AA waarsku skok wag op motoriste

petrolpomp 2

Argieffoto.

Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het motoriste gewaarsku dat brandstofpryse in Mei rekordhoogtes kan bereik.

“Die rand se aansienlike verswakking teen die Amerikaanse dollar gaan gepaard met skerp stygings in internasionale oliepryse en gaan nuwe rekordhoogte brandstofpryse van naby aan R15 per liter tot gevolg hê,” het die AA in ʼn verklaring gesê.

Die vorige hoogste brandstofpryse was in Desember toe petrol R14,76 per liter gekos het.

“Die skerp agteruitgang in die rand se posisie oor die afgelope week is amper sonder presedent,” het die AA gesê. Daar word nou verwag dat petrol met tot 49c per liter kan styg terwyl diesel met tot 60c per liter kan styg.

Indien dié stygings plaasvind sal dit beteken dat die prys van 93-oktaan petrol in die binneland tot R14,72 per liter sal styg.

Die verwagte stygings kom ná April se skerp stygings met motoriste wat sedert 4 April 69c per liter meer betaal vir 93-oktaan petrol, 72c meer vir 95-oktaan petrol, 57c meer vir 0,05%-sulfaat diesel en 65c meer vir 0,005%-sulfaat diesel.

Die algemene brandstofheffing het intussen ook van R3,15 tot R3,37 gestyg en die heffing vir die Padongelukkefonds het van R1,63 tot R1,93 gestyg. Die totale brandstofheffings kom neer op R5,30 per liter.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

AD ·

Agnee, ek kan net nie meer nie. Die 15% verhooging sny alreeds my keel. Ons sukkel asb. Julle kan nie alles heeltyd lig nie. Die gaan nie net petrol op jaag nie maar alles wat gepaart gaan met petrol. Kos ens

Flintstone ·

Nee wat ons sal maar weer moet begin leef soos die flintstone’s se tye :)

Kobus ·

Als te danke aan ons ANC.nou word daar gese bou die nasie.what ever

jaco ·

Besef die ANC dat die verhoogde petrolprys hulle arm rasgenote nog meer benadeel as die “ryk rassistiese” wit mense wat so swem in hulle “wit monopolie kapitaal”?
En waarom kom die ANC se arm rasgenote nie in hulle massas teen dit in opstand nie? Net 6% vir die EFF, hier en daar bietjie groei vir die DA en diensleweringsbetogings is alles beswaarlik ware opposisie teen alles wat net duurder en duurder word.

L ·

Ek dink hulle promote publieke vervoer.. Dalk die Gautrein wat homself nie vinnig genoeg afbetaal sodat daar los geldjies vir die gatsakke van fatcats se gravy train kan wees. Nee hemel.. Huuu uuhhh kani meeri! Ek verbeel my dalk, maar hier sien ek selfmoord syffers ook styg! Die mense is raadop en kan nie meer nie en sien nie meer n uitweg nie man!!!

Hennie ·

Dit is maklik vir politici om verhogings goed te keur. Hulle ontvang toelaes en subsidies en voel nie die effek van verhogings soos die man op die grond nie.

Daan ·

Dit sal nie maklik en aangenaam wees vir mens self nie, maar miskien moet ons as publiek begin met ry stakings, wanneer die brandstof die tiepe van hoogtes inskiet, en dan net ry vir die ergste en belanrikste dinge …….

Sandra ·

Hoe moet ‘n gewone salaristrekker oorleef? Ek is nou aan die onderkant van die broodlyn nie, maar verdien ook nie so baie dat ek net kan aangaan nie. Ek ry daagliks met my motor werk toe aangesien ons openbare vervoerstelsel sodanig agteruitgegaan het dat dit nie eers ‘n opsie is nie. Alles raak duurder, net die salaris hou nie by nie. Waar gaan ons heen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.