‘Aangename’ SAL-vlug vir Zuma na New York

President Jacob Zuma (Februarie 2015) Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma (Februarie 2015) Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma het Saterdag met ʼn SAL-vlug op die John F Kennedy-lughawe in die stad New York in die VSA geland vir die 71ste algemene vergadering van die Verenigde Nasies (VN).

Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, het Saterdag ʼn kort verklaring uitgereik dat Zuma ʼn “aangename vlug” met vlug SA203 geniet het en die nasionale lugredery vir alle reisigers aanbeveel. “Ek het die gasvryheid aan boord baie geniet en beveel SAL vir alle reisigers aan. Die lugredery bied uitstekende diens en ons het ʼn rustige en aangename reis gehad,” het Zuma gesê.

Die verklaring volg kort nadat Zuma skerp onder kritiek deurgeloop het toe Nosisiwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, aangekondig het dat R100 miljoen in die komende boekjaar begroot word vir die huur van ʼn nuwe presidensiële straler vir Zuma.

Zuma het hierna bewerings deur lugvaartkenners ontken dat hy en adjunkpresident Cyril Ramaphosa verkies om van huurvliegtuie gebruik te maak en gesê hulle albei gebruik gereeld die Suid-Afrikaanse lugmag se vliegtuie. Volgens die presidensie het die president en adjunkpresident net onlangs van huurvliegtuie gebruik gemaak omdat daar geen betroubare lugmagvliegtuie beskikbaar was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

lynette ·

Die spesifieke vlug, was daar ander passasiers ook op die vlug of was hy en sy span die enigste passasiers? Wil net noem, een van die vorige konings van Swede het gereeld van sy land se treine, busse (publieke vervoer) en n gewone Sweedse karretjie, gebruik gemaak, sonder wagte of polisie wat hom vergesel het. Weet nie waarom party mense dink hulle is verhewe bo die alledaagse nie.

Alida ·

Lekker. Hoekom moet hy n spsiale duur vliegtuig kry en die land se geld verder mors.

Chris ·

Hoe meer beskaafd die land is, die regering beskaafd optree, sy burgers beskaafd lewe dan tree die president en sy trawante ook naderhand beskaafd op.

Lance ·

Alles goed en wel en almal is happy op die vlug ..maar ons weet almal SAA het nie geld nie …so hoe diens hulle daardie vliegtuie reg …ek vlieg verseker nie met SAA nie …ook uit beginsel sal ons maatskappy hulle nie ondersteun nie …vliegtuie is ook oud

Drieks ·

Zuma het net SAL gevlieg om sy grooooot vriendin Dudu te ondersteun. Sy is weer verkies as baas en hy moet nou sorg dat sy winste toon. Want hy het vir Gordon belowe Dudu is nie so sleg nie. Haha,,, Anc arogansie..

Sarel Strydom ·

Maak nie saak waarmee hy gevlieg of gevlug het ie. Maar om te erken dat jou Lugmag se vliegtuie is so onbetroubaar dat die President? nie daarmee vervoer kan word nie. Wie Verdedig die land.

Ander Koos ·

Wees gerus, nie nodig vir Lugmag om land te verdedig. Met die toestand waarin SA tans is, sal niemand die land wil he nie.

Albert Marais ·

Smeer weer heuning om die publiek se monde. net tot hy dink ons het van alles vergeet dan skielik vlieg hy in n splinter nuwe straler wat Obama sal jaloers maak

Jan maak n plan ·

Sjaks net toe ek gedink het wonderwerke sal nooit ooit weer gebeur nie. Ek neem aan sy goud het seker afgeval.

Gerhard ·

Dis net oëverblindery. Zuma doen niks sonder ‘n verskuilde agenda nie, veral as dit nie sy eie sak volstop nie.

Jef ·

Ek vlieg nog liewer in n lugballon dan in n SAA vliegtuig, ek het n 360 grade uitsig en vlieg op 360 meter hoogte en ek betaal 360 keer minder en al nadeel is ek is baie lank onderweg.

Kobus ·

Ek wens hom ‘n aangename vlug toe na die buitenste ruimte, mag hy nooit ooit terugkom nie. Ek wens hy verdwaal daar in die vreemde, ligjare weg, net gedrogte, groot koppe met lang gepunte ore en wesens met belope padkaart uitpeul oë, wat met sulke vuurballe na hom staar, “wat ‘n vreemde wese is hy nie”, vra hulle, “en dan bring hy sy eie stortkop saam”.

Lance ·

Nou dat hy daar is en sulke high spirits het na die wonderlike vlug kan iemand hom dalk net asb verhoed om enige podium te bestyg of dat hy sy mond oopmaak en iets se …die man skep n swak indruk van SA en laat die Rand net verder val as hy dit waag om sy mond ooptemaak …trouens hy kan dalk somme terugvlieg met dieselfde vlug siende dit so lekker is …sal SA die verleentheid spaar

Lag my dood ·

Ai shame die arme drommel. Nie eers skaam om te se Lugmag Vliegtuie nie betroubaar. Arme Arme Sot

Anoniem ·

Die “rustige en aangename” vlug was seker te danke aan ‘n eersteklas kaartjie – ets wat ons gewone mense in elk geval nie kan bekostig nie.

Popeye ·

Hy het dalk in die vragruim moes wegkruip, nie almal hou van hom nie.

humor ·

Hy het sowaar na die regstellende en Kwota debakel die verymoedigheid om na die algemene vergadering van die VN te gaan. Hoop hy word nie hartlik verwelkom nie en word met talle vraagtekens bekyk en dit is vir hom BAIE minder aangenaam as die vlug.

Alida ·

Eerstekĺas is fine tenminste goedkoper as n huur vliegtuig. Die ou siel het veilig aangekom en sal weer veilig land ook hier en sy kamstige waardigheid het niks oorgekom nie.

snoefie ·

asdit goed genoeg was vir die NP waarom nie vir die anc nie? indien ek dit nie mis het nie het PW en al sy kollegas en voorgangers kommersieel gereis.

danie ·

Ek wil ook graag weet of daar gewone burgers op die vlug was, en indien wel hoe het die aankoms gewerk, moes almal eers sit totdat die president af was . Alle staats hoofde geniet diplomatieke voordele hoe het dit dan die res van die mense beinvloed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.