepryse.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Poot ·

Iemand verduidelik ASB vir my ons huidige ekonomie. In die goeie ou dae het ons reserwe brandstof gehad. Enige verandering in olie pryse en R/$ veranderinge was deur die reserwes geabsorbeer. Waar is ons reserwes heen?

Albert ·

Poot jy praat van die goeie ou dae, daar was n egalisasie fonds wat goed gewrk het om die prys meer konstant te hou maar die soustrein het ook daarin geploeg totdat daar niks meer oor is nie. Die reserwe voorraad is so paar jaar terug vir n appel en n ui weg gegee ook soustrein toe, nou betaal ons vir swak bestuur en gierigheid.

Pottie ·

Dit is waar broer ek verstaan nie aldag meer nie want so ver ek weet kos dit sasol om trent ses rand om n liter brandstof te maak maar nou ja hulle het mos miljoene vir hulle nie blanke werkers gegee

Db ·

Daar is niks van enige reserwes in SA oor nie want dit het in die wesens se geldgierige hande beland. Alles moet verwoes en gestroop word so – betaal is die wet van Transvaal

Viss ·

Hoe is dit dat diesel meer as petrol kos,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,dit is baie duurder om olie te verwerk tot petrol as diesel,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Matt ·

Viss, die land se ekonomie word op diesel bedryf… al die vragmotors, elektrisiteit voorsiening ens. word met diesel aangedryf. Die enkele skrale verlagings van die dieselprys die afgelope twee maande was net ‘n skyn…. en dan soek Mbalula ook nog ekstra geld, hy het mos belowe om vir elke taxi tot en met jaartal 2007 wat vrywillig “gescrap” word, R140000.00 te gee om ‘n nuwe te kan koop.

Penellope Jones ·

…en a.g.v. verhoogde brandstofpryse word kospryse opgestoot ens.ens.ens.ens.
So die nuus Is maar sleg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.