Aangepaste begroting geen oplossing vir ekonomiese krisis – kenners  

(Foto: pixabay)

Wanneer begrotingstekorte meer as verdubbel na 16%, sonder ʼn afname in staatsbesteding, is dit tyd om die staat te herstruktureer en nie die ekonomie nie.

Só sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van die onafhanklike sakegroep, Sakeliga, in reaksie op die noodbegroting wat Dinsdag in die parlement deur min. Tito Mboweni voorgelê is.

Hy sê die noodbegroting verbind die staat dubbel en dwars aan skuldmaak en onrealistiese aannames van toekomstige belastingherstel.

Na verwagting sal die tekort vir 2021 nou bykans vier keer wees wat Malusi Gigaba, destydse minister van finansies, in 2018 voorsien het en dubbel wat Mboweni in Februarie gesê het. “Dit dui op ʼn versnelde fiskale verbrokkeling wat voortduur lank ná die presidensie van [oudpres. Jacob] Zuma,” sê Le Roux.

Die VF Plus meen Dinsdag se aanpassingsbegroting raak nie werklik die land se probleme aan nie en laat meer vrae as antwoorde oor die land se finansiële welsyn ontstaan.

Grafiek: Sakeliga

“Suid-Afrika se ekonomie staan voor ʼn afgrond, staatskuld neem onbeheers toe, werkloosheid het nuwe rekordhoogtes bereik, die opgeblase staatsdiens met sy vakbond-beskermhere sit stewig in die saal en tog wil die regering ʼn bykomende R43 miljard oor die volgende vier jaar deur belasting invorder,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Hy sê daar moet in gedagte gehou word dat die huidige begroting gevorm is om die $7 miljard (sowat R119 miljard) wat die regering beoog om te leen, maar waarvan nog net $1 miljard (amper R17 miljard) in hierdie stadium gewaarborg is. Dit is aanduidend van die ernstige krisis waarin Suid-Afrika hom bevind ná jare lange wanbestuur onder die ANC.

Groenewald meen een positiewe aspek is dat die minister met ʼn toekomstige “zero-gegronde” begrotingsproses in die regte rigting beweeg deurdat dit sal toesien dat die toekoms nie beplan word rondom onrealistiese ANC-aannames en -begrotings nie en daar tred gehou sal moet word met die werklikheid van die land se fiskale situasie.

Hy sê dit is egter duidelik dat Suid-Afrika toenemend ʼn welsynstaat word met R25,1 miljard wat begroot word vir welsynsdienste en ʼn verdere R100 miljard vir werkskepping. “Die werklikheid is egter dat die staat nie werk kan skep nie, maar slegs ʼn gunstige omgewing vir die ekonomie om te groei waarin werksgeleenthede geskep word.”

Die DA sê die begroting het geen daadwerklike plan bevat oor hoe presies die skuldkrisis vermy gaan word nie. Geordin Hill-Lewis, die DA se skaduminister vir finansies, wys daarop dat die land binnekort meer gaan bestee om skuld te vereffen, as wat aan onderwys of gesondheid bestee word. Hill-Lewis is veral bekommerd oor die gebrek aan besonderhede oor hoe die R100 miljard wat begroot is vir werkskepping, aangewend sal word.

Le Roux sê dit is nou belangriker as ooit vir ondernemings om hul eie koers in te slaan, eerder as om vir die regering te wag om die kalf uit die put te haal.

“By oorweging van die staat se skraal kanse op hervorming beskou ons dit as noodsaaklik vir georganiseerde sakegroepe om ʼn alternatiewe koers te ontwikkel. As georganiseerde onderneming behoort ons agenda die volgende sleutelpunte in te sluit: vergoeding vir staatsverval in infrastruktuur, plaaslik én nasionaal; die vermoë om sonder staatsondersteuning sake te doen; asook om die bates, ondernemings en indiensneming van onsself, ons kliënte, klante en alle gemeenskappe waar ons sake doen, staatsbestand te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leon ·

Daar sal geen oplossing wees nie want daar is geen oplossing vir die ekonomiese krisis nie. Die ANC het die land so opgemors dat die enigste oplossing is om die ANC uit te skop en heel van voor af te begin. By 1652 om die waarheid te sê.

Sakkie ·

Daar kom byt Kopdoek se onkunde die ekonomie aan die gat. Swartmark maak geld soos bossies uit die verkope van siggarette. Tyd dat julle begin sukkel…… BEE is mos hier om te bly………

Pieter ·

Die verlies op belasting inkomste agv die sigaretverkope, asook alkoholverkope voor Junie, word nie aangespreek nie. Dit is werklik ‘n probleem. En wanneer mense geen salarisverhoging ontvang nie, moet munisipale tariewe, Eskom, kos, brandstof en ander belastings ook nie styg nie. Die mense raak armer en kan so minder werk verrig, omdat hul werk minder waardeer/vergoed word as laas jaar.

koos10 ·

Pieter as gehoor van the rich will get richer and the poor poorer?

Pieter ·

Gaan vra vir zumpie sy is mos slim sy het mos nie belasting geld nodig nie ou cyril betaal mos haar selaris met sy eie geld.

Jaco ·

Die begroting sê niks van die verwydering van wit mense uit SA se ekonomie nie, terwyl dit een ding is waarop ramaphosa aanmekaar hamer al van voor die corona krisis af. Het redelikheid dus geseëvier, of is dit net die stilte voor die storm? Wag iets ergs dus op wit mense maar dit word geheim gehou?

koos10 ·

‘n Begroting is net goed as jy die geld in ‘n bankrekening het.
Dis soos ek wat gaan sê dat ek Nov 2020 die lotto gaan wen en Des 2020 vir my hele familie oorsee vat vir ‘n vakansie.
Al wat die regering van tans seker is, is die uitgawe kant van die balansstaat, maar die inkomste kant is wensdenkery.

Oom Hennie Pennie ·

Tyd om heel voor te begin met ‘n nuwe regering.

Faye ·

Is belastingbetalers nie geregtig daarop om besonderhede te bekom ivm die “groot skuld” van ons eens mooi land – d.w.s. voor ANC se vingers in die vleispotte gedompel is – hulle korrupsie in die 26 jaar van in bewind wees lees soos ‘n riller! Sal graag wil sien vir wie en wat die groot skuld is – sluit dit al die korrupsie, hooggeplaasde staatsamptenare/ministers se salarisse, luukse wonings, motors, vakansies en wie weet wat nog in? Verkoop Nklanda en maak dit ‘n woonplek vir haweloses in daardie area. Laat die Chief dan ‘n nedersetting gaan opstel in die bos saam met al sy vrouens in huthuisies! Hoekom moet ons wit mense nou die las dra vir die regering se gulsigheid en soms onbekwaamheid. Die meeste mense wat vir hulle gestem het leef nog na 26 jaar in haglike omstandighede, staatshospitale is in skandelike toestand, skole en ander geboue word afgebrand, ons eens op ‘n tyd mooi stede is nou vuil straat markte ens ens. Gravy trein se wiele val nou af – Halleluja!

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Geagte meneer Piet le Roux van Sakeliga, verduidelik asseblief vir ons presies hoe maak mens jou besigheid “staatsbestand”.

Die ANC regeer hierdie land. Dit is die ongelukkige harde werklikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.