Aanbieder van kassie gehaal oor bewerings van geweld, ontrouheid

Katlego Maboe. (Foto: Instagram)

ʼn Storm het om die akteur en The Expresso Morning Show-aanbieder Katlego Maboe se kop losgebars nadat bewerings van ontrouheid en huishoudelike geweld teen hom op sosiale media aan die lig gekom het.

Volgens berigte is Maboe en sy vrou, Monique, besig om te skei as gevolg van sy ontrouheid en dit word ook beweer dat hy haar mishandel het.

The Expresso Morning Show het intussen ʼn verklaring uitgereik oor die bewerings en gesê Maboe word vir eers van die lug afgehaal.

“Sekere ernstige bewerings word op sosiale media geplaas oor Katlego Maboe en gisteraand [Donderdagaand] het ʼn video uitgelek waar dit blyk dat hy erken dat hy sy vrou verneuk het,” lui die verklaring deur Cardova Productions.

“Ons is ingelig dat ʼn saak oor die bewerings tans hangende is. Ons verdoem enige vorm van geweld en mishandeling, veral teen vroue en kinders, en neem dus dié bewerings baie ernstig op. Totdat die saak ten volle ondersoek is, en hangende die uitslag, sal Maboe nie op The Expresso Morning Show program verskyn nie.”

Katlego Maboe en Monique Muller in gelukkiger tye. (Foto: Instagram)

Maboe het intussen op sosiale media sy kant van die saak gestel en hoewel hy erken dat hy ontrou was aan Monique, saam met wie hy ʼn 2-jarige seuntjie het, ontken hy dat hy haar mishandel het.

“Ek was ontrou aan my vrou gedurende ʼn baie belangrike tyd in ons lewens – ʼn daad waaroor ek tot vandag toe spyt is. Ons is tans besig met ʼn ongelukkige en pynlike skeiding wat deur regstappe afgehandel sal word. Soos julle kan indink, is egskeidings ʼn baie moeilike ding om te hanteer, veral as daar ʼn kind betrokke is,” lui Maboe se skrywe op Instagram en Twitter.

“In die lig van die beweringe wat teen my gemaak is, wil ek sê dat ek nog nooit my vrou mishandel het nie. Ek het en sal altyd opstaan teen die mishandeling van vroue en kinders en uiteraard die mishandeling van enigiemand.

“Ek het gekies om die aangeleentheid in ʼn private hoedanigheid te hanteer om ons kind te beskerm. Aan die einde van die dag is ons kind al wat vir my saak maak. Ek sal dit egter aan die regstelsel oorlaat en die waarheid laat seëvier,” het Maboe bygevoeg.

Maboe is ʼn bekende op die kassie en is veral bekend as die gesig van die gewilde Outsurance-advertensies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Grens ·

Ek kan daai simpel advertensie nie kyk nie van: “change daai ding”

Deon ·

Om jou vrou te slaan, vloek, sleg te se, sleg te behandel en n hele lang rits goed wat uit disrespek spruit is mishandeling, so is verneuk ook mishandeling,

Kaptein67 ·

Ek hoop die ANC vroue liga en Oom Bheki C, gryp ook in oor die geweld teenoor ‘n vrou.

JohanR ·

Waaaat….die ANC vroue liga sal liewer sy vrou uitskel, as vir Katlego Maboe.

Dries ·

O aarde! Dit wys jou net. Het altyd so oulik voorgekom, was tot op Zoid Afrika se show en is daar geprys en geloof…

Alet ·

Moet nooit ‘n persoon op sy baadjie takseer nie. Dis gewoonlik hierdie mans wat lyk of botter nie in hulle monde kan smelt nie…

Dup ·

Outsurance gaan seker nou vir ñ nuwe gesig soek vir hulle vervelige en knaende advertensies.Gaan die rooi pette nou die adverteerder se persele ook bestorm?,ek dink nie so nie!

andre ·

Outsurance se advertensie is polities korrek ,hulle het die voorskrifte gevolg

Annakapat ·

Teleurgesteld in hom! Gedink hy was een van die beteres.
Ook maar voete van klei!

Jessey ·

Sjoe, ek lees deur die kommentaar, en om eerlik te wees, ek het die man nie eers herken tot daar genoem is vd Outsurance advertensie nie.

Mense, komende van iemand wat self deur ‘n skeisaak gegaan het waar ek van baie dinge beskuldig is wat onwaar was wil ek net noem, loop versigtig met die oordeel. Ons lees ‘n 200 woorde artikel en ken nie die feite nie (Malusi Gigaba en sy vrou wat ook onlangs in die nuus was).

Laat die dinge hul gang gaan, as hy skuldig is sal hy skuldig bevind word. Dis nie vir ons om te oordeel nie.

Artikels, Opinies, Kommentaar en woorde kan mense baie skade aandoen, en dit laat gewoonlik families getroumatiseer, en in baie gevalle mense sonder inkomstes.

As laaste kommentaar, ek meet altyd dinge hieraan.

Met die maatstaf waarmee jy meet, sal jy gemeet word.

Nozi ·

Raymond ek stem saam. Maar wat het sy skeisaak in elkgeval met die publiek te doen, dit is nou nie dat die maatskappy waarvoor ek werk my gaan afdank as ek skei nie, of hoe? Los die man in vrede laat hy skei en klaar kry.

Adam Adriaan ·

Wonder of die EFF hom ook gaan aanvat oor die mens vergrype en begin betoog en alles verwoes wat voorkom. Seker nie want hulle sal nie myle daaruit kry nie.?

Wielspore ·

My dogter is met ‘n persoon getroud met ‘n narsistiese afwyking, dit is “maak soos ek sê” verhouding. Ek haal aan uit Katlego se reaksie, “ek het gekies om die aangeleentheid in ‘n private hoedanigheid te handteer om ons kind te bekerm”. Dit kink reg en goed vir ‘n leser van die berig maar in werklikheid is die persoon besig om die situasie te manipuleer om hom goed te laat lyk. My dogter en klein kinders kry swaar onder my skoonseun se tong en hande. Dit gaan alles oor hom en jy kan nie met hom onderhandel, uiters jaloers op my dogter. Hy het al my dogter en klein kinders met die vuiste bygekom, hy is op dun ys, enige verdere oortredings en hy sien die binnekant van ‘n tronk sel.
Daar is nie plek in my lewe vir ‘n persoon wat vrouens en kinders mishandel!

My siening ·

Ek weet waardeur jy gaan want my dogter en kleinkind gaan deur die selfde trauma, narsistiese houding wat en dan is ons nog 1000de km van mekaar. En n mens is magteloos en die ding lieg en bedrieg

Anon ·

Hell hath not fury like that of a woman scorned. Daar is twee kante van ‘n storie en menige vrouens het al mans onskuldig bevind verkla.

Andre ·

Om jou vrou te verkil is nie net swak en pateties nie, maar in my opinie mishandeling!

Jakes ·

dit beklemtoon net weer dat almal van ons voete van klei het. Daar kruip in alamal van ons kaste geraamtes weg. Van die mense wat hom nou stenig staan self agter die deur. Vir Maboe hoop ek dat sy gefuif nie sy toekoms gaan verwoes nie. Wat jy saai sal jy maai.

Stefaan ·

Hy is die rede dat ek glad nie belangstel in sy mpy se versekering nie. You are the weakest link. Good buy

Vonkprop ·

Gaan my verstand te bowe dat iemand op so ‘n pragtige vrou verneuk. Ek sal haar op my hande dra en seker maak sy is altyd gelukkig. Ja ‘n saak het twee kante maar nog steeds, mense waardeer nie wat hulle het nie.

ES ·

Kan ook nie die advertensie vat nie… maar afgesien van my persoonlike voorkeur, is dit ‘n baie ernstige aantuiging en is hy dalk sy toekoms kwyt.

Johanncb ·

Ek vertrou dat die belaglike Outsurance-advertensies ook van die lug sal verdwyn!

Onnie ·

As ‘n egskeiding en ontrouheid die rede is hoekom hy sy werk as akteur/aanbieder kwyt is, dan sal 99% van Holywood sonder werk sit!?

Skim ·

Totdat die teendeel bewys word, glo ek gladnie Katlego sal sy vrou mishandel nie. Teleurgesteld dat hy haar verneuk het ja, maar ek glo hy het sy redes. Voordat jul veroordeel, wag tot die waarheid uitkom.

Onnie ·

As hy vir jou gelyk het na ‘n “nice” ou, dan kwyt hy hom goed van sy taak as akteur, want dis wat hy is – ‘n akteur. OJ Simpson was ‘n baie nice ou…. Die outsurance advertensies is beslis te knaend en irriterend, maar gelukkig kan ek hom “PVR” .

Juffrou ·

Katlego was op die Puk in ń sanggroep Flip-a-coin. Acapella en ongelooflike klanke met die tong gemaak. Én vlot Afrikaans. Talentvolle mannetjie met BCom en al! Het jy dit geweet?

Petrie ·

Dankie tog dat Outsurance hulle stupid advertensies tydelik moes staak tot hulle n ander manier gaan vind om mens te irriteer.
Jammer dat n vrou mishandel is .

Die Wolf ·

Moet ek nou sulke gemors lees. Ag nee daar is darem beter as dit.

Sarel ·

Kyk ek het nie veel ooghare vir die vent nie maar daar us meer mans wat hulle vroue verneuk. Van waar die skielike Moraliteit.

Jywilwat ·

Daai Outsurance advertsies het my tot in die grond in geirreteer.

Nico ·

Die Outsurance adivertensie moet heel geskraap word asook van die radio advertensies.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Wel, ek wil net sê dis nogal ‘n goeie store! Ek het nooit ‘n erg aan hierdie aanbieder gehad nie. Dis asof my siel in opstand kom as ek sy gesig sien. Ek is met die helm gebore so ek het seker geweet IETS gaan van daardie rede vir ‘n opstandige siel word…

Karina ·

Is dit nou ‘n kwessie van “wolf in skaapklere” Jou sonders sal jou altyd inhaal

Heleen ·

Dankie Vaaaader, die advertensie het my so irriteer ek het van kanaal verander!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.