Aanbeveling vir parool vir Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Mike Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, sê daar is aanbeveel dat Clive Derby-Lewis op parool vrygelaat word.

“Daar was ‘n positiewe aanbeveling, met ander woorde daar is aanbeveel dat hy op parool vrygelaat word,” het Masutha aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Ons kyk ook daarna in die lig van voorleggings deur die SAKP wat ‘n memorandum voorgelê het.”

Derby-Lewis dien tronkstraf uit vir sy aandeel in die moord op Chris Hani, voormalige sekretaris-generaal van die SAKP. Hy het reeds meer as 20 jaar van sy vonnis uitgedien.

Derby-Lewis is vroeër vanjaar twee keer in die Kgosi Mampuru Sentraal-gevangenis deur ander gevangenes aangeval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hantie ·

Baie dankbaar vir al die harde voorbereidingswerk wat dr. Pieter Mulder gedoen het om dit moontlik te maak. Hoop Clive kan binnekort by sy eie huis wees. Dis net billik – as die Selebi’s en Schaik los kan rondloop soveel te meer Clive Derby Lewis.

Marin ·

Maar niemand sê iets van; dat hy tans enstig siek in ñ Hospitaal in Pretoria, se ICU eenheid lê nie????!???!

Trompetter ·

Die SAKP behoort hoegenaamd GEEN sê te hê in die vrylating van Clive Derby-Lewis nie.

Hantie ·

Baie dankbaar vir Dr Pieter Mulder se voorbereidingswerk oor ‘n lang tyd om dit moontlik te maak. Dis net billik as Selebi en Schaik vry kan wees soveel te meer C Derby Lewis.

Theresa ·

Amazing dat al “die ander” voor die voet vrygelaat word. (En die grap is – na vrylating makeer hulle NIKS). Hierdie man het 20 jaar van sy lewe geboet vir sy dade. Hy is oud en het kanker. Nou kom die nuwe Minister en beveel dit aan. (Dit laat hom nou as nuwe besem goed lyk). Maar wragtig die SAKP se Memorandum moet eers gelees word. Hulle het geen sê nie magtig. Hoe wil hulle nou vir KD sê wat om te doen. Dinge werk darem wragtig in tru-rat. En die ergste is dat DIT WORD TOEGELAAT!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.