Aandeelhouers belê miljoene in fiktiewe aandele

Die verdagte en sy vermeende medepligtige het glo R50 miljoen uit 30 mense geswendel. (Argieffoto: Maroela Media)

Die uitvoerende hoof (42) van ʼn Gautengse maatskappy het Donderdag op aanklag van bedrog in die Palm Ridge-landdroshof verskyn nadat hy aandeelhouers glo uit meer as R50 miljoen geswendel het.

Die beweerde bedrog het tussen 2019 en 2021 plaasgevind.

Die name van die man en betrokke maatskappy is egter nie bekendgemaak nie.

Daar word beweer dat die man en nóg ʼn uitvoerende beampte van die maatskappy aandeelhouers oorreed het om aandele in ʼn gesondheidsorgmaatskappy te koop wat sy aandele glo op die Londense aandelebeurs sou lys. Dié aandele het egter nooit bestaan nie.

Kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê die verdagte en sy vermeende medepligtige, het aandeelhouers glo gedreig dat indien hulle nie ʼn bepaalde bedrag betaal nie, hulle ook hul bestaande aandele in die maatskappy kwyt sou wees.

Die bankbesonderhede wat aan die aandeelhouers verskaf is, was glo die persoonlike rekeninge van die verdagte en sy kollega.

“Dertig aandeelhouers het sowat R50 miljoen verloor. Die saak is by die Valke in Johannesburg aangemeld, wat verder ondersoek ingestel het.

“Die verdagte is Woensdag aangekeer en van bedrog aangekla. Die ondersoek duur voort en nog inhegtenisnemings word verwag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

AW ·

Waarom ń die mens sulke dinge doen teenoor n mede mens bly my verstom !?

Kokerboom ·

Antwoord is ‘n gebrek aan gewete en etiese moraliteit en laastens: gierigheid

Shakespeare ·

Hang die gemors. Hopeloos te veel van hulle. Hulle slaap lekker want hulle het nie n gewete nie.

Frank John ·

Los die mense met onbekende besighede. Die bekendes is klaar skelm genoeg en die onbekendes erger

Luister ·

As jy geld het, beteken dit tog sekerlik dat jy “slim” is en nie sal val vir sulke komplotte nie?

Hardekwas ·

30 aandeelhouers verloor meer as R50 miljoen. Daar is nog mense met geld.

Rhona ·

Wat my die meeste verbaas is dat mense ander so kan vertrou nadat keer op keer mense gewaarsku word teen scams. Hoekom jou so laat regeer deur geld. Hoekom enigsins mense glo? Hoeveel kere is in die media, sosiale media asook op tv mense gewaarsku. Diè wat nie wil hoor nie moet maar voel.

Bushy ·

Gierigheid vir geld laat mense kanse vat. Jammerlik verloor geweldig baie mense hul aftregeld op sulke slinkse wyses.

Tino ·

Is die 30 aandeelhouers ok begunstigdes van Tenderpreneurskap?

Ek probeer vasstel of hulle geld hard verdiende spaar geld was of Covid meevallers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.