Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag bekend gemaak dat bedrogaanklagte teen Robert McBride, die hoof van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) en twee van sy voormalige kollegas laat vaar is.
Die NVG het in ʼn verklaring gesê die staat sal nie bo alle redelike twyfel sy saak in ʼn hof kan bewys nie en het daarom besluit om die aanklagte terug te trek.
McBride, Matthew Sesoko en Innocent Khuba is aangekla van bedrog en dwarsboming van die gereg. Die aanklagte het verband gehou met die beweerde onwettige deportering van vyf Zimbabwiërs, wat gesoek is vir die moord op ʼn polisieman in Bulawayo.
Opod moes die betrokkenheid van lt.genl. Anwa Dramat, die voormalige hoof van die Valke, by hierdie saak ondersoek. Die staat het vroeër beweer McBride en sy kollegas het glo met die verslag gepeuter om Dramat te verontskuldig.
Die konstitusionele hof het in September bevind Nathi Nhleko, die minister van polisie, se besluit om McBride in verband met dieselfde saak as hoof van Opod te skors, was onwettig en ongegrond.
Die hof het beveel die skorsing moet opgehef word en het die parlement beveel om binne 30 dae te besluit of hulle McBride wil dissiplineer. Die hof het ook ʼn kostebevel teen Nhleko gemaak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
lekker om aan die ANC te behoort as dit by hofsake kom!!!
Het enigiemand enige vertroue in die NVG? Die hele spul is korrup.
NVG is n joke ! Hulle dink mense is onnosel …toe nie mense sien deur hulle !
Hoe meer narre hoe groter die swirkus
Dit is en was nog altyd duidelk dat Zuma selfs in die reg kaderpione aangestel het om sy oneerlikhede te verdoesel.Elke hond kry sy dag,ek hoop syne is baie naby Hoekom was hy nie vandag in die hof nie ek se hy is te bang,want hy sal hom nog verder in sy gemors versmoor.