Aanklaer skuldig aan kinderpornografie, seksuele aanranding

Argieffoto: Pixabay.com

ʼn Voormalige staatsaanklaer in die Atlantis-landdroshof is Maandag skuldig bevind op 157 aanklagte van kinderpornografie en een van seksuele aanranding.

David Lotz (44) is Maandag in die streekshof in Parow in die Wes-Kaap skuldig bevind en gevonnis.

Volgens die Wes-Kaapse polisie is Lotz in 2016 in hegtenis geneem, nadat die provinsiale eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings inligting ontvang het oor ʼn hooggeplaaste by die Atlantis-landdroshof wat in besit is van pornografie.

’n Ondersoek is onder leiding van brig. Sonja Harri van stapel gestuur.

Gedurende die ondersoek is Lotz as die verdagte geïdentifiseer en die polisie het ʼn lasbrief bekom om sy kantoor by die hof in Atlantis, asook sy huis in Malmesbury te deursoek.

Die polisie het op verskeie bewysstukke beslag gelê en Lotz is op 31 Desember 2016 in hegtenis geneem. Hy het kort ná sy inhegtenisneming as aanklaer bedank.

Lotz het skuldig gepleit en is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan drie jaar opgeskort is vir vyf jaar. Die hof het verder beveel dat sy naam opgeneem word in die register vir seksuele oortreders. Hy is ook onbevoeg verklaar om met kinders te werk of ʼn vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Christa ·

Orige mans Moet gekastreer word. Hoekom hulle nog losloop Weet mens nie. Sluit hulle toe dan het hulle genoeg tyd Om te sit en speel

Gaitsigubib ·

Hoe lyk Dawid Lotz wonder n mens – hy is dan reeds skuldig bevind? Snaaks hoe ander mense se foto van elke hoek af geneem en geplaas word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.