Aanklagte teen Phahlane en kie teruggetrek

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Die korrupsie-aanklagte teen Khomotso Phahlane, voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris, en sy twee medebeskuldigdes is teruggetrek nadat die staat se aansoek vir verdere uitstel geweier is.

Phahlane het Donderdag saam met sy vrou, Beauty, en die sakeman, Durandt Snyman, in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn.

Landdros Nicola Setshoege het gesê verdere uitstel van die saak sal tot nadeel van die beskuldigdes wees wat daartoe gelei het dat die staat die saak teruggetrek het. Setshoege het gesê die staat het haar nie oortuig dat hy benadeel sal word indien die saak van die rol geskrap word nie.

Die drie beskuldigdes het tereggestaan op ses aanklagte van korrupsie van R900 000 en is ook daarvan beskuldig dat hulle die bepalings van die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite oortree het.

Die Phahlane-egpaar en Snyman, wat in Februarie hul eerste verskyning gemaak het, is toe op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Die aanklagte spruit uit beweerde gunslone wat die voormalige polisiehoof, sy vrou en ander senior beamptes ontvang het rakende die toekenning van winsgewende forensieseverskaffertenders terwyl Phahlane die hoof van die forensiese eenheid was.

Die beweerde gunslone was glo in die vorm van voertuie wat aan die polisiebeamptes vir laer pryse voorsien is, of deur hulle opgeblase pryse vir hul voertuie te betaal wat hulle aan Snyman verkoop het.

Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) beweer die polisieverskaffer, Keith Keating, het die betaling vir die voertuie vir die Phahlane-egpaar deur Snyman se handelaar gefasiliteer. Die voertuie het ʼn Land Rover Discovery 4, ʼn Nissan Navara, ʼn Toyota Hilux 3.0, ʼn Mercedes-Benz C250, ʼn VW Polo en Ford Rover ingesluit.

Die Valke het verlede jaar klopjagte uitgevoer op verskeie eiendomme wat aan Phahlane en Keating behoort. Keating word daarvan beskuldig dat hy duur voertuie aan Phahlane gegee het in ruil vir gunste.

Phahlane is verlede jaar in Junie van sy amp as waarnemende nasionale polisiekommissaris onthef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann ·

Kyk mooi hoe loop sy soort los omdat sy pelle wat hom moet vervolg bloot hulle pelle. pote in reverse sit pleks van hom en sy soort VERVOLG! SKANDE!!!!!

Kapenaar ·

Wonder maar net wat het Landros Setshoege ontvang vir die gebaar…….

zoom zoom ·

Nou wie betaal die man se regskostes. Nou gaan hy seker alles terug kry wat van hom en sy vrou weggevat was.

SjN ·

Ford rover of ranger, registrasie papiere ook seker so vervals.

Kapenaar ·

Wonder maar net wat het die gebaar die landros in die sak gebring………………..

HP ·

hfmmm selfde is besig om te gebeur met die Guptas…. Vervang die NVG en alles mag dalk anders lyk.

Zumie ·

Nou wonder ek…….vang die Valke sonder getuienis of
Weier die NVG om te vervolg met getuienis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.