‘Aanhitsers’ van 2021-onluste ook van terreur aangekla

Soldate gedurende die destydse onluste in Gauteng. (Foto: GCIS)

Die 65 vermeende aanhitsers van die grootskaalse openbare geweld wat in 2021 in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het, is ook nou van terreur aangekla.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in KwaZulu-Natal, sê die verdagtes het Vrydag weer in die landdroshof in Durban verskyn, waar hulle nog aanklagte opgelê is.

“Benewens die aanklagte van sameswering om openbare geweld aan te hits en te pleeg, het die staat ook aanklagte van terrorisme, sedisie en sameswering om moord te pleeg by die klagstaat gevoeg,” sê sy.

Die saak is tot 30 Januarie uitgestel wanneer die verdagtes hul eerste verskyning in die Durbanse hooggeregshof sal maak.

Die landdroshof het ook die mans se borgtogvoorwaardes tot hul volgende verskyning verleng.

Die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng het twee jaar gelede uitgebreek nadat oudpres. Jacob Zuma in hegtenis geneem is. Skade van miljarde rande is aangerig met winkels wat geplunder en infrastruktuur wat beskadig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.