Aanklag teen Tim Noakes: Besluit bekend

Prof. Tim Noakes. Foto: Facebook

ʼn Onafhanklike paneel van die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) het prof. Tim Noakes onskuldig bevind op aanklagte van wangedrag.

Die paneel het onder meer bevind daar is nie bo redelike twyfel bewys dat Noakes hom aan wangedrag skuldig gemaak het nie. Daar is ook nie bewys dat daar ’n dokter-pasiënt-verhouding was nie.

Noakes, die voorstander van die veelbesproke Banting-dieet, is deur die Suid-Afrikaanse Dieetkunde-vereniging (Adsa) daarvan beskuldig dat hy “ongewone raad” op sosiale media gedeel het. Dit nadat hy ʼn ma aangeraai het om haar baba met ’n laekoolhidraat-, hoëvet-dieet te speen.

Noakes het intussen in ʼn verklaring die RGBSA se uitspraak verwelkom. “Hierdie uitspraak het verreikende gevolge vir elke Suid-Afrikaner aangesien dit ʼn seël van goedkeuring is vir die laekoolhidraat-, hoëvet-dieet wat ons voorstaan.”

Noakes het gesê hy het die geveg namens alle Suid-Afrikaners gestry. “Nou weet julle die waarheid: Dat julle 50 jaar lank verkeerd ingelig is. Dit is die geval met almal van ons en die gevolge daarvan op ons gesondheid is ingrypend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Dalena Coetzee ·

Dankie Tim Noakes dat jy hierdie geveg teen die ‘establishment’ enduit geveg het. Die kleinlikheid van jou vervolging en die vermorsing van kosbare tyd en geld in die proses om jouself te verdedig, is betreurenswaardig. Dis nie die enigste front waar die publiek mislei word nie. Selfs op kinderprogramme word liedjies gesing oor hoe goed suiker vir kinders sou wees, om nie te praat van programme en geleenthede vir die bekamping van borskanker waarin ‘kolwyntjies’ die ‘hoofrol’ speel. Die dieet vir ‘n gesonder lewe is baie eenvoudig: Vleis van vrylopende diere en pluimvee, eiers, groente, vrugte, bone en growwe graan wat nie geneties gemanipuleer is nie en sonder enige byvoegings soos wat ons in pakkies, blikkies en bottels te koop kry.

nettie ·

Ek is nie seker of jy weet wat Banting leefwysse beteken nie

Daan Erasmus ·

Ek hoop iemand gee daai x x x wat die klag gelê het ‘n (mond vol) Sy moet aangekla word van onprofessionele optrede.

Varkie ·

Ja jong jy krap in die verkeerde slaai as jy vir iemand se hulle is dik en eet verkeerd. Se dit vir iemand se baa/kind dan die hel eers los hehe, moet se sy plan werk goed, hoekom nie meer dit gebruik nie weet nugter aleen

Piet ·

Ek hoop hy het die saak met koste gewen. Een wat die hof se tyd met sulke twak mors soek eintlik net aandag. Mens het mos ook jou eie verstand gekry om self te besluit of jy n dieet wil volg of nie.

Vienna ·

Baie geluk Prof en baie dankie, Banting het my/ my familie en baie vriende se lewens verander !

Jakoba ·

Ek is ‘n trotse Banter. Baie geluk Prof ons is trots op jou en met jou oorwinning.

Johann ·

As ek reg het, is die Bantingsaak, wat ‘n aparte hofsaak saak is, nog aan die gang, hierdie klagte het gegaan oor sy twiet. Hy sal nie gou weer twiet nie.

Rudy ·

Ek is bly die RGBSA (nie die hof nie Piet) het sinvol beslis. Professionele jaloesie is een van die hoofoorsake van verkrompte denke en positiewe verandering. Die een wil nie hê die ander moet “beter” of met iets “nuut” voor ‘n dag kom nie. Die onderlinge geveg tussen die “dokters” en “nursies” gaan al vir jare aan. Pleks dat elke skoenmaker hom/haar by sy eie lees hou.

Alida ·

Ek self eet enigiets maar my kinders is op banting en ek eet heerlik saam. Lekker ryk en lekker.

Pieter Claassen ·

Noakes sê ons is vir 50 jaar verkeerd ingelig. Hy is een van die wat ons so verkeerd ingelig het vir baie jare. Ek het vir jare sy raad gevolg en VERKEERD geëet soos wat hy hier erken. Ek dink niks van hom sedert hy op die “banting wagon” geklim het nie

johnnie ·

Miljoene mense sterf van honger en rykes baklei oor kos,pateties om die minste te se.

Magaretha van heerden ·

Liewe Prof. Ek is so bly. Ons het die saak probeer volg en besef dis weer een of ander dieetkundige wat aandag soek. Ons het begin met gebruik van room en botter en ek het my cholesterol laat toets Geen probleme! Vind ook dit help teen hongerpyne. Ja ek is nog nie n suksesverhaal met dieet nie maar ek sien die meriete daarvan. Ek hoop my wilskrag word beter.

Theo ·

Tim Noakes dra ‘n boodskap van ‘n lewenstyl wat reeds jare gelede in oorsese lande laat maar is weens gesondheids gevare. Banting help hartvatsiekte, diabetes en verskeie tiepes kanker aan.

Boerseun ·

Beste Theo …… Jou mediese kennis blyk beperk te wees. Absolute onsin dat die Banting dieet hartvatsiekte, diabetes en kanker aanhelp.

zebra ·

Iemand wat vir n na we sy moet haar baba speen is onkundig!! Borsmelk is die optimale voeding vir babas!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.