Aanklag oor Swart Maandag-optog teruggetrek

Swart Maandag-optoggangers in Bethlehem. Foto: Verskaf

Die saak teen Isolde Laesecke, ʼn AfriForum-takvoorsitter van die Vrystaat, wat in 2016 aangekla is in verband met ʼn Swart Maandag-optog, is Vrydag in die landdroshof in Bethlehem teruggetrek.

Laesecke was een van verskeie mense wat aangekla is van die reël van ʼn onwettige byeenkoms en verkeersontwrigting in verband met die Swart Maandag-optogte wat landwyd gehou is. Die optogte is gehou ter bewusmaking van die vlaag plaasmoorde waaronder landelike gebiede gebuk gaan.

Laesecke is saam met drie ander mense in Limpopo in November 2016 aangesê om hulle by hul onderskeie polisiekantore aan te meld ná afloop van hul deelname aan die #SwartMaandag-optogte.

Sy sê sy was verbaas oor die klagte omdat die betogers in Bethlehem skriftelike toestemming gehad het om met die optog voort te gaan. Die optog is ook op private eiendom in die dorp se industriële gebied gehou.

Sy meen dat die klag teen haar polities gedrewe was.

“Ek is baie verlig dat die saak afgehandel is, maar ook teleurgesteld omdat dit ’n vermorsing van tyd en belastingbetalers se geld was om my drie keer in ’n hof te laat verskyn voordat iemand na die wetlike aspekte van die saak gekyk het.”

Laesecke sê ondanks die onregverdigheid rakende dié aangeleentheid wil sy AfriForum-lede steeds aanmoedig om op te staan vir wat reg is, maar om altyd binne die raamwerk van die wet op te tree.

Barend Uys, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die burgerregte-organisasie deurgaans by Laesecke gestaan het en haar die nodige ondersteuning gegee het. “AfriForum-lede kan verseker wees van die organisasie se bystand wanneer hulle onregverdig behandel of daar onregmatig teenoor hulle opgetree word,” sê Uys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johan ·

Ek is bly dat geregtigheid geseëvier het en dat die uiters belaglike klag terug getrek is. Maar was die klag regtig nodig?

alida ·

As jy wit is en jy kyk of trap skeef is dit ‘n oortreding onthou dit.

Jean van der Riet ·

Ek verstaan nou nie , hulle mag brand en skiet en staak en voertuie beskading en niemand word verantwoordelik gehou nie , maar die liewe vader help n Afrikaner wat een blerrie Maandag sy onafhanklikheid wou vier !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

wonder ·

Jean van der Riet het ook daaroor gewonder, daagliks is daar brandende goed aan die gang…..wie gee toestemming daarvoor?

m.d.r. ·

ek sal graag die naam (en rang indien van toepassing) van die persoon wat beveel het dat die betrokkenes hulle by die polisie moet aanmeld.
Klink vir my na politieke magsmisbruik…..as dit ‘n polisieman is, nouja die SAPD moet volgens wet BUITE die politiek staan.
Of is daar weer ANDER wetgewing vir polisiemanne …?

Valerie Byliefeldt ·

Swart Maandag is ‘n ten volle geregistreerde organisasie en kan ek bevestig dat Afriforum in hul eie kapasiteit gehandel het en het Swart Maandag sy eie regsspan wat alle lede ten alle tye gratis bystaan met regshulp en advies. Ons bedank Afriforum vir hul bydrae en onbaatsugtige hulp wat hulle die persoon aangebied het. Groete Swart Maandag Bestuur

Sarel ·

Bevestig maar net wat ons reeds weet, elke our polisiebeampte is in denke n klein politiekus en haat als wat wit is. Wonder wanneer gaan hulle begin hul tand trek of kleur.

Antjie ·

Dit is presies waarvoor daar ʼn klagte soos “onregmatige vervolging” bestaan. Moenie die stupid staatsamptenare met hul skewe politiek laat wegkom in die naam van “geregtigheid” nie! Kry hulle veral persoonlik verantwoordelik vir staatsuitgawes. Kry hulle uit die diens van die SAPD en NVG, asb!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.