Aangrypende huldeblyk vir Windhoek-vrou

Een van die foto’s wat die sangeres Elizma Theron opgelaai het by ‘n roerende huldeblyk aan haar niggie, Elna-Marie Abbott. (Foto: Facebook)

Die sangeres Elizma Theron het ʼn roerende huldeblyk gebring aan haar niggie wie se liggaam verlede week by ʼn treinspoor in Windhoek opgespoor is.

Elna-Marie Abbott (29) se onthoofde lyk is Vrydag langs ʼn spoorlyn gevind, nadat sy Woensdag as vermis aangemeld is. Haar motor is later in die gebied van Ausspannplatz, in ʼn parkeerterrein van Merensky Tower in Windhoek se middestad, gevind. Dit is sowat 2 km van waar haar liggaam gekry is.

“Die aarde gaan die spore mis wat jy nog moes trap … maar die spore wat jy agterlaat, is van die liefde wat vir ewig in ons harte sal bly,” het Theron op Facebook geskryf.

Theron het onder meer ook geskryf dat sy Abbott se lag gaan mis. “My hart is so seer, Ella … daar is soveel vrae … ons almal vra vir Jesus om antwoorde te gee, om ons te help wys wat gebeur het en om geregtigheid te laat geskied. Jy sit nou daar langs Hom weet ek, asb. vra Hom ook om ons te help … I’m jealous of the angels around the throne tonight. Rus sag, my liewe Ella,” het Theron geskryf.

Maroela Media het vroeër berig dreigende teksboodskappe van ʼn onbekende manspersoon is op Abbott se selfoon gevind.

Die Namibiese koerant Informanté berig ʼn voorlopige ondersoek het bepaal dat Abbott haar motorsleutels by die ontvangs van die Merensky Towers ingehandig het. Sy het glo aan die ontvangsdame gesê ʼn man van Suid-Afrika sou later haar motor kom haal.

Speurders het haar motor deursoek en persoonlike besittings, waaronder haar selfoon en drie sakke met klere en nagklere, boeke en grimering, daarin gevind.

Ondersoekbeamptes het aanvanklik bespiegel dat sy dalk haar eie lewe geneem het, maar haar geliefdes weier om dit te aanvaar. Familielede wat met Informanté gesels het, het gesê hulle het ook gedink sy het dalk haar eie lewe geneem ná haar liggaam gevind is, maar die dreigende teksboodskappe op haar selfoon het daarna aan die lig gekom.

Die Namibiese koerant Republikein het berig twee briewe, die een in Engels en die ander een in Afrikaans, is ook gevind met kontakbesonderhede van ʼn familielid by wie die persoon, wat haar voertuig in die parkeerterrein vind, die motorsleutel kan kry.

Die polisie in Windhoek was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar oor die ondersoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johan ·

Geen mens verdien wat hierdie dame oorgekom het nie. In hierdie stadium is daar egter nog baie vrae….

Dries du Toit ·

Om watter rede sou sy haar motor sleutels los vir iemand anders om te kom haal. Klink nie reg nie ???

Nogals... ·

Dries du Toit
Het ook gewonder hoekom sy haar sleutels sou los vir iemand om te kom haal, dit laat my dink sy het dalk geweet iets gaan met haar gebeur.. of sy het probeer wegkruip van iemand af deur om die sleutels vir iemand te gee wat vir haar ‘n kans kon gee om weg te kom van die persoon wat die kar moes kom haal het… ek kan verkeerd wees, maar dit klink verseker verdag…

Magda ·

My hart gaan uit na die gesin. Volgens die berig is haar lyk onthoof. Hoe doen mens dit as jy kamtig selfmoord pleeg soos hul vermoed?

Andre ·

Sy het op `n treinspoor gaan lê en die trein het haar onthoof.

smurfie ·

eks amper seker die treindrywer sou gesien het as iemand op die spoor gaan lê. My pa was n treindrywer en hyt nog altyd gesê dat jy dit kan voel as n mens n dier, motor of mens tref. Kan ook nie dink dat sy eers by die agterste trokke se wiele kon gaan lê het nie. Haar tydsberekenig sou dan perfek moes wees, want die trein beweeg teen n spoed

Nita ·

Die een ding wat dalk hier kan sin maak, is, dat dit nie Elna was, wat die sleutel by die hotel ingehandig het nie.

Wenner ·

Sy is dan onthoof, dan kan sy mos ONMOONTLIK selfmoord gepleeg het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.