Aandag, aspirantskrywers! Winterskool is om die draai!

skootrekenaar-slimfoon-tik-skryf

Argieffoto (Foto: Stanley Dai/Unsplash)

Die ATKV-skryfskool van die Noordwes-Universiteit se Winterskool word vanjaar aanlyn aangebied. Dié slypskool vir aspirantskrywers sal vanjaar op 5, 12 en 19 Junie plaasvind.

Bekende skrywers en toonaangewende uitgewers van Afrikaanse fiksie, sowel as personeel van die ATKV-Skryfskool tree as sprekers, werkswinkelaanbieders en groepsessieleiers op. Verhaal- en digkunsgenres sal tydens vanjaar se program voorkeur geniet.

Werkswinkels wat in dié twee skryfgenres aangebied word, word deur die ervare woordsmede Francois Smith (die skryfproses), Ingrid Winterbach (verhaalkuns) en Bernard Odendaal (digkuns) gelei. Smith en Winterbach is voorheen vir hul skryfwerk bekroon.

Die ATKV-Skryfskool bied vanjaar ook weer ’n skryfkompetisie in die genoemde genres aan. Die wenner in elk van die twee kategorieë (vir ’n kortverhaal of ’n gedig) sal die Winterskool gratis kan bywoon.

Vir meer inligting hieroor, skakel met Kobie van Aswegen by [email protected] of skakel haar by 018 299 1783 om meer te wete te kom. Sluitingsdatum vir ontvangs van kompetisie-inskrywings is 26 April en inskrywingsgeld beloop R1 000 per persoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.