
(Argieffoto)
ʼn Aanklaer van Durban is self agter tralies nadat sy vir beweerde korrupsie in hegtenis geneem is.
Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê die eenheid het die 39-jarige staatsaanklaer Woensdag by die Durbanse landdroshof in hegtenis geneem.
“Die aanklaer het glo kontant van die klaer geëis om ʼn saak van winkeldiefstal teen ʼn minderjarige af te water. Die voorval is by die Valke aangemeld, wat blitsig ʼn operasie van stapel gestuur het,” het Mhlongo gesê.
Die Valke het op die landdroshof toegeslaan en gesien hoe die verdagte kontant by die klaer ontvang.
“Sy is dadelik in hegtenis geneem en aangekla van korrupsie.”
Die aanklaer verskyn na verwagting later vandag (Donderdag) in die hof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Mooi man!
Mooi werk Valke, hou SA skoon van Korrupsie.
Maak skoon ander almal.
Wonder hoeveel is daar nog?
Dammit, dit hou net nie op nie .. Mooi werk Valke!! Roei hulle uit.
Sluit haar toe SONDER die keuse van ‘n boete.Tronkstraf is al wat sal werk.En ek hoop van harte sy kry nie borg nie.Ons regters is hopeloos te sag as dit by borg aansoeke kom.