Aanklaer agter tralies vir ‘korrupsie, afpersing’

(Foto: Rawpixel/Unsplash.com)

ʼn Aanklaer by die King Williams Town-landdroshof is in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van ʼn beskuldigde, wat van dronkbestuur aangekla is, geëis het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Ncedo Moyeni (45) het glo R5 000 van die persoon geëis.

Die man is in Januarie verlede jaar vir beweerde dronkbestuur aangekeer. In Junie het Moyeni glo die man gebel en ingelig dat bloedtoetse wys dat hy wél oor die wettige alkoholperk was.

“Die beskuldigde en sy vrou het met Moyeni in sy kantoor vergader waar hy ʼn betaling van R5 000 geëis het om te verseker die dossier word gesluit. Hy kon R4 000 bymekaar maak en het Moyeni betaal met die belofte dat hy die res van die geld in paaiemente sal terugbetaal,” het Mulaudzi gesê.

Skaars ʼn maand later het die man ʼn oproep van die ondersoekbeampte gekry waarin hy oor die datum van sy volgende hofverskyning ingelig is.

“Hy het Moyeni gekonfronteer en dié het aan hom gesê dat enige navrae aan sy kantoor gerig moet word.”

Die voorval is by die Valke aangemeld en dié het bevestig dat die saak aan Moyeni toegeken is en gevolglik teruggetrek is weens verskillende reeksnommers op die bloeduitslae, het Mulaudzi gesê.

Moyeni is Dinsdag in hegtenis geneem en het vlugtig in die King Williams Town-streekhof verskyn.

Hy is vrygelaat op borgtog van R1 000 en moet weer aanstaande maand in die hof verskyn.

Maroela Media het ʼn navraag aan die Valke gerig oor of die persoon wat die geld betaal het óók aangekla of in hegtenis geneem is en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Neels ·

Uit op borg van R1000 more terug by werk en verander sy strategie van oersoonlike verryking . Die euwel sal nooit maa nooit uitgeroei wird nie

Schalk ·

Net punt van ysberg alle wet afdelings het korrupsie.Die land lei aan korrupsie maar regering weier om te erken dat hy onbevoeg en korrup is .Julle hoef nie meer oor dit te berig nie.Jacob is al 10 jaar skuldig niks gebeur Black supremecist .Waarheid staan.

Snowflake ·

Gaan geskors word vir verdere ondersoek wat jare gaan duur….. MET pay natuurlik

jakes ·

Die streep kan deurgetrek word na sommige prokureurs, advokate, landroste en selfs regters. Gelukiig is nie almal so nie maar dit plaas n vraagteken oor die geloofwaardigheid van die regbank. Voldoen almal aan die vereistes van hul poste voordat hulle aangestel word?

Kraaibakke ·

Korupsie is gemaak om te bly ,as jy dit moet wegneem is daar nie meer diens lewering ,as jy nie jou sin kry nie staak jy dis hoe dit is .
Die mense moet net groot word en hul werk doen
Vergeet die laaaang vingers .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.