Aanklaer wat glo kos, klere steel dán verhoor

hof-hamer

(Argieffoto)

Die voormalige hoof van die spesiale handelsmisdaadeenheid in Noordwes se diefstalverhoor sal in Februarie begin.

Adv. Jeanette Neveling (53) word daarvan beskuldig dat sy klere en kos ten bedrae van sowat R3 000 gesteel het.

Neveling het Woensdag in die Molopo-landdroshof verskyn waar haar verhoordatum vir 28 Februarie vasgestel is. Sy het voorheen aansoek gedoen dat die saak nie vervolg word nie, maar dit is van die hand gewys.

Neveling het sedertdien bedank en haar kontrak is op 30 Oktober beëindig. Sy is aanvanklik ná die voorval geskors.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, sê adv. Mashudu Mudau, wat van Limpopo vir die saak gesekondeer is om te verseker daar is geen botsing van belange nie, het aangedui dat die staat gereed is vir verhoor.

Neveling is in Februarie vanjaar vir beweerde winkeldiefstal by ʼn kleinhandelaar in die The Crossing-winkelsentrum in Mmabatho in hegtenis geneem.

Sy is vroeër op borgtog van R500 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frank John

Jy wat oordeel moet pasop dat jy nie geoordeel word nie.

Tipper

Ek haal net aan,in hierdie berig staan geskrywe dat sy ook Voorheen aansoek gedoen het dat die saak nie vervolg moet word nie.

Cherokee

Simpatie met haar. In ‘n land soos Suid Afrika waar kriminaliteit laag is, is daar dalk nie veel werk vir aanklaers nie.

SjN

Kom ons wag maar vir die bevinding alvorens kommentaar gelewer word, wil al die ander soortgelyke aangeklaagdes ook maar haar voorbeeld volg en bedank nie, trek groot salarisse terwyl hul geskors word en sake word telkens uitgestel.

Cabytheron

Ons weet nie wat die besonderhede is rondom die saak nie. As sy onskuldig is, mag die waarheid seëvier. As sy skuldig is, moet sy gestraf word. Ek hoop van harte sy is onskuldig.