Aanklagte by polisie teen Jacques Pauw ingedien

Jacques Pauw antwoord vrae tydens die bekendstelling van The President’s Keepers. Foto: Twitter via @ExclusiveBooks

Die Staatveiligheidsagentskap (SVA) het strafregtelike aanklagte teen Jacques Pauw, die skrywer van The President’s Keepers, aanhangig gemaak.

Brian Fikani Dube, woordvoerder van die SVA, het aan Maroela Media bevestig die aanklagte is Woensdag aanhangig gemaak. “Die aanklagte hou verband met die oortreding van verskeie artikels van die Wet op die Intelligensiediens,” het Dube gesê.

Dit volg nadat die SVA vandeesweek ʼn tweede brief aan Pauw gestuur het waarin hulle eis dat The President’s Keepers onttrek en die verspreiding daarvan gestaak word. Die SVA voer aan daar is talle feitefoute in die boek en dat inligting wat in die boek onthul word “nasionale veiligheid bedreig”.

Jacques Pauw teken boeke tydens ʼn kragonderbreking by die bekendstelling van The President’s Keepers. Foto: Twitter via @ExclusiveBooks

Sommige van die bewerings in die boek sluit in dat pres. Jacob Zuma tydens die eerste paar maande van sy presidentskap ʼn salaristrekker was by Royal Security en ʼn maandelikse salaris van R1 miljoen ontvang het. Hy het na bewering ook versuim om belastingopgawes tydens die eerste paar jaar, in sy amp as president, in te dien.

Willem de Klerk, Pauw se regsverteenwoordiger, kon nie Donderdagmiddag vir kommentaar bereik word oor die jongste verwikkelinge nie.

Pauw het Woensdagaand tydens die boek se bekendstelling by Exclusive Books in Hyde Park ontvangs van die tweede brief bevestig. Die SVA het reeds op 1 November ʼn brief aan Pauw en NB Uitgewers gestuur om te eis dat die boek onttrek word. Die SVA het in die brief gesê hy sal ʼn hof nader om ʼn interdik te bekom teen die verspreiding van die boek.

NB Uitgewers het hierop gereageer deur te sê dat die boek nié onttrek sal word nie en dat dit die SVA vry staan om verdere regstappe te doen.

ʼn Skare mense by die bekendstelling van The President’s Keepers. Foto: Twitter via @ExclusiveBooks

ʼn Roofkopie van die boek word sedert verlede week wyd versprei. Pauw het in reaksie hierop gesê indien ʼn leser die roofkopie in die hande kry, maar kan bekostig om die boek te koop, sal hy hulle aanmoedig om wel die boek op wettige wyse te koop. “As jy nie ʼn boek kan bekostig nie, lees dan die roofkopie, jy het my blessing,” het hy gesê.

ʼn Groot skare mense het Woensdagaand die bekendstelling van The President’s Keepers bygewoon en ondanks ʼn kragonderbreking steeds langer as twee uur in rye gestaan om die boek te koop. Daar word wyd bespiegel dat die kragonderbreking nie weens ʼn tegniese fout was nie, maar ʼn poging om die boekbekendstelling in die wiele te ry.

Exclusive Books het in reaksie op die bespiegeling gesê ʼn ondersoek na die voorval is aan die gang en hulle is vasbeslote om die ware oorsaak van die voorval vas te stel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Mielie ·

Hy gaan seker nou gearresteer word en vir “veiligheidsonthalwe” veilig bewaar word….

Eish ·

In my gebede sal ek aan Jaques dink. Mag hy krag en genade ontvang in die tyd en mag die waarheid seëvier. Wag vir nuwe oplaag dan kry ek my kopie.

christa ·

hoekom word daar nou aan Nasionale veiligheid bedreiging gedink. word daar daaraan gedink voor die tyd

Johanna Botha ·

Wel hulle moet hof toe en die teendeel kom bewys …..not gona happen !

Piet Pompies ·

Die man is bekend vir sy ondersoekende joernalistiek en het al baie sake aan die publiek openbaar. Sowaar ‘n man wat nie bang is om die waarheid te openbaar. Wel gedaan en alle sukses met die boek

ne ·

Baie dankie Jacques Pauw!!!!! Ons is trots op jou, al was daar kastig ‘n krag onderbrekeing! Die staat het baie om weg te steek. Natuurlik sal hulle van alle kante teenstand bied. Dankie dat jy ons op hoogte hou oor KORRUPSIE! Mag jy in die toekoms ook Jan Publiek inlig oor wat in ons VROT land aangaan…..

Johan. H. ·

Staataveiligheid se g.t. Jaques ! jou yster slaan hulle hard , die waarheid maak tog seer..

Alida ·

Ag siestog al maak hulle hom nou dood soos hulle dreig, die boek is uit en klaar. Sy navorsing studie en bewyse is veilig gebere op n paar plekke. Mooi Mnr Pauw.

Justice ·

Beslis word nasionale veiligheid bedreig – Zuma is soos `n ongeleide balistiese missiel.

Nita ·

Vir watter land het hy gespioeneer op SA? Hoe bring hy die staat se veiligheid in gedrang? Hy tree in belang van die volk op, deur korrupsie verder oop te vlek. As die regering dit regkry om sy mond te snoer, is die pad wawyd oop vir verdere vergrype.

Beer ·

Soos met alles maar sal die waarheid uitkom en sal Zuma en sy trawante se skelmstreke en bedrog op die wasgoedlyn gehang word vir almal om te sien. En ons vermoede dat Zuma eintlik net nog ‘n bedrieer is wat in ‘n posisie van mag beland het en sy posisie niks met statuur, kundigheid of leierskap te make het nie bevestig word. Maar wag …….korrupsie bestaan mos nie in Afrika nie dis eintlik ‘n westerse konsep…..???

Adrian ·

As hul jou boek wil verban publiseer die hele boek in al die koerante dan kan almal in die land dit lees tot in die Soweton

JCS ·

Watter Nasionale veiligheid? Ooo die Zuma napraters! Ons het lankal nie meer nasionale veiligheid, valke, polisie nie. Vir elke Zuma-naprater is daar 100 wat die ware feite ken. Dankie Jacques dat jy namens hulle praat.

Besemryer ·

As ek reg gelees het op News24 word ‘n saak ondersoek deur die ‘Hawks’ waarin daar gekyk gaan word na die “whistleblowers” wat dievertroulike inligting uit laat lek het en nie ‘n saak teen die skrywer as sulks nie.

Robert ·

As die whistle blowers almal uitgehaal word dan bly net die crooks oor, dan gaan die poppe dans. Iemand het vandag, tydens ‘n lesing wat Zuma gegee het, vir hom gesê hy is die grootste culprit vir rede hoekom die mense so negatief van die land praat.

Jacques venter ·

My broer se African Grey, sê al vir n geruime tyd Gupta Gupta Gupta, omdat hy dit so dikwels oor die radio en tv hoor.

Snaaks dat Shaun Abrahams nog nie die naam gehoor het nie

Marisa ·

As dit Amerika was, was Jacques Pauw nou ‘n held. En daar sou geen manier wees waar hy aan bande gelê sou word nie.

JohanL ·

Die SSA het 2 opsies gehad – as die boek vol leuens is, was die saak seker meer in die lyn van “crimen injuria”. As die boek vol waarhede is, dan erken die SSA daar het sg geklassifiseerde inligting uitgekom en dan kyk mens na ‘n klagte waar die Intelligensiewet oortree is. Mens kan op grond van die logika seker ‘n afleiding maak dat alles in die boek dus die waarheid is.

As so iets in VSA op die lappe gekom het, het die hoof van die CIA lankal bedank en die president van die VSA sou sekerlik tot verantwoording geroep gewees het (indien hy nie ook sou bedank het nie). Maar in SA gebeur alles altyd “anders”. Ons korrupte vervolgingsgesag en regstelsel sal die “klaarblyklike skelms” beskerm.

Geen twyfel by my dat die boek deurspek is van waarhede nie.

SP ·

Mag Zuma, en die hele ANC sy/hulle “jack” sien sonder ‘n spieel! Die begin van die einde. Die verdrukte het verander in die verdruker!

Andre ·

Hahaha, Zuma raak bekommerd. Jou dag gaan kom en ek kan nie wag nie!

Hoe so? ·

Kyk ek het nie tyd vir die man nie maar vreemd hoe sy inligting NASIONALE veiligheid bedreig maar nie sy opruiende sang van hoe wittes/boere doodgemaak moet word nie (daar word talle videos daaroor versprei) sowel as die EFF en BLF se blatante doods en oorlogsdreigemente teen die wittes nie .. Hoe bedreig sy feite nasionale veiligheid maar nie die AANHITSING tot geweld en moord op ‘settlers’ nie? ZUMA gaan niks oorkom nie, al verkoop Pauw 2 miljoen kopiee van die boek.

Theo ·

Ek hoop daar sal nog baie vrystellings wees oor die korrupsie in die land.Jy kan dit vergelyk met n termiet nes van korrupsie wat besig is om die fondasie van die land weg te vreet.

Jim Goetze (België) ·

Nadat ik het boek van Pauw gelezen heb, vrees ik dat Uw republiek afglijdt naar “afrikaanse” toestanden !
jim

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.