AA voorspel slegte nuus vir vakansiegangers

Foto: Brett_Hondow/Pixabay.com

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) het Vrydag gesê verbruikers kan weer ʼn verhoging in die brandstofpryse in Desember verwag. Dit is te wyte aan verskeie onderliggende ekonomiese faktore. Hierdie verhoging in brandstofpryse kan talle mense wat dié tyd van die jaar met vakansie gaan, se beursies seermaak.

Volgens die tussentydse ongeouditeerde brandstofprysdata wat die Sentrale Energiefonds (SEF) uitgereik het, voorspel die AA dat 95-oktaan-petrol met 11c per liter sal styg en 93-oktaan-petrol met 7c per liter. Diesel sal met ʼn geraamde 18c daal. Paraffien sal na verwagting ook in Desember 21c goedkoper as in November wees.

“Die gemiddelde rand/dollar-wisselkoers bly grotendeels dieselfde, wat tot ʼn klein afname van 3,5c in die brandstofpryse gelei het. Dieselfde geld vir olie, met die internasionale prys van petrol en diesel wat verlede week omtrent dieselfde was,” het die AA in ʼn verklaring gesê.

Die AA sê die ekonomie vat tans ʼn blaaskans, met Moody’s wat besluit het om eerder Suid-Afrika se vooruitsigte af te gradeer, teenoor ʼn algehele afgradering van die land se kredietgraderingstatus.

“Brandstofprysverhogings hierdie tyd van die jaar is slegte nuus vir baie mense wat binnekort vertrek met hul Desember-vakansie. Tog is ons positief oor die daling in die dieselprys, wat beteken dat insetkoste vir vervaardigers en die landboubedryf relatief onaangeraak sal bly,” sê die AA.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Nog n bykomende rede is waarskynlik dat die regering nog geld benodig om die buitensporige bonuses te finansier vir die sogenaamde miljoener oorbetaalde staats-amptenarre!!!

frikkie ·

Onderliggende faktore se GAAI! hulle wil net geld maak…buit ons uit!

jennefer ·

Stem, hoekom MOET mense kilometers ver agter sout water aanry????

Judge Dredd ·

Gelukkig is my Dubbel kajuit Diesel Ford Ranger baie lig op Diesel….
Julle Toyota Hilux manne moet hierde jaar ongelukkig maar by die huis sit.

Marinda ·

Hier kom nog groot sports. Die dag as die wiel draai, dan draai dit behoorlik.

Judge Dredd ·

Se ek ook – tyd dat mense Toyota los en Ford begin koop.

JB ·

Ou Truuk. Middel November gaan die petrol prys af en eerste week in Desember gaan dit weer op… net meer as wat dit was. Geld maak storie

Penellope Jones ·

Ons weet. Die rede hoekom die brandstofprys twee weke gelede sogenaamd “verlaag” is. . . . .
We are no fools . . . .

Geen verassing ·

Dis geen verassing nie. Kyk maar na laasjaar se petrol stygings. Altyd dieselfde storie. Net voor n skoolvakansie styg die petrol.

Johanna Botha ·

So is alles OP wat moet af ( Petrol , Werkloosheid) en alles AF wat moet op ( Rand) ….dankie anc

GAB ·

Elke jaar dieselfde ding. Niks nuut nie. Buit die vakansie ganger uit.

Donald ·

Net ingeval jy nie weet as jy diesel ingooi nie, laai gerus die Pitstop app op jou foon. Prys in jou omgewing. Ek betaal tans R14. 59/l. Maroelamedia.co.za, hier is ‘n scoop ????

Marius ·

SUID-AFRIKA OP SY BESTE OF SO TE SE DA MAAK ONS WEER ONS (SUID -AFRIKA) SE NAAM GAT SOOS GRWOONLIK HAHAHA

Ronel ·

Hulle kan met sê dat dit Desember is, petrol verhoog. Punt. Los die lang, afgewaterde stories.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.