Aanklag van moord teen Suid-Afrikaanse ma laat vaar

facebook-picture-of-gary-clarence

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaanse ma wat daarvan beskuldig word dat sy haar drie jong gestremde kinders in Engeland vermoor het, gaan nie meer op aanklag van moord vervolg word nie.

Die Press Association in Engeland het Maandag berig Tania Clarence (42) het reeds skuldig gepleit op aanklag van strafbare manslag met “verminderde aanspreeklikheid”. Regter Sweeney het dit Maandag tydens haar verhoor in die Old Bailey aanvaar.

Haar kinders, die vierjarige Olivia en driejarige tweeling, Ben en Max, is tussen 20 en 23 April vanjaar oorlede.

“Dit is duidelik uit die bewyse dat Clarence haar drie kinders versmoor het omdat sy hul lyding tot ʼn einde wou bring,” het staatsaanklaer Zoe Johnson gesê. “Sy kon tydens die voorval nie aan ʼn ander uitweg of oplossing dink om hul lyding te verlos nie.”

Clarence, wat nie in die hof was nie, gaan na verwagting op 14 November gevonnis word.

Die polisie is op 22 April na die gesin se vyf slaapkamer huis in Thetfordweg in die welgestelde voorstad New Malden ontbied waar hulle op die kinders afgekom het. Die kinders is op die toneel dood verklaar. Clarence wou na die voorval selfmoord pleeg.

Al drie die kinders het aan spinale spierdistrofie gely. Die siekte, wat ook as “floppy baby”-sindroom bekend staan, veroorsaak dat kinders nie beheer het oor hul bewegings nie en hul lewensverwagting word drasties beperk.

Lees alle vorige berigte oor Tania Clarence.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

nic van rensburg ·

‘n Mens kan seker die vrou gemaklik oordeel, sy het per slot van sake kindertjies se lewens geneem.
Spierdistrofie… Vir diegene van ons wat gesonde kinders het, is dit moeilik om jou in haar skoene te plaas. Soos wat Topol tereg gese het in “Fiddler on thr Roof” – “But on the other hand…”

Elize ·

Ek is so bly vir haar. Die wat oordeel kan maar enige tyd plekke met haar ruil en ons sal sien hoe hulle cope..

Elizabeth ·

Dit was die regte besluit van die regter – sy is nie ‘n moordenares in die ware sin van die woord nie. Ek voel vir haar en hoop sy kan vrede in haarself vind.

Nina ·

Ek is regtig bly vir haar en haar familie se onthalwe dat die staatsaanklaer simpatiek is. Ek dink dis ‘n verskriklike situasie wat mense fisies en geestelik uitmerge.l (Die siek kindertjies, meen ek.)

Leonie ·

Siestog bly vir haar, dit kon nie maklik gewees het vir hulle nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.