Aanklag van moord geëis ná 2 in gru-botsing sterf

Die ongelukstoneel (Foto: Verskaf)

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Woensdag ʼn beroep op die owerhede gedoen om die jong man wat “ʼn luukse Duitse sedan in Vereeniging laat verongeluk het” van moord aan te kla.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het Maandagoggend in Houtkopweg in Vereeniging, Gauteng, plaasgevind.

ʼn Video van die oomblikke voor die ongeluk waartydens die twee passasiers die bestuurder van die motor aanpor op nóg vinniger te ry, is intussen op sosiale media rondgestuur. Nie een van die insittendes dra ʼn veiligheidsgordel nie.

Simon Zwane, woordvoerder vir RTMC, het gesê dit word beweer dat ʼn BMW M4 betrokke was in ʼn resies met ʼn ander voertuig kort voor die bestuurder beheer oor die motor verloor het en teen ʼn boom gebots het.

“Die bestuurder is op die toneel in hegtenis geneem en het Maandag in die hof verskyn op aanklag van bestuur onder die invloed van alkohol en strafbare manslag,” het Zwane gesê.

Makhosini Msibi, uitvoerende hoof van RTMC, het gesê dié ongeluk demonstreer hoe jong mense versuim om verantwoordelikheid vir hul eie en ander motoriste se veiligheid te neem wanneer hulle eers agter die stuur van hul vinnige motors inskuif.

“Elke naweek begrawe ouers hul geliefdes wat sterf as gevolg van opsetlike, onaanvaarbare en onverantwoordelike gedrag van bestuurders wat die reëls van die pad minag. Dit moet end kry.”

Volgens Msibi is daar bloedmonsters van die beskuldigde geneem vir analise en doen die RTMC nou ʼn beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om die aanklag van strafbare manslag na moord te verander indien daar vasgestel word “dat die bestuurder van die voertuig ten tyde  van die ongeluk onder die invloed van drank of ʼn ander middel was”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johnnie ·

Ek stem met die aanklag van moord hulle moet dit begin doen met al die bestuurders wat onder die invloed van drank bestuur en ander se dood veroorsaak.

LouE ·

Dis ongelukkig nie so maklik nie. Niemand kan sommer net besluit dat dit moord is nie. Moord het ‘n defenisie wat vir donkie jare staan. Dit bepaal dat die persoon wat die moor pleeg OPSET moet hê. Hy moet dus iemand anders opsetlik doodmaak. As jy nalatig is en iemand gaan dood is dit nie moord nie. Dis strafbare manslag. Selfs as jy roekeloos is en iemand gaan dood is dit nie moord nie, omdat jy nie iemand anders OPSETLIK doodgemaak het nie. Ons moet by die defenisies bly omdat ons opgevoede en beskaafde mense is. As jy dit oorboord wil gooi waneer dit jou pas, kan jy net sowel met ‘n boksie vuurhoutjies en ‘n tyre begin.

Sarel ·

As mens drink en dan in ‘n kar klim maak jy ‘n besluit om onder die invloed iemand dood te ry want jou bedoeling is beperk en beinvloed. Daarom is dit moord as mens dan iemand doodry. n IOngeluk is ‘n ongeluk maar as jy weet dat jy nie mag drink en bestuur nie (almal weet dit) weet jy dat jy iemand kan doodmaak agv jou toestand, so jy weet jy kan moord pleeg as iemand agv jou ongeluk sterf so dis reg kla vir moord aan diehele lot.
slimpraatjies is wat die land het waar dit is, onbeskaafd…. mens sien dit oral waar jy gaan, onbeskaafd. Roekeloosheid is iets wat ‘n regdenkende mens weet kan tragedie veroorsaak, so as jy weet, dan is dit moord.

Sarkasties ·

Jy ken duidelik nie die strafproseswet nie.
Om vir moord skuldig te wees, moet al drie elemente teenwoordig wees. Een van die elemente is “die doel om iemand se lewe te neem”.
Hulle kan nie aan moord skuldig bevind word nie, hoogstens strafbare manslag (wat darem dieselfde tipe vonnis kan kry)…

Hanna ·

Kla hulle aan, maar wat gebeur verder met hulle net mooi niks

christa ·

jonges met sulke motors het gewoonlik nie daarvoor gewerk nie, maar by die ryk ouers gekry. Kinders waardeer net iets waarvoor hulle gewerk het en sodoende weet waar geld vandaan kom.

koos1 ·

Ry ek mos vandag op die R21. Kom ‘n silver minibus by my verby teen seker 170km/h. Na ‘n rukkie sien ek ‘n voertuig wat die bussie volg, en hoe hulle kort kort mekaar van die pad probeer druk. Ek merk die voertuig is ‘n SAPS voertuig met ‘n Polisie beampte agter die stuur, wat duidelik die minibus wil voorkeer, maar elke keer ‘n tekort aan krag en/of spoed het. Dan ry hulle bitter vining en dan weer stadig. Die bestuurder van die minibus het duidelik geen respek vir wet en orde nie. Net toe dit lyk asof die SAPS lid die minibus gaan stop, jaag die minibus by ‘n afrit af en is weg. Aan die bestuurder van daai minibus, jy stel nie net jou eie en jou passasier se lewe in gevaar nie, maar ook elke padgebruiker. Vir jou lewe voel ek nie veel nie, want as jy wil jaag soos ‘n maniak moet jy maar die gevolge dra, MAAR ek is ‘n pa met 2 jong kinders. JY HET NIE DIE REG OM MY KINDERS VAN HULLE PA TE ONTSE NIE! Ek hoop jy lees dit en dink aan jou simpel optrede vandag, en leer daaruit asook aan die bogenoemde berig.

Pads ·

en iemand anders gaan weer miljoene kry van die padfonds af.

Peet ·

Mense kom te maklik weg met strafbare manslag.Die straf op strafbare manslag moet swaarder gemaak word in die geval van dronk bestuur en onverskilligheid.

Kobie ·

Omtrent 4 jaar terug het my twee kleinkinders en twee vriende by ‘n vulstasie vir hul ma gewag om hul op te laai. Hul het ‘n sportmotor bewonder. Die bestuurder, ‘n jong man in sy vroee twintigs, nooi hul toe vir ‘n “spin”. Hul twee vriende (std 8) het alreeds ingeklim en toe hul ma daar opdaag en vir hul se sy gaan dit nie toelaat nie. Sy kon nie hul twee vriende oorreed om nie saam te ry nie. Nodeloos om te se die video wat hul een vriend geneem het tydens sy rit het toe gedui op hoe spoed en hoe die bestuurder beheer verloor om ‘n draai. Dit was in Nelspruit. Hul een vriend se laaste video wat hy kon neem. Hy en die bestuurder is opslag dood. Ten spyte van veiligheidsgordels is die vriend gordel en al uitgeslinger met die impak. Dank die Here my twee kleinkinders het nie die rit meegemaak nie.

Gerhard ·

Kyk wat het met Hugo Lloris in Engeland gebeur nadat hy skuldig beving is aan dronkbestuur (Wereld in Foto’s hiernaas). En daar is nie eers iemand beseer of dood nie….

Daar doen die verkeersbeamptes hulle werk en aanvaar nie omkoopgeld nie.

Santie ·

Ek dink as jy willens en wetens gespuit agter ‘n stuurwiel inklim, is jy reeds van jou wysie af. Jy weet tog jou oordeel en reaksies is baie swakker as wanneer jy nugter is. As jy dan nog jaag by die dronk sit, beteken dit mos dat jy heeltemal gek. Die kanse is feitlik 100% dat daar ‘n ongeluk sal kom. Die pyn en smart wat gevolg word na so ‘n ongeluk, is onbeskryflik. En as jy dan daarna nugter word, en besef jy het iemand anders se dood of gesondheid gekos ,moet jy maar die punch vat. Jy moet swaar gestraf word. Want dit word nie uit onkunde gedoen nie.

thelsa ·

Die Wet ? Wat is dit ? Wie steur hulle nog daaran in Suid-Afrika ? Van die Parlement regdeur tot by Jan Alleman is die wet volgens die Suid-Afrikaanse norme maar net ‘n ‘rumour’. Ons rasionaliseer met elke oortreding wat begaan word. Hierdie goed begin by die klein dingetjies soos stop by ‘n stopstraat; parkeer op aangewes parkeerplekke en nie op ‘n sypaadjie as jy ‘n 4×4 het nie; moenie op sperstrepe verbygaan nie; mag nie motor bestuur onder invloed van drank nie; spoedgrens moet gehandhaaf word al is jou kar gemerk 280km/u.
Dis die klein goedjies wat tel ouens. Ons moet onsself begin dissiplineer en nie verwag die Staat of een of ander wetstoepasser dit moet doen nie.
Is dit wat jy jou kinders leer ? Maak soos jy wil sonder om reëls te gehoorsaam en as jy dan oortree en uitgevang word, hanteer ons dit dan daarvandaan of ons sal ‘n goeie rede vind hoekom jy dit gedoen het. Huh ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.