Aanklag teen KZN-regterpresident teruggetrek

regterpresident-chiman-patel

Regterpresident Chiman Patel. Foto: ukzn.ac.za

Die aanklag van crimen injuria teen Chiman Patel, regterpresident van KwaZulu-Natal, is in die Durban-streekshof teruggetrek, het SABC News berig.

Volgens die berig het Patel Donderdag vlugtig voor waarnemende regter Sharon Marks verskyn. Staatsaanklaer Barend Groen het aan die hof gesê dat hy deur die provinsiale kantoor van die nasionale direkteur van openbare vervolging opdrag gegee is om die aanklagte teen Patel terug te trek.

Groen het gesê hy is nie ingelig op watter gronde die aanklagte teruggetrek word nie. Patel se regsverteenwoordiger het aangevoer dat die besluit om Patel aan te kla nie op eerlike bedoelings gegrond was nie maar ten doel gehad het om te verneder en soos ʼn krimineel te behandel.

Marks het beveel dat die transkripsie van die hofverrigtinge ondersoek moet word en dat sy self ʼn klag by die nasionale direkteur van openbare vervolging sal indien.

Patel is van crimen injuria aangekla nadat hy glo sowat ʼn jaar gelede ʼn vroulike hofklerk aangespreek het, wat glo nie haar pligte doeltreffend uitgevoer het nie. “Ek gaan nie ondoeltreffendheid in die hooggeregshof duld nie. Ek wil hê hofverrigtinge moet behoorlik verloop,” het hy destyds aan die media gesê oor sy besluit om die klerk aan te spreek. Meer besonderhede oor die omstandighede wat tot die voorval gelei het, is vaag.

Crimen injuria is die wederregtelike en opsetlike, ernstige aantasting of skending van ’n mens se persoonlike waardigheid of privaatheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

As die werk nie reg gedoen word nie moet dit aangespreek word, natuurlik onder regte omstandighede/plek ens, waardigheid speel n rol maar moet nie as verskoning gebruik word as jy onbevoeg/laks is om die taak te verrig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.