Aanklagte teen McBride en kie laat vaar

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag bekend gemaak dat bedrogaanklagte teen Robert McBride, die hoof van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) en twee van sy voormalige kollegas laat vaar is.

Die NVG het in ʼn verklaring gesê die staat sal nie bo alle redelike twyfel sy saak in ʼn hof kan bewys nie en het daarom besluit om die aanklagte terug te trek.

McBride, Matthew Sesoko en Innocent Khuba is aangekla van bedrog en dwarsboming van die gereg. Die aanklagte het verband gehou met die beweerde onwettige deportering van vyf Zimbabwiërs, wat gesoek is vir die moord op ʼn polisieman in Bulawayo.

Opod moes die betrokkenheid van lt.genl. Anwa Dramat, die voormalige hoof van die Valke, by hierdie saak ondersoek. Die staat het vroeër beweer McBride en sy kollegas het glo met die verslag gepeuter om Dramat te verontskuldig.

Die konstitusionele hof het in September bevind Nathi Nhleko, die minister van polisie, se besluit om McBride in verband met dieselfde saak as hoof van Opod te skors, was onwettig en ongegrond.

Die hof het beveel die skorsing moet opgehef word en het die parlement beveel om binne 30 dae te besluit of hulle McBride wil dissiplineer. Die hof het ook ʼn kostebevel teen Nhleko gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Alida ·

Het enigiemand enige vertroue in die NVG? Die hele spul is korrup.

Lance ·

NVG is n joke ! Hulle dink mense is onnosel …toe nie mense sien deur hulle !

Willem ·

Dit is en was nog altyd duidelk dat Zuma selfs in die reg kaderpione aangestel het om sy oneerlikhede te verdoesel.Elke hond kry sy dag,ek hoop syne is baie naby Hoekom was hy nie vandag in die hof nie ek se hy is te bang,want hy sal hom nog verder in sy gemors versmoor.

Justice ·

Abrahams is nou op spoed met al die kwytskeldings – wat gaan by die NVG aan? Jy dink mos voor jy doen – nie anders om nie. Hy kos die land miljarde met sy ondeurdagte besluite en openbare bedrog klagtes.

Dink terug ·

Al is hy verskoon dink ek terug aan Magoo’s Bar se bomplanter, nou reeds 30 jaar gelede en die dood en beserings van onskuldige mense.

Thyskotze ·

Ek dink zuma bly so lank aan bewind om pensioen te genereer vir sy 6 vroue en sy oor die 20 kinders dis die rede hoekom hy so vasklou aan sy amp ek gaan nie meer se nie

neelsie ·

Hierdie glibberige bomplanter kom elke keer skotvry…….verantwoording sal hy doen…..eendag.

foxi ·

Ek het n lang kommentaar gehad! Maar het anders besluit……
Maar een ding sal ek graag wil uiter………ons land word regeer deur SKURKE!!!!!!

alex ·

Vir EEN keer doen McBride die regte ding: hy help verontskuldig Dramat wat ook die regte ding gedoen het om 5 onwettige immigrante (5 van meer as 5 MILJOEN) na Zimbabwe te deporteer. Mag hierdie mense dan net in SA inkom en inkom en is deportasie HEELTEMAL verkeerd?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.