Aanklagte teen Gordhan en kie laat vaar

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan. Argieffoto

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak dat die aanklagte teen Pravin Gordhan, minister van finansies, laat vaar is.

Adv. Shaun Abrahams, hoof van die NVG, het gesê die vorige besluit om Gordhan en twee medebeskuldigdes aan te kla, is hersien. Volgens Abrahams het hy sedert sy aanstelling al verskeie besluite hersien.

Abrahams het op 11 Oktober tydens ʼn mediakonferensie aangekondig dat Gordhan, Ivan Pillay, gewese adjunkkommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en Oupa Magashula, kommissaris van die SAID, van bedrog aangekla sal word en op 2 November in die hof moet verskyn.

Hy het tydens die mediakonferensie verduidelik hoekom daar aanvanklik besluit is om die drie aan te kla. Pillay en Magashula het hierna vertoë gerig en versoek dat die besluit hersien word. Gordhan het nie vertoë gerig nie. Die Helen Suzman-stigting en Freedom Under Law het intussen ook regstappe geneem om die besluit ter syde te laat stel.

Volgens Abrahams het hy na Magashula en Pillay se vertoë en verdere ondersoek besluit om die saak te laat vaar. Hy het gesê hy is tevrede dat die drie nie die bedoeling gehad het om ‘n misdryf te pleeg nie.

Die aanvanklike aankondiging dat Gordhan aangekla gaan word, het plaaslik en internasionaal skokgolwe veroorsaak.

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Toki Scura ·

Ek sou reken dat die man aangekla word agv die enorme skade wat hy die ekonomie aangerig het. Willens en wetens

Ronnie ·

En daar vang slim Shaun Abrahams sy eie baas! Ons het geweet dat jou kite nie gaan vlieg nie, ou maat.

Chrisna Botha ·

Ek is eintlik so spyt dat hierdie bangbroeke die sake teruggetrek het – sou graag wou hoor wat alles in hof sou uitkom!

twakkies ·

Het gehoop die ding gaan hof toe. Nou is daar niks om te lees nie. Moet die man nie in die sirkus werk nie? Sorry die hele klomp van hulle met no 1 is een groot sirkus

Johan ·

Kat en Muis……..speletjies met ons belasting geld………en die rand…..

humor ·

Nee, beslis nie hallelu ja nie. Dit sou beter gewees het as die heksejag aan die lig gekom het. Die mense se onkunde en verwaandheid het geen perke nie. Juis hierdie terugtrek van die saak openbaar, bevestig dit dat daar geen, maar geen geloofwaardigheid in die NVG is nie.

Kiepie ·

Maar Adv. Abrahams het dan gesê die dae waarin mense hulle nie aan die NVG steur nie is verby. Geen wonder niemand neem hulle ernstig op nie.

nieBAFUnie ·

Piesangrepubliek by uitstek. Abrahams onderhewig aan politieke druk want hy is ‘n politieke lakei.

Anoniem ·

Glad nie n verassing nie. Nou moet net lakei van nr 1 Shaun Abrahams die trekpas kry met natuurlik n goeie handruk vir dienste gelewer. Wat n joke.

Ouma ·

Vra ek jou; -Met trane in my navy-blue eyes! Weer miljoene die wind in!

corrie ·

Ai wat ‘n jammerte dat die sepie nou so moet eindig . Hoe lank sal ons wag vir ‘n opvolg daarvan, n dag, n week, n maand, wie weet? nie eers ou Shaunie weet nie. Die man doen glo net sy werk.

van der Merwe ·

Duidelik het dit gebeur omdat hulle is bang vir wat in hofsaak kon uitkom!

Mooi so ! benoude katte maak benoude spronge . . .

Wonder wat met oom Zuma se aansoek gaan gebeur.

Speedguard ·

Ek kan nie die eerste woord se nie maar ek weet verseker die tweede woord is …………….all !!!

Gert ·

Ek wonder wat het hy gekry om sy naam so met ʼn plank – boom in hierdie geval – te slaan. Ek wonder ook wat hy bedoel met ‘nie die bedoeling gehad het om ‘n misdryf te pleeg nie’ Hy verstaan dus nog steeds nie dat daar nie ʼn misdryf gepleeg is nie. Al wat hier dryf is hy en sy narre-organisasie saam met die puppet master wat hulle toutjies trek

pieter ·

Hoop nou hy kyk na die Agbare Zuma se sake en doen iets daaraan as hy sy sout werd is en sommer al die skem ANC lede.

LOUIS ·

Gordhan jy het nou die go ahead gekry om die Guptas en ons president se besigheid op die lappe te bring.
Madonsela se verslag hoef nie deur haar bekend gemaak te word nie want jy het alles al klaar

Petro ·

Het nou skielik bang geword omdat daar besef is hierdie is ‘n klug spul, was in angs en bewing.

Banana Republic ·

Het so gedink, julle het nie eintlik iets teen hom gehad nie, dit is maar net ‘n ou skrikmakertjie gewees vir ingeval hy nie doen wat julle in die toekoms sê nie. Julle het al die geloofwaardigheid wat julle nog gehad het verloor. Ek glo Mnr Gordhan is verlig, dit kon ‘n lang uitgerekte onnodige ou uitgawetjie geraak het.

Gert ·

Dink die NPA afkorting se betekenis het verander . Is nou die National Puppet Association

CAV ·

Ek is bly dit het gebeur. Die hele affere is n groot verleinthied vir SA – en dit onderleiding van JZ
Ek dink ook Gordan weet baie meer, en kan die hele gespul aan die pen laat ry as hy wil

Koos1 ·

En weereens kom Nr. 1, wat die toue trek skotvry daarvan.
Ek sidder om te dink wat sy volgende move gaan wees? Kabinet skommeling?
Ek hoop ons gaan ‘n punt bereik dat niemand meer na sy pype gaan dans nie, want hy gee poste soos sweets uit en verwag die ontvangers daarvan moet hulle name vergat om home te beskerm.
Dink bietjie aan , Shaun Abrahams, Riah Phigega, Bheki Cele, Des van Rooyen, en so gaan die lys aan en aan.

louis heydenrych ·

Wat is volgende , ?? Belaglik wat in ons land aangaan

Gert ·

Hogwash en Kuifie behoort voor die einde van die jaar nuwe aanklagte geformuleer te hê teen Gordhan. Puppetmaster sou teen daardie tyd aan iets nuuts gedink het. Hogwash gaan dit eers ontken en 2,5 ure later sal Kuifie op ʼn mediakonferensie die teendeel aankondig. Bly my toutjies word nie so getrek nie

Gideon ·

Hoe mal is hierdie mense!! Geld is gemaak, nou word saak teruggetrek!!

jaco ·

Korttermynskade aan die Rand word seker afgeweer, maar daar is reeds soveel skade aan die ekonomie gedoen wat amper onherstelbaar is. En al hierdie grootkoppe wat die toutjies trek en net meer skade se salarisse is saam met dié van ALLE parlementslede SO reusachtig groot dat self R30 vir 1 liter petrol heel gemaklik vir hulle bekostigbaar sal wees.

stev ·

Dis goed om dit lees, Maar ek glo nogsteeds dat daar is dinge wat agter die skerms gebeur het en die was met ‘n doel gedoen om die rand met opset te verswak. ‘n paar R100mil vir my en jou is ongelooflik baie, maar vir hulle is dit niks. As jy bv. R200mil vat voor die saak aangekondig was (9Oct ), USD gekoop het, en dan jou USD verkoop het teen bv. die 12de, het jy vinnig so R10mil gemaak. Daai is ‘n makilke afkoop geldjie vir ietsie of iemand, en jy sou nie, ‘n sent verloor nie.

bakoor ·

PRAVIN vir President mat THULI 2de in beheer dan kan SA blom

christa ·

Vir seker stem ek saam met bakoor ons sal die beste wees in die wereld.

Johan ·

Dit is baie duidelik dat Shaun Abrahams n skoothondjie van Zuma is en dat hy geen entegriteit het nie, Ons het nie in die nuwe Suid Afrika sulke gatkruipers nodig nie,

Johan ·

Ek dink ek moet vir Abrahams dagvaar vir die verliese wat ek op die aandelebeurs gely het.Hy neuk mos rond saam met sy grootbaas Zuma.

Speedguard ·

Ek stem 100% saam , dit is niks anders as ekonomiese terrorisme nie, hulle vernietig ons !!

Callie van der Merwe ·

Hoop nie die nar kom weg met dit nie? Veral omdat hy sê hy dink nie hulle wou met opset verkeerd opgetree het nie! Arogansie en eintlik net n ou “siestog” mannetjie wat gespeel word deur No 1.

Alida ·

Die aanklagtes moes nooit eers daar gewees het nie. Dit gebeur as swape dink hulle is slim.

Buitestandert ·

Ek sou baie graag wou hê dat Abrahams sou aangaan net die aanklag en dat die volle waarheid uit moes kom. Dan kan almal die deursigtigheid van die saak sien.
Sodra Nr. 1 bang raak vir die deursigtigheid van ‘n saak dan moet dit nou ewe skidelik on der die mat in geveë word. dit was ‘n lekker weerlig afleiere van NR. 1 se eie aanklagte en sake teen hom. hy moet nog die hof oortuig waarom die OB severslag oor NR. 1 nie openbaargemaak moet word nie.

hoe nou ·

Sekerlik verdien die Abrahams knaap n meriete bonus vir sy goeie werk wat hy doen . Dalk n pos oorsee as ambesade

Vossie ·

Ek reken Shaun Abrahams behoort van Sabotasie aangekla te word. Lyk vir my die hele ding was n voorbedagte plan om SA te saboteur op n finansiele vlak. Dan kan hy maar sy gesange kom sing. As hy sy voorsegger insleep sal dit goed wees dan kan beide van hul in n duet kom sing.

Elna ·

Hoekom moet daar eers groot drama wees en ekonomie seer kry voordat “wysheid “iewers inskop?

Louwrens ·

Elna, omdat die mense nog nooit vooruit kon beplan nie. Hulle kan nie konsekwensies voorsien nie en moet na die tyd probeer kole uit die vuur krap. Kyk maar na Zimbabwe. Mugabe se land is in sy kannon in en dit het alles met plaasbesettings begin. Hy het Zimbabwe se huidige toestand ook nie voorsien nie. Abrahams het ook nie voorsien dat hy met n eier in die gesig gaan staan nie. Wonder net waar is die bravade van nou die dag heen toe ons almal gemaan is om die NVG erenstig te begin opneem….!

Ken ·

Tyd dat die belastingbetalers in die land bietjie besluit hoe dinge moet werk. Ek kan nie glo dat die mense wat die land dra so min invloed het nie. Sonder belastingbetalers stort die totale land in duie, tog as dit by die soort goed kom word die einste belastingbetaler se geld vermors en so gaan dit aan. Regering = geldvermorsing = belasting word opgestoot in die volgende finansiele jaar…. Belastingbetaler wen nooit, regering wen altyd. En so gaan dit aan. Wanneer begin belastingbetalers bietjie die klokke lui in die land wonder ek…..

Henk ·

Abrahams, jy is ‘n NAR! Jy is ‘n verleentheid vir die regstelsel van Suid Afrika!

kat ·

EK PERSOONLIK DINK HY MOET SY GOED PAK EN BOGEROF HY IS NET ZUMA SE SKOON SEUNTJIE LYK EN KLINK DIE SELFDE EK WINDER OF HY OOK NOU GAAN STORT HET SHAME JOU ARME INBISIEL

Fanie ·

Abrahams en Zuma moet aangekla word van hoogveraad teen die mense van Suid-Afrika!!!Wie ly die meeste onder hierdie regering? Nie ek wat gelukkig is om geld te verdien nie dis daai wat niks het wat nou nog minder het!!! Hierdie dom astrante “menere” moet uit ons samelewing verwyder word en hulle moet op ‘n eiland geplaas word waar hulle politieke speeljies kan speel aangesien hulle geen ekonomiese insig of agtergrond het nie en nog minder verstaan ook !!!!

jaco ·

tog vreemd dat abrahams en gordhan nog albei sulke hoë poste het. in terme van HUIDIGE rasseklassifikasie deur die ANC, is die een ‘n kleurling en die ander ‘n Indiër. So albei is in terme van regfstellende aksie eintlik “not black enough” om in daardie poste te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.