Aanklaer gevonnis vir korrupsie

(Argieffoto)

ʼn Voormalige staatsaanklaer van Limpopo is Dinsdag vier jaar tronkstraf opgelê nadat hy geld van ʼn beskuldigde geëis het om die aanklag teen hom te laat vaar.

Volgens kapt. Matimba Maluleke, polisiewoordvoerder, is Molatelo Herbert Serumula (49) deur die Giyani‑handelshof gevonnis.

Serumula was in November 2018 ʼn staatsaanklaer by die Morebeng-landdroshof toe hy omkoopgeld van R2 000 by ʼn beskuldigde geëis het. Die beskuldigde het in die hof verskyn op aanklag van die besit van gesteelde goedere.

“Serumula het die beskuldigde belowe dat die aanklag teen hom teruggetrek sal word indien hy die geld aan hom oorbetaal,” het Maluleke gesê.

Die man het R500 in Serumula se bankrekening inbetaal en die klag teen hom is teruggetrek.

“Serumula het egter die uitstaande R1 500 geëis, waarna die man die voorval by die Valke aangemeld het.”

Albei mans is kort daarna deur die Valke in hegtenis geneem.

Die voormalige aanklaer is aanvanklik op ʼn R1 000 borgtog vrygelaat, maar is in Mei vanjaar skuldig bevind aan korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Hoe moet met respek hê vir die Regsstelsel. Almal weet dit is ‘n korrupte spul

Jr ·

Ek weet dat u almal met n paar slegte appels kwas verf. My vrou is in die hof en ek het nog nie n meer eerlike mens gekry as sy. Ek ken al die personeel in daai hof gebou en die meerderheid is eerlik met net een of twee slegte appels

Suzette ·

Goed en ek hoop die skelm staatsaanklaer is geskors met GEEN salaris en byvoordele………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.