Aandklokreël nou later van krag

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, gedurende Donderdag se mediakonferensie. (Foto: GCIS)

Die aandklokreël sal nou saans ’n uur later in werking tree sodat restaurante meer klante gedurende piektyd voor toemaaktyd kan bedien. Die verbod op alkohol bly egter van krag ondanks die restaurantbedryf se pleidooie om alkohol saam met etes te bedien.

Só het Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, Donderdagmiddag gedurende ’n virtuele mediakonferensie bevestig. Die minister het nuwe regulasies vir die toerismesektor gedurende die afsonderingstydperk aangekondig.

Volgens Kubayi-Ngubane het die kabinet ingestem om die aandklokreël voortaan eers 22:00 in werking te stel om sodoende die restaurantbedryf tegemoet te kom hoewel die kabinet nie wou besgee rakende die koop en verkoop van alkohol nie.

Suid-Afrikaners mag wel nou weer vir ontspanningsdoeleindes hul huise verlaat en by gastehuise en hotelle oorbly mits dit in hul betrokke provinsie gebeur, het die minister gesê. Dit beteken dat daar vakansie gehou mag word hoewel vakansiegangers nie tussen provinsies mag reis nie.

Die reis tussen provinsies bly dus verbode vir mense wat nie oor ʼn geldige permit beskik nie.

Verblyf vir ontspanningsdoeleindes word beperk tot twee persone per kamer met die uitsondering van gesinne. Gastehuise en hotelle moet rekord hou van alle besoekers.

Toergidse en -diensverskaffers mag weer begeleide safaritoere onderneem mits sosiale afstand gehandhaaf word.

Volgens Kubayi-Ngubane sal hierdie veranderinge in werking tree sodra dit in die Staatskoerant bekendgemaak word.

Hulpfonds

Die minister het gedurende die mediakonferensie gesê die departement kon 4 000 ondernemings deur middel van die departement se hulpfonds van R200 miljoen help. Die departement het meer as 7 000 aansoeke ontvang.

Maroela Media het vroeër berig goedgekeurde entiteite ontvang elkeen R50 000 om uitgawes soos bedryfskoste te dek. Salarisse mag egter nie met dié geld betaal word nie.

Meer as 9 000 toergidse het intussen aansoek gedoen om hulp nadat die departement R30 miljoen bewillig het vir toergidse wat nie by ʼn maatskappy aangestel is nie.

Die departement is tans besig met die uitbetaling van dié geld hoewel sommige reeds begunstigdes is van die Werkloosheidsversekeringsfonds en dus nie in aanmerking mag kom nie.

Kubayi-Ngubane het ook Tito Mboweni, minister van finansies, se aankondiging verwelkom dat die kriteria waaraan ondernemings moet voldoen om in aanmerking te kom vir die R200 miljard-leningskema hersien sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Adam Adriaan ·

Dit is nou erger as in die aparheids jare. Dit is hulle strategie, om almal finasieël te knak.

Anel ·

Daar is geen land in die wêreld waar so baie mense geld gegee word omdat hulle nie werk nie. Die wat dood is regverdig nie die miljoene wat sonder werk sit nie, of die miljoene wat van honger gaan doodgaan nie of die miljarde en miljarde se skuld wat net ‘n paar mense gaan moet probeer terug betaal nie. Skaf die inperkings en al hierdie regulasies af en laat die mense van hierdie land hul grondwetlik regte en pligte nakom. Genoeg is darem nou genoeg.

Persheks Adri ·

Ek stem saam met jou! Ons het genoeg gehad van die reëls en regulasies! Geld word links en regs uit gegee vir gemors waarvoor ons moet betaal…

Michael ·

Dit sal nie gou gebeur nie, indien ooit. Regerings het daarin geslaag om wereldwyd vrees onder mense te saai en dit was ongelooflik suksesvol. Hier by ons glo 78% van die bevolking die regime doen goeie werk en die regulasies is nodig, so waarom sal hul afsien van dit. Die mense gee dan hul goedkeuring. Daars maar min van ons wat van die regulasies wil ontslae raak.Hulle gebruik ook die geleentheid om hul kommunistiese bestel in te lui. Die volgende pandemie is reeds in ‘n gevorderde staat van beplanning.

Boortor ·

Ek sien regtig geen sin in wat sy nou doen nie. Wat se verligting gaan dit teweeg bring?

Persheks Adri ·

Regtig? 1 uur langer vir “our people” om langer in die strate te loop en skelmer te wees en te vermoor en taxi’s wat langer op paaie gaan wees? Seker weer ingestel vir “our people” want ons is by ons huise soos tronkvoëls oor die regering so sê ekskuus tog verskoon my! Als is dubbel sinnig en verwarrend oe ee ee aikona ne! Spandeer nog geld wat ons moet betaal, want dis apartheid se skuld dat hul agter is met als in die lewe! GATVOL!!!

Elize ·

Moeg om snags op te staan en te kyk hoekom die honde so blaf. Nou gaan ek en hulle nog minder slaap kry met die “night crawlers”

Gemaskerde Sopbeen ·

Te min, te laat Me Koebaai.
Vraag vir jou Minister.
Ek woon in Gauteng. Moet ek by die Bon Accorddam gaan vakansie hou?
O, en terwyl jy skielik kan praat; vertel ons bietjie waar jy orals rond flenter.

JohanR ·

Ek is jammer maar ek is veel dommer as die in die ANC! Vir wat is daar ‘n aand klokreel? My klein brein kon daai een nog nooit uitwerk nie. Ons kan nie drink nie soe geen kans dat iemand dronk agter die stuurwiel is. Ons mag nie oor en weer kuier nie soe min kans dat iemand nou vir kuier, en braai en dop doeleindes op die pad sal wees. Kan iemand vir hierdie 70 percenter ‘n rede gee vir die aandklokreel? Ek kan net dink dat die aandklokreel is daar sodat die ANC hulle donker goed kan implementeer in die donkerte, sonder dat die publiek van dit weet of sien? Jy kan nog nie by familie en vriende kuier nie vir dop en braai, maar julle kan nou ‘n vol gelaide taxi vang na ‘n gastehuise of hotel mits dit in jou betrokke provinsie is, en die 22 familie en vriende kan lekker saam kuier by ‘n gasterhuis of hotel. Moet net nie naby mekaar se huise kom nie! Ek wag vir die boek “101 Stupid ANC Rules During Covid-19 in South Africa!”

Persheks Adri ·

Verduidelik dit vir my ook asb, want ons plak klaar soos voëls in ons huise Johan. Dink dis net vir “our people” bedoel soos in my kommentaar…

Kaptein ·

Alles bly n klug. Elke ou haantjie of hennetjie sit op hul eie mishoop en kraai. En dan lyk hulle so belangrik. Hierdie hele ” lock up ” is n klug. Hulle reel en reguleer net soos hulle wil. Met die volgende stemmery dan dink hulle ondersteuners hulle het so goed gedoen en gelei met die hele petalje. Ek dink genoeg is genoeg.

Riaan ·

Gautengners bly maar by die huis, want dit is nou nie juis die provinsie in SA wat bekend staan vir sy vakansie plekke nie

JohanR ·

Please be patient. We are just tweaking and adjusting Level 3 Lockdown rules until we have everything just right. Once we have everything just right in Level 3, we may, or maybe not, move to Level2.

Jacobus ·

Verstommend hoe ons basiese REGTE uit ons ( belasting betalers) se hande gegryp is gebasseer op uiters bedenklikke “wetenskaplikke” beginsels. Dié word nou deur uiters onbevoegde persone geadministreer en aan ons teruggeskenk as as TOEGEWINGS. Mr Ramaphosa waarmee is julle besig?

Edward ·

Die regulasie dat jy net 70% van jou voertuig se sitplek mag gebruik beteken dat ek met ‘n dubbelkajuit bakkie net my vrou en een kind mag vervoer. KNP pas hierdie regulasie baie streng toe. Met ander woorde as jy ‘n dubelkajuit bakkie besit en jy het twee kinders mag jy nie by die park ingaan nie. ‘n Persoon met ‘n SUV mag vyf mense vervoer. Klink bietjie dom vir my.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.