Aanklagte teen Steve oor ‘rassistiese tirades’

Steve Hofmeyr (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die ANC sal vandag strafregtelike aanklagte teen Steve Hofmeyr aanhangig maak omdat hy volgens dié party vir Zindzi Mandela-Hlongwane, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, en DA-LP Phumzile van Damme met die dood gedreig het.

“Steve Hofmeyr se rassistiese en onmenslike tirades op sosiale media getuig van barbaarsheid, wit heerskappy en giftige manlikheid,” het Pula Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, in ʼn verklaring gesê.

“Sy reeks sosialemediaplasings is minagtend teenoor Mandela-Hlongwane en Van Damme en hunker terug na die kru apartheidverlede – en dit is iets wat geen Suid-Afrikaner behoort te duld nie. Na ons mening is dit aanduidend van wit arrogansie en by uitstek ʼn kenmerkende voorbeeld van wit bevoorregting wat in die kiem gesmoor moet word.”

Steve Hofmeyr het Dinsdag (18 Junie 2019) dié twiet op Twitter geplaas. (Skermskoot: Twitter)

Hofmeyr se twiets wat die ANC so warm onder die kraag het, was in reaksie op ʼn reeks twiets van Mandela-Hlongwane wat die afgelope naweek ʼn storm op sosiale media ontketen het. Mandela-Hlongwane het Vrydag verskeie verdelende, rassistiese twiets op die sosialemediaplatform Twitter met die hutsmerk #OurLand geplaas. Sy het onder meer na wit mense verwys as lafaards en stelende verkragter-afstammelinge van Jan van Riebeeck. “Miss all these trembling white cowards, shem. Botha, Potgieter, Thieving Rapist descendants of Van Riebeck (sic),” lui die twiet.

Die DA, VF Plus en AfriForum het geëis dat daar daadwerklik teenoor Mandela-Hlongwane opgetree word en dat sy teruggeroep word na Suid-Afrika. Die EFF en BLF het op hul beurt haar twiets beaam en gesê hulle ondersteun haar uitlatings. “Geen Afrika-kind moet ooit onderdruk of selfs gedreig word dat hulle hul werk sal verloor omdat hulle die waarheid praat oor grond nie,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

Hofmeyr het op sy beurt aan Mandela-Hlongwane en Van Damme getwiet dat hy ʼn Suid-Afrikaanse belastingbetaler is en dus in werklikheid hulle “baas is”.

“Julle SAL spring wanneer ek so sê en julle SAL vra hoe hoog. En wanneer julle kom om ons lewe en grond te vat, SAL julle doodgaan. Ons kontrak is so eenvoudig soos dit. En moet dit nie vergeet nie,” het hy getwiet.

Mabe sê die ANC sal namens Mandela-Hlongwane ʼn klag van crimen injuria teen Hofmeyr aanhangig maak oor dié uitlatings. “Ons gemeenskappe moet sulke individue ontmasker vir wie hulle is en waarvoor hulle staan. Die ANC doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om mense wat voortgaan om rassisme in ons land aan te blaas, te isoleer,” het hy gesê.

Zindzi Mandela (Foto: Twitter)

“Die ANC het geen simpatie met rassiste nie en ons sal nie huiwer om hul gedrag by die owerhede aan te meld nie, ongeag hul openbare status. Rassiste het geen plek in ons demokratiese land nie.”

Die DA het teen vroeg vanoggend nog geen amptelike woord oor die saak gerep nie, maar Van Damme het aan News24 bevestig dat sy met ʼn regspan beraadslaag en ook klagtes teen Hofmeyr aanhangig sal maak. Sy het in ʼn reeks twiets op Twitter gesê sy kan nie stilbly wanneer sy deur rassiste aangeval word nie.

“Ek wens meer mense kon verstaan, of ten minste probeer verstaan, hoe emosioneel afbrekend dit is om aan rassisme onderwerp te word. Staan op en praat. Praat al bewe jou stem. Praat al moet jy dit deur trane doen. Moenie stilbly sodat ander gemaklik kan voel nie. Jou stem help om rassisme te beveg. Moenie bang wees om dit te gebruik omdat jy ongetwyfeld daaroor aangeval sal word nie. Moenie stilbly nie,” het sy getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

201 Kommentare

Gerhard ·

Ek kry weer die idee hulle wil n voorbeeld van hom maak om enige blanke wat durf klae te wys wat gebeur as jy dit doen. Waarom sal n stelling wat ooglopend niks met ras te doen he nie uitgemaak word as rassisties? Moenie verbaas wees as hy skuldig bevind word nie. Dit is tyd dat blankes bessef hulle sal altyd verdrukte tweedeklas burgers wees in die Nuwe Suid-Afrika.

Z ·

Gerhard jy is reg, dis deel van die ‘projek’. Dit is die voortsetting om alle ‘nie-hoofstroom’ uitlatings van wittes te kriminaliseer. (Kyk hoe die legkaart begin vorm aanneem, Lesufi, ens ens)

(Dalk moet die ANC bietjie op Twitter tyd spandeer, dan sal hulle sien wat werklike verdelende opm’s en aanhitsing tot geweld is)

Laastens – mens mag (uiterste) geweld gebruik teen bv ‘n skedule 1 oortreder, Steve het maar net die punt beklemtoon.

hendrik ·

Hulle gebruik Steve om ons uit te lok tot n fisiese verset en dan het hulle die verskoning om ons te vergruis, en hulle doen dit al vir jare.

Nannie Lombard ·

Een groep mag se en doen net wat hulle wil ander groep mag nie dan is dit rassisties. Is ons nie almal Suid-Afrikaners nie. Hoe op dees aarde moet 1 se twiet eers ondersoek word en ander se tweet word strafe regtelik aangekla. Wanneer stop al hierdie haat en nyd waar trek ons die regering in kluis die Streep. Ons moet iewers begin om te se stop die woord kleur kyk na ons kinders hulle sien nie kleur raak nie. Een groep will net moor en vat hoe moet ander groep dit hanteer stilbly en maar net aanvaar kan mos nooit nie.

De Villiers ·

Daar is geen simpatie vir van Damme, Hlongwane-Mandela, die ANC, DA, EFF, BLF en almal wat in die gesig gevat voel oor Steve se twiet nie. Die ANC het die tafel hiervoor gedek met die rasse polarisasie wat hulle aanhou skep met hul uitsprake, aanslag op Afrikaans en Afrikaanssprekendes, hul skole en erfenisse ens. Voordat hulle iets teen Steve wil doen, moet hulle eers virJulius Malema en die BLF leiers se sake hanteer oor hulle soortgelyke uitsprake in die verlede waarvan daar tot dusver niks van gekom het nie, asook vir Hlongwane-Mandela wat aanleiding gegee het vir hierdie rasse-herrie.
Steve, dankie dat jy weereens bereid is om die waarheid te praat en op te staan vir wat vir ons belangrik is.

Jan ·

Steve is besig om vir hom GROOT moeilikheid te maak.
Leer hy nie uit wat met ander gebeur het nie?

susan strydom ·

Hoekom moet ons heeltyd om verskoning vra en hulle kan ons uitmoor, slegsê, verneder en treiter en hulle stap skotvry weg???? Wanneer wil ons geagte President erken dat die blankes uitgemoor word???????????

GR ·

Ek is geen Hofmeyr ondersteuner nie maar die ANC wil nou kriminele klagtes teen hom le, maar Afriforum en VF+ vra dat Zindzi terug geroep word haal af julle handskoene en le ook ‘n klag teen haar haar twiets is erger as syne.

San ·

Presies!!! Hoekom word daar nie ń klag van rassisme teen haar gemaak nie??

Bert ·

Moet daar nie eers vasgestel word of Steve se twitter dalk gekaap is nie soos die anc se eerste reaksie was by mandela???

Elzabè Meintjes ·

“Moenie stilbly nie” sê Van Damme, maar witmense moet stilbly.

Boetman ·

Daars niks rassisties, onwettigs of verdelend in Steve se Tweet nie. Baie slim saamgestel – wel gedaan!

Barrie ·

Beste Jan ek vestaan nie wat jy bedoel regtig,hoekom moet daar net stilgebly en als aanvaar word ,Steve het bietjie meer guts as ons lafaards.

KaterinaKat ·

Ja ons wit mense verstaan presies hoe emosioneel afbrekend dit is om aan rassisme onderwerp te word. Nou al vir 25 jaar. Ons weet baie goed, Phumzile. Ons weet ook hoe dit voel om gehaat te word, met die dood gedreig te word, en te moet sien hoe ander mense van ons etnisiteit brutaal vermoor word oor hul velkleur. Ons weet hoe dit voel om nie werk te kan kry nie, oor ons velkleur. Vir 25 jaar al, Phumzile. So ons weet Baie goed, dankie.

Gert ·

@K Uitstekend, perfek gestel. Ek het ook gevoel al daardie argumente geld meer vir ons as vir hulle.

Jurie ·

Wie is jy nou weer die Phumzile?Ag jy jouself bo ander.
Shame kom lewe in blanke persoon se lewe vir ‘n dag en dan voel jy hoe dit voel om deur taxi drywers getart en gevloek te word omdat jy wit is voel hoe voel dit om in hearings by jou werk gesit te word omdat jy kwansuis rassisties is voel hoe voel dit om jou geliefdes aan plaasmoord af te staan omdat hulle wit is. Dis tyd dat julle besef die rassisme is swart op wit en nie wit op swart nie.
Julle sal nie rassisme duld nie maar ons moet dit opvreet elke dag. Bel in na enige navrae diens en praat Afrikaans en sien of jy gehelp word en indien hoe jy gehelp word.
Ons het niks met apartheid grondbesit of enige iets deeglik te doen nie. Na 25 jaar is ons slegter af as ooit tevore in alle aspekte van regering en al wat blom is korrupsie. Ons gewone blankes veg om brood op die tafel te sit dan moet ons nog veg vir ons werk blyplek en bestaan. Life has become asurvival for honest hardworking white people.
Anyway nothing belongs to nobody.
THIS LAND IS THE PROPERTY OF CHRIST OUR LORD AND HE IS COMING TO CLAIM HIS PEOPLE AND SORRY TO SAY BUT MOST PEOPLE IN THIS COUNTRY ARE ON THE WRONG PATH.

Leser ·

Jy is reg KaterinaKat, die enigste verskil is dat wanneer hulle dit doen, dan is dit nie rassisme nie. Hulle pas niks anders as rassisme toe nie. Steve het sy opinie gelig na aanleiding van hulle twiets! So nou is hy in die sop oor dit, maar dit wat hulle se oor die wit mense, maak nie saak nie??!?!?! So nou moet ons stilbly? Steve het maar net PRESIES gedoen wat Van Damme ons aanbeveel om te doen in die laaste paragraaf van hierdie berig: “Moenie stilbly sodat ander gemaklik kan voel nie. Jou stem help om rassisme te beveg. Moenie bang wees om dit te bebruik omdat jy ongetwyfeld daaroor aangeval sal word nie”…DUBBELE STANDAARDE!!!!

Leser ·

Ja nee kyk, Steve is dalk verban van DSTV maar hy maak beslis seker hy kry reklame!!! Hoor gaan ons (en hulle) van hom hoor – op DSTV of nie! Ha-ha-ha, ek is mal daaroor!!

Pierre ·

Arie, asb verduidelik vir my wat was verkeerd in Steve se kommentaar, ek is ook mooi keël vol vir al die dreigemente, as die ANC wil iets begin, dan laat dit begin en ons maak dit klaar.

Adk ·

Stem saam met jou Arie oor Steve…..kry n sosial media pro asb

Johan ·

Hierdie Moet die keerpunt wees!!Gaan hulle klagtes teen Mandela maak oor haar Twiets?!Dubbel standaard lafaards!Steve,Vir 20 Jaar pleit die Afrikaners dat jy voltyds toetree,jys altyd huiwerig,DAARS niemand ANDERS Nie!!Ons soek Nie n diplomatieke leier Nie,gatvol Vir hulle!! Ons soek n Trump!!Vir al die lafaard wittes wat hulle nou weer Gaan distansieer en se Steve praat Nie namens ons Nie…daar sal Geen onderskeid tussen julle en julle weet Wie getref word eendag NIE!!

Jaco ·

Ek dink Steve het dit so beplan en die ANC het vir dit geval. Hy gaan nou uitwys hoe bevoor oordeeld die MRK, justisie, openbare beskermer en en en is. Hulle sal net agter n blanke aangaan maar enige hastspraak teenoor wittes word oor die hoof gesien.

Kan sommer die dubbel standaarde in die geval by SNC sien hulle veg teen rasisme maar verdedig Mandela. Die DA het ook eers op die boot geklim na die VF+ begin het met aksie teen Mandela en hulle n geleenthied gesien het vir publisiteit, dis al

Msp ·

Hulle slaan ons met rassisme, moord, verkragting en nog meer maar as ons terug slaan is dit rassisme omdat ons witmense is. Slaan maar, maar moenie tjank as jy terug gebyt word nie.

Hanna ·

Ek stel voor hulle stel eers ‘n “kommissie” aan om te kyk of dit wel Steve se Twitter-rekening is…dis wat met Zindzi Mandela se rassistiese twiets gedoen word so, dis net regverdig om dan Steve s’n ook te “ondersoek”! Snaaks dat een (wit) sanger die hele land so op hol kan jaag, maar die “ander” mag twiet wat hulle wil en dis nooit haatspraak of rassisme nie. Ai…

Leser ·

@Hanna….ha-ha, dit is so waar wat jy se…een wit man…hahahaha!

Guve ·

Dubbelstandaarde, daar is niks soos ni wil hoor ni, ek wens regtig ons kan nt vi n verandering regverdigheid bemeester.

Natan ·

Steve is heeltemaal korrek as hy sê hy is hul baas as belastingbetaler, deur belasting te betaal is hy ‘n demokratiese aandeelhouer in die staat en hul publieke ondernemings. Dit is self so vervat in die Kommunistiese handves vir Suid Afrika, alhoewel van toepassing op die staat. Hierdie handves laat volle vryheid van spraak en denke toe, maar ironies slegs wanneer dit die nasionaal demokratiese rewolusie bevorder. Dus is hy ongewens met sy uitsprake. Die handves verwys verder na parasiete wat op die staat teer/te lui is om te werk, dus van toepassing op die ANC/EFF en hul ondersteuners.

Dat Steve verwys na doodslag wanneer sy lewe/grond bedreig word is slegs selfverdediging. Die 2 persone word nie met die dood gedreig nie. Dit is eerder intimidasie en Steve pas nie in hul rewolusie in nie.

Staan jou man Steve. Dink aan Anton Myburg se lied oor die Boer se roer.

Brandwag ·

Natan jy is heeltemal reg ons mag ons lewens en ons eiendom asook ander se lewens en eiendom beskerm dus die nodige geweld en dit hang af hoe geweldadig die persoon is wat jou lewe of jou grond wil neem. Steve is heeltemal reg met sy twiet

James ·

Niks rasisties nie, maar feite. Haha, ons wit mense kan niks se dan is enige iets rasisties. Anc Julle nou gekrap en wees reg vir die omploffing

werner ·

so as dit wit teen swart is is dit rassisme maar as dit swart teen wit is word dit ondersteun al die politieke partye is lafaardrs
STEVE VIR PRESIDENT

Danien ·

To the ANC. You are now furious about Steve Hofmeyer but what are you doing to Zandile and Julius who not only saying and screeming it out in public to kill the whites. You defending them but when a white person say something you accuse them and send them to jail and by doing so you are no different from the eff and blf and you proof that its not the white man who dont want to work together but the black man to build a better South Africa. You allow your people to screem kill the whites. You allow your people to make racial comments. You allow your people to kill white farmers. Why? Because you have turned the racial issue onto yourself. So dont blame the white man blame yourself. Steve Hofmeyer said nothing that is out of line. He is a white man who build on this country who are proud of his white skin and has nothing to be ashamed of himself. I salute Steve Hofmeyer and the day you take him to court I will be there to support him and so will others.

MM Krüger ·

As rassiste dan moet landuit dan moet hulle maar eerste gaan. Dit woord werk mos beide kante toe. En dan kan Sy nie eers spel nie…

schaun ·

Die DA is weer tjoepstil ek hoop hulle kiesers neem kennis van hoe die DA is waneer dit by witmense kom.

Rupert Ashford ·

DA sal niks se nie. Gaan lees Leopold Scholtz se jongste opiniestuk.

Ansie ·

Ek dink die DA het hul les in die verkiesing geleer. Hulle haastige reaksie oor die Onderwyseres het hul baie stemme gekos. Soms is ‘n toé mond ‘n héél mond.

Baardman ·

Waar kom die DA nou in sorg jy net dat vf+ stem dan is jy mos fine

Charlie ·

Jammer ANC ek is volledig n burger en belasting betaler van hierdie deurmekaar land.Julle maak julself uiters belaglik met julle onkonsekwentheid.Julle regeer vir 26 jaar en skuil deur hierdie optrede en aandag aftrekkery agter julle vrot bestuur en vernietiging van die ekonomie !

Jaco ·

Ek dink Steve het dit beplan. Hy gaan nou mooi die dubbel standaarde in die MRK, justisie OB en en en uitwys. Teen teetyd sal die MRK hom al klaar ondersoek, alhoewel hulle nog niks oor Mandela gese het nie.

Grap vir vandag waar ANC se hulle is teen rassisme maar rep nie n woord oor Mandela.

Ook DA het eers na VF+ op die boot geklim oor Mandela toe hulle sie daar is publisiteit moontlikhede alhoewel hulle n veer voel vir die blankes

'n Oog vir 'n Oog ·

Olie op die vuur. Wat help hierdie tirades op Twitter?
Verdere haat, rassisme en woede word net aan altwee kante al hoe meer.
Gevaarlike speletjie om Twitter oorloë te ontketen, want dit word dalk die ware Jakob. Het ons nie reeds genoeg gebalde vuiste en dreigemente nie?
Die tragiese is, dat albei pole geregverdig voel oor hulle uitlatings. Die lont raak al hoe korter…..

Oog vir n oog ... Ai ·

Maar mense soos jy sal dit net vat en vat en nog meer vat! Hul se wat hul wil oor blankes tien maal erger rassisties as die blankes en die MRK se dit is reg so??? Jy kan nie vir ewig wegkruip en hoop niemand sien jou daar nie blinde oog vir n oog..! Die tyd gaan kom dat jy of gaan moet begin opstaan of jou verdoemde stilswyende “death by a thousand cuts” lot moet aanvaar tot jy heeltemal uitgewerk is, blinde oog vir n oog! Tyd om te kruip is verby want daai rassistiese lot die Anc die Malemas die Andiles, die Maasdorpe die Zindzis die Molefes gaan net aanhou om jou blanke vel te skop daar waar jy le!

'n Oog vir 'n Oog ·

Oog vir ‘n oog…Ai.
Drink ‘n kalmeerpilletjie, jou senuwees is klaar. Kry die emosies onder beheer en laat gesonde verstand jou lei.
Reaksie op rassisme is geregverdig.
Is Twitter egter die plek waar jy dit moet doen en iets gaan bereik?

Frm ·

Van Damme gee vir ons almal n les. Ons moet ophou stilbly en praat en hard praat nie met bewerige stemme nie. Nee eat hy kan dit maklik in n hof verdedig en as hy dan nog steeds skuldig bevind word moet ons opstaan en afbrand. Nie omdat dit Steve is of hy ons verteenwoordig nie want hy verteenwoordig nie my nie maar dieselfse kan met my gebeur en daarom se ek ons moet dan opstaan en as dit moet ons land terug vat.

Botterblom ·

probleem is, as ons sou saamstaam sou ek volhard met jou saamstem… maar as gewone werker met geen spaargeldjies en geen sekuriteit of wapen nie(kan nie eens een bekostig nie, wat nog te se van die lisensie proses), waar gaan die praatjies my bring en die res soos ek… sonder werk, huis, verkrag, ens….. As jy vir jou mense praat moet jy hulle kan beskerm ook….

Pine ·

Stem 100 persent saam met jou Steve. Een ding wat ons bly vergeet. Jy kan nie met ons mede burgers redeneer op n sekere vlak nie. Verstaan nie die konsep van sinvolle redenasie nie. Niks rassisties gese nie. My ander mede burger. Word getrap my vriend totdat jy voel jy slaap in die koue.

A ·

Neem aan die ANC gaan sommer terwyl hulle besig is met klagte teen Steve dieselfde doen teen Zindzi??

Neels ·

Aag shame die grootbekke kan op sosiale media net se wat hulle wil maar as n bleekvel hulle eie medisyne terug gee word rassisme en haatspraak geskree. Die blanke word geskel gedreig met moord en die MRK , polisie en regering doen niks . Durf n blanke iets se word hy aangekla. Dit is die realiteite van die sogenaamde nuwe SA

Amanda ·

En waar is die crimen injuria nogal? Voorspoed met daai een ANC

Steve is Koning ·

Vat so….wat jy saai sal jy maai..het sy regtig gedink sy gaan weg kom met die nonens..iemand moet haar op haar plek sit. Ek hoop Denemark stuur haar terug SA toe!!

Werner Holt ·

Kom ons wees maar eerlik met onsself SA is een rigting verkeer !

Danel Casey ·

Stem saam 100% met Steve. Ondersteun 100%. Steve het net gese wat waar is en n Groot getal voel selfde…Steve guts om dit hard op te noem!!!!

cr ·

Abraham ek kan sien jy het nie ‘n idee hoe die Afrikaner geteiken word nie. Jy weet duidelik nie wat belangrik is nie. Hoeveel boere word vermoor, kry asb. jou prioriteite reg en steun die Afrikaners met ruggraat. Dis meer as wat van jou gese kan word!

Petrus ·

Die Afrikaner het lankal die oorlog verloor. Aanvaar jy is deel van die minderheid en werk saam met die massas.

schaun ·

Nee die twee dames soos jy hulle noem leef in weelde op belasting betalers se geld maar wag tot hierdie gronddiewe hulle belasting boikot en sommer ook hulle werknemers n pakket gee.

fred ·

hulle word betaal met ONS belastingsgeld ,die staatsamptenare word almal betaal deur belastingsbetalers in die private sektor…..hulle “belasting” is belasting van ons belasting…..

Werner ·

Die kanse is groter dat hulle nie belasting betaal nie as dat hul wel betaal

vonnie ·

natuurlik betaal hul belasting, met ons belasting geld wat hulle salarisse opmaak. so eintlik nee, hulle betaal nie belasting nie, dis maar net ‘n aftrekkingtjie wat gering is vir hulle.

honourable member ·

Maar dis presies hoe Malema ook aangaan en niemand maak lawaai daaroor nie. Weereens dubbele standaarde.

ChrisE ·

Ek sê weer eens, daar gaan ons. Holderste bolder. Mense mense gaan sit en dink aan die gevolge. Mnr Hofmeyer kan ook gerus vir ‘n slag gaan sit en dink. Vir elke aksie is daar ‘n teenreaksie. Ons (wittes) is almal se “vyand”, hetsy jy Afrikaner, Ingelsman Jood, Amalakiet, Samaritaan of Tollenaar is. Daar word aas uit gegooi en elke keer sluk ons dit hoek lyn en sinker. Ons word getart en gekoggel en deur ons reaksie word ons onmiddelik as rassiste gebrandmerk. Jy kan in die hof jou saak gaan verduidelik dat jy rooi in die gesig is, jy is as jy wit is, ‘n rassis. Hou op om die mense se inhirente minagting en diep gegronde haat teen die witmens aan te blaas en aan die gang te hou. Ignoreer hulle want dan neem jy die angel uit die argument of aanklag. Elke reaksie van die wittes word as ‘n oorwinning gesien en dit gaan nie ophou nie. ‘n Kind wat aanjaag trek/soek aandag. Ignoreer hom en hy sal agter kom sy tirade dra geen gewig nie. (Die blinde sambok piets hom in elk geval). Ons daal na die rasaanjaers se vlak toe. Me van Damme is ‘n sprekende voorbeeld van dubbel standaarde.

Karlien ·

Nie waar nie.
Malema en die EFF is tans in n hele paar hofsake betrokke waar hulle die aangeklaagdes is en het al n paar sake met koste verloor. Lees jy so selektief nuus?

Jimmy ·

ChrisE, jy is reg. Wat my bekommer is dat die beste wit talent die land verlaat het. Al wat nou oorbly is mense wat kerm en kla. Daar moet na oplossings gesoek word. Ongelukkig is leierfigure konstant besig om die “eie ek” te bevorder wat die vure verder aanblaas. So gaan ons nêrens heen. Het ons vergeet van die drie AWB lede wat by die ou blou Mercedes gelê en bloei het tydens die Boputhasthwane belêg? Ons is weer op pad soontoe.

Mooi so, Steve ·

Dan moet die ANC – ONS wat agter Steve staan en DIESELFDE VOEL, saam met hom toesluit; so, Zindzi, Zuma, Cyril die Squirrel, Malema (Julihaas), Lesufi, HULLE kan sê NET wat hulle wil en dis reg? FHA. Dink hulle ons gaan stilstaan as daar oorlog uitbreek? Not a chance in hell. Hierdie ouma gaan terugskiet al skiet ek net 1 dood

willem Botha ·

Ek kan altyd lag vir mense soos ou kallie weet nie presies waar hy inpas nie sê net iets en hoop vir die beste.

Charl ·

Steve al wat ek se is jy moet onthou ons moet nog elke dag werk toe gaan en jy maak dit baie moeilik vir die res van ons. Ons almal kan nie by die huis sit en liedjies skryf nie. Al wat ek vra is dink net voordat jy iets se aan ons wat elke dag nog moet gaan werk en die uitwerking wat dit op ons het by die werk.

Gaitsigubib ·

Ag shame ou Charl so lank iemand net net golfies maak nie sal jy ok wees, of so dink jy? Hy het gese die belasting betaler is eintlik jou baas, dit is mos so? Jy laat my dink aan die eff wat amok maak oor die gesegde ”coolest monkey on the block” op ‘n t-hemp. As die minderwaardigheidsskoen jou so mooi pas sal jy hom aantrek, dit maak nie saak wie wat se nie. Steve kan nie verantwoording doen vir die ANC se mentaliteit nie. Wat hy se vergelyk maar swak teenoor Me. Mandela se blatante rassisme. Spreek dus eerder jou kommer daaroor uit.

Adk ·

Ek voel ook so… daaris n manier om n boodskap oor te dra…..Ons is meer werd as dit.

nabetragting ·

Charl, jy’s reg Hierdie beginsel geld vir almal Dit is die kort en die lank van alles wat almal se! Ons moet ophou om die drinkwater te vermodder, almal moet daarvan drink.

Dirk Breytenbach ·

Dit gaan jou niks help om op jou rug te gaan le en stertjie te swaai of jou te distansieer nie, ALLE wittes word oor dieselfde kam geskeer. Neem verantwoordelikheid vir jou familie wat jy dink jy beskerm en verset jou teen omgekeerde rassisme, beledigings en verdraaings van die geskiedenis. Jou familie sal jou dalk eendag meer waardeer daarvoor. Dis nie nodig om onbeskof, of op ‘n radikale agressiewe manier te verskil nie maar verdedig jou waardigheid ten minste. Ons almal verstaan die skade wat in die verlede aan mense se menswees aangerig was maar ons kan nie toelaat dat dit in “demokratiese SA” herhaal word nie. Gaan kyk gerus na Julius Malema se uitsprake op jeugdag, dit bevat ‘n reeks oortredings (aanhitsing, haatspraak, crimen injuria ens), wat jou hare sal laat rys en niemand het sover daarop gereageer nie. Ons is hier om te bly wat ookal die uitkomste, en ons bewe definitief ook nie. Ons is egter bekommerd oor die feit dat SA in anargie sal verval wat vir almal skadelik gaan wees ongeag ras of kultuur groep.

DG ·

Geseend is die vredemakers want hulle sal kinders van God genoem word – Mat 5:9 – Dit help nie om kwaad met kwaad te vergeld nie, dat gaan nie die rasisme sneebal keer nie.

Poot ·

@DG
Jy haal die skrif korrek aan. Maar God verwag nie dat sy kinders moet vloerlappe wees nie.

Joe Olivier ·

Ek rig n uitdaging aan die ANC. Bewys vanaand by monde van jul president dat julle nie rassiste is nie deur bee en al jul ander rassistiese wetgewing te skrap. Steve ek staan ook langs jou. Dis tyd dat ons opstaan en saamstaan vir wat ons sin is.

PJ ·

Ongelooflik om te sien hoeveel mense teen Steve uit vaar. Die ander sè en doen wat hulle wil en vermoor ons is ons rèrig so ruggraatloos om dan maar net alles te aanvaar ?? Toe ons in ons huise opgegroei het en jy teen die reèls gegaan het was jy getugtig en jy sou dom wees om weer dieselfde fout te maak want jy het geweet jy sal weer getugtig word . Ou Steve 100% agter jou sterkte

Annamarie Olivier ·

Charl- Ag shame kry jou so jammer omdat jy moet pa staan vir Steve se twiets by jou werk. Wat gaan doen jy by die werk? Ek gaan om te werk en het nie ‘n saak met ‘n getwiet van enige aard by my werk nie. Kry ‘n lewe elke mens het die reg om te twiet of om nie te twiet nie.

Ray ·

Waar kan ek klagre gaan le oor sy my ñ verkragter genoem het? En ñ dief. Onus le op haar om dit te bewys nie waar nie

janneman ·

Ons sal die hofsaal gaan vol pak en toi toi buite ter ondersteuning van Steve. Kom VF+ , practice what you preach…..slaan terug!!

Jimmy ·

Daar sal boggerol gebeur. Oom Steve is op sy eie. Afrikaners sal hom weldra veroordeel.

Wie weet ·

Steve for President Baie slim geskryf Steve hulle kan jou nie raak nie Steve se hulle gaan dood gaan Ons almal gaan dood gaan dis deel van die lewe Hy het nie gese hy gaan hulle dood maak nie Maar net weer eens hulle mag se wat hulle wil en hulle kom weg daarmee Onthou net God slaap nie Ons het jou rug Steve

PJ ·

Ongelooflik om te sien hoeveel mense teen Steve uit vaar. Die ander sè en doen wat hulle wil en vermoor ons is ons rèrig so ruggraatloos om dan maar net alles te aanvaar ?? Toe ons in ons huise opgegroei het en jy teen die reèls gegaan het was jy getugtig en jy sou dom wees om weer dieselfde fout te maak want jy het geweet jy sal weer getugtig word . Ou Steve 100% agter jou sterkte

willem Botha ·

Dit is verstaanbaar as mens kyk hoeveel mense stem DA n party wat diskriminerende wette teen witmense goedkeur.

Kolle ·

Nooit het ek gedink dat ek die totale vernietiging van my eens florerende land in my leeftyd sou aanskou en beleef nie. Die blanke se tyd en rol is uitgedien hier.

Siener ·

Saam sal ons staan, Steve. Niemand sal aan jou vat nie. Jy bly ons Hero

Essa ·

Ek is geen Steve aanhanger of kenner nie, maar hierdie boodskap lyk vir my verdag – klink net nie soos hy nie, en in engels? Normaal weg hou hy ‘n vreeslike intellektuele beeld voor, en hierdie is plein dom. Maar “fans” spring dadelik in en skreeu saam; saai meer rasse spanning en eskaleer net alles wat soveel skade aanrig in die land, ook vir ons. Dink tog voor julle so opgewonde raak.

BlinkStephaans ·

Julle besef dat Steve hierdie doelbewus gedoen het om die hele rasistiese uitlating ding in n hof te kry sodat hy die gate en ongelykhede in die stelsel kan uitwys. Dit is nodig vir n prominente figuur om dit te doen… sodoende neem meer mense kennis. Ek glo hy sal die nodige ondersteuning hê. Om dit op hierdie manier te doen is al manier hoe die ongelykheid aangespreek kan word en n maatstaf daar te stel waarmee kwaadwillige uitlatings gemeet kan word. Hierdie sal n uitgewyste saak raak.

Donderstorm ·

So actualy what he is saying is you must serve the people of south africa because that is why they are actualy working for govermant and that our tax pays their saleries the second part they wont take land without a fight.

Petrus ·

Zindzi, jy is ‘n vernedering vir die naam Mandela! Wyle mandela wou ‘n SA skep waar wit, bruin en swart in vrede kon leef. Haar uitlatings en die EFF se ressisme word geignoreer, maar Steve gekruisig? Is dit nie pateties om te sien hoe swart in SA wat skuldig was aan moorde tydens apartheid en nou as regering, witmense vir hul lafhartigheid beskuldig en beledig nie. Hulle skuld SA reg en geregtigheid en nie die verlede nie. Die huidige generasie skuld swartmense niks na meer as 20 jaar se diefstal, korrupsie en moorde nie!

Riaan ·

Sy beskuldig elke blanke man van verkragting. Ek dink elke onskuldige blanke man moet n klag by die polisie gaan le dat sy my en jou vals beskuldig. Is daar iemand wat bietjie meer vir ons kan se oor die wetlikheid van so n beskuldiging. Ek meen. As jy iemand van so iets beskuldig dan moet jy bewyse he,anders is dit mos naam skending

David ·

Niks wat Steve gesê het is rasisties nie. Hierdie is ‘n blatante poging om mense se aandag af te lei van iets anders.

Miskien die ontwapening van privaat sekuriteit, die mislukte staats ondernemings wat wéér reddingsboeie gaan kry of dalk grondondeiening? Hier is ‘n slang in die gras….

Rooi Jan ·

Gaan hierdie saak met groot belangstelling volg. Want daar is eerstens niks rassisties in Steve se twiet nie. Tweedens dreig hy niemand dat hy hulle gaan aanval nie hy sê slegs as jy my aanval gaan ek myself verdedig selfs al beteken dit ek moet jou doodmaak in die proses. As hy skuldig bevind word aan crimen injura en niks gebeur met die Mandela vrou nie sal ons weet die “transformasie” van die land en regstelsel is volbring. Al wat dan oorbly vir blankes is om te veg te vlug of soos die Jode in Duitsland maar ons monde te hou en te aanvaar hoe ons in ons honderdduisende deur die swart bevolking uitgewis word.

Liezel ·

Dit maak my kwaad en dis so frustrerend! Isoleer alle rasiste sê hulle maar al wie nou houe gaan vat is die witman. Wat van haar? Wat van die goed wat sy kwyt raak? Hoekom net die een kant wil straf terwyl albei skuldig is?

sterretjie ·

Wanneer gaan ons witmense leer dat ons in die minderheid is en nie meer kan sê wat ons wil nie. Ek verstaan die frustrasie, hulle mag maar ons mag nie. Maar op die einde van die dag us ons een teen ses. En hulle beheer nou die land, nie ons nie.

Poot ·

@Sterretjie
So jy wil net “role over and die”. Foeitog sterretjie… trek die duvet oor jou kop en sien niks raak nie hoor. Sit sommer maar proppe in jou ore ook. Leef in etopia.

piperno ·

‘n Regte “Animal Farm” storie. Sekere reels vir sekere mense (groepe).

Poot ·

@Sterretjie
So jy wil net “role over and die”. Foeitog sterretjie… trek die duvet oor jou kop en sien niks raak nie hoor. Sit sommer maar proppe in jou ore ook. Leef in etopia.

Gert van Wierdapark ·

Eenvoudige oplossing. Bied Steve die ambassa-deurs pos in Denemarke aan,, maak Van Damme die DA leier en roep me Mandela terug as woordvoerder van die a en see en alles is weer honkie dorie in die groot tent

Jan ·

Sjoe maar die ANC het baie tyd op die hande as hulle vir Steve wil vervolg oor sy opmerkings! Ek is ook dan oortuig dat die ANC hard werk om klagtes in te dien teen BLF en EFF lede wat hulle self ook skuldig maak deur te verkondig hoe hulle ons wit mense gaan dood maak en ons vrouens gaan verkrag en ons kinders gaan kook in kookwater….. Die verskil is, hulle dreig nie net om dit te doen nie, hulle DOEN DIT KLAAR!!!!!!! So hoe nou???????

Chrisjan ·

Stem saam, Charl. Ek begryp en ondersteun Steve se respons op Mandela se twiet, maar ek dink hy moes die bewoording tov van die “die” anders gestel het. Let wel: anders. Sy woorde kan verkeerd geïnterpreteer word en dit is presies waar die slang in die gras lê en loer. Die saak gaan heel waarskynlik by die Grondwethof draai en dié hof (anders as ander howe in SA) baseer bevindinge op interpretasie. Dus, selfs ons hier op MM moet maar wagte voor ons monde op sosiale media plaas. Terloops, leer dit sommer vir ons kinders van jongsaf. Die kinders kwets mekaar sommer lag-lag op w/app groepies.

???? leser ·

wat is verkeerd as steve se sy sal doodgaan, het hy haar gedreig met die dood, nee hy het nie, want een of ander tyd SAL sy doodgaan, maak nie saak of dit natuurlik is, of as gevolg van ‘n ongeluk of wat ookal, sy SAL DOODGAAN (of dink sy sys onsterflik)
wys jou weereens dat julle kakofoniese klomp alles wil omdraai sodat dit julle pas
kaders kry julle huis in orde en straf die wat mense regtig doodmaak en met die dood dreig

AndrewL ·

Dat een wit man nou soveel uit hul gate kan jaag. En daar is seker nog ‘n miljoen ander wat ook sal opstaan om hul eiendom te beskerm.

Sê net ·

Wanneer Steve sê dat hulle sal sterf as hulle kom om die grond en ons lewens te vat, kan dit ook gelees word as dat mense van die honger gaan omkom as daar nie meer wittes is om ‘n bydrae te lewer tot die land se voortbestaan nie.

HPV ·

Steve het hierdeur ‘n punt gemaak om te bewys hoe vinnig word die minderheidsgroep aangekla vir soortgelyke uitsprake! Malema en ander maak daagliks erger uitsprake en kom skotvry daarvan af.

Tit for Tat ·

As Mandela haar ingehou het, was die reaksie van Steve nie nodig nie. Ons vir jou, Steve!

harry ·

Ek stel voor ons begin by die tipe goed in massas opdaag gewapen as dit moet. Dis miskien tyd dat ons hulle ook begin wys jy hoef nie 30 mijoen te wees om sterk te wees nie. Hulle hou daarvan om on te herhinnerhulle is baie ons is min. Oorloe word gewen met strategie en beplanning nie nommer nie. Wou nog altyd n petrol bom na iets gegooi het. LOL

Hans Richardt ·

Dit is nie doodsdreigement as jy sê dat jy jou familie en eiendom sal beskerm, al is dit met Art49 doodslag.

Ralph ·

Steve het niks verkeerd gesê nie. Die woord staatsamptenaar sê dat jy werk vir die belastingbetalers en om jou lewe en eiendom te beskerm is jou reg. Wat is die probleem?

A ·

Ek wonder of ons nie dan ook vir Julius moet aanvat met sy liedtjie “Kill the boer” nie.

Andre Stander ·

Goeie Werk Steve!!!

Nog n ondersteuner wat jou met daad sal bystaan…

Botterblom ·

Los die mense en hofsake. Sy weet iets wat die EFF beaam het na haar uitlating wat ons blykbaar nie besef nie. Los die haatspraak in alle gebiede, dit hou nog minder voordeel in vir ons. Luister liewer na die uitlatings, want dit kom van erens af…. Sy dalk oor die vingers getik omdat sy dit nie moes openbaar nie…?? Malema het dit al oor en oor gesê. Moet hulle nie stil maak nie, want dan kan ons ons lot volg… Ek ondersteun alle groepe soos afriforum en VF+, DA ens. Ek doen als wat ek kan as mens om massa moord teen te staan, want ek het nie ‘n geweer of menslike beskerming nie. Ek het nie spaargeld en graad om te vlug landuit nie. Here red ons asb.!!! Ps 23, 121, 91 bid ek Here….

Mossie ·

Mense, mense….
Met ander woorde, die meeste van julle sê en voel dat wit mense liewer moet stilbly en verdraagsaam moet wees teenoor hierdie ooglopende rassistiese optrede en uitlatings teenoor wit mense.

“Bly stil asb ons moet nog gaan werk, Steve moet ons asb nie verdedig met jou uitlatings op twitter nie anders het ons nie respek vir jou nie, los die boere dat hul gemartel en uitgemoor word asb want sodra iemand iets sê dan is ons lewens ook in gevaar…”

Regtig mense, hoe lafhartig het “ons mense” nie geword nie!
Dankie Steve, dat jy die moed het wat 90% van “ons mense” nie het nie, om jou persoonlike opinie te lug…terloops het ek nêrens gelees dat hy namens enige iemand anders gepraat het nie BEHALWE wanneer hy n waarskuwing rig dat wanneer hul kom vir ons land en ons lewens daar dood sal volg.
Vir die wat daardie waarskuwing reg verstaan, ek salueer julle, want dit beteken jul sal jul reg uitoefen vir selfverdediging. Vir die res…daar is niks meer om vir julle te sê nie…

Arend ·

Sê jy hulle nou Mossie. Ons staan reg agter jou, vat jy die eerste hou of skoot, gee net die telefoon aan so in die val, dan kan die volgende een die tweets verder vat. Die laaste stommerik wat oorbly kan die beste tweet gee voor hulle hom ook katswink moker.
Oorloë word mos so gewen -twitterveldslag op twitterveldslag.
Die ‘twitter-happy’ brigades slaap vanaand agter die beste sekuriteitsheinings terwyl die boere op plase bid om nog ‘n sonsopkoms te sien.
Die sitkamer soldate op sosiale media. Maak asb ‘n plakaat met jou naam op dat ons jou kan raaksien in die voorste linie, daar op die nuus wanneer jy gaan opmars na Hofmeyr se hofsake toe. En jy moenie werk as ‘n verskoning vir wegbly gebruik nie; jy sê mos dis nie ‘n geldige verskoning om die twitterhelde te bevraagteken nie.
As al 4 miljoen en ‘n bietjie wittes, net gelyk saamstaan op twitter, staan niemand ‘n kans nie; dan wys ons mos ons staal.

LADY ·

Ek dink nie Steve het die berig getwiet nie. Ek se ook dis gecopy en paste. Maar as dit hy was se ek net”you go Steve” eff anc staan saam mandela en van damme maar wie gaan saam Steve staan? Die publiek? Agriforum en da moet nou hulle staal wys, Ek tik net die name waarvoor ek respek het met n hoofletter. Al die pad saam STEVE!!!

askiestog ·

Ag regtig. Steve jy speel so reg in hulle kraal.. geluk jy is die volgende voorbeeld wat gemaak gaan word. En wat gaan jy daaruit kry? NIKS! Almal is so gou om te sê hulle sal by jou staan en jou ondersteun – jammer maar ons wit Afrikaners weet nie wat dit beteken om saam te staan nie. Ons voorgeslagte sou hulle koppe in skaamte laat sak.

Kallie ·

Die gemiddelde Afrikaner se denkvermoë is duidelik onder verdenking. En die ANC weet dit.

Francois ·

…en dit bring ons dan by die vraag op die volk se lippe…
WAT GAAN JY DOEN as Steve skuldig bevind word en tronkstraf of opgeskorte tronkstraf kry, en Mandela loop skotvry weg??? Maar weer hier kom kla en kerm?

RERIG? ·

Wat gaan gebeur?? Meer van ONS mense se ooe sal oopgaan en ophou Liberale idiologie vold dit is wat sal gebeur!

Charles ·

Jy is my held Steve, ek staan bankvas agter jou en die res van my dierbare volk!

KrokodilBotha ·

Mooi so Steve. Waarheid en feite . Maar sal nog steeds nie n cd koop nie.

JohanL ·

Alhoewel hierdie hele saak baie ernstig is, is die ANC se reaksie tog snaaks. Hulle het mos ‘n “woordeboek” saamgestel met al hierdie ge-ykte frases (apartheid se kru verlede, wit heerskappy, ens) en hulle gebruik dit in hul reaksies. Net jammer daardie woordeboek is maar kort, want ons hoor kort-kort dieselfde ou frases oor en oor.

Ek verwys ook na hul kommentaar “Rassiste het geen plek in ons land nie” – ek het GEEN so reaksie gesien vanaf ANC kant op die Mandela vrou se twiet nie.

thelsa ·

Is dit nie ongelooflik hoe goed die ANC se masjienerie geolie is nie. Dit neem hulle dae om die arme Ambassadeur op te spoor of om kommentaar te lewer maar . . . . . skielik, vinnig en snel is hulle op ‘n blanke wat sou waag om iets te sê oor ‘n Persoon in ‘n gesaghebbende Staatsposisie wat breindood uitlatings maak. Julle krap aan die leeu se knaters

Peet J ·

Steve , ek dink jy is die uitverkorende om leiding , aan ons vertrapte , verdrukte volk wat nog in die NSA woonagtig is , te voorsien. Sterkte

Leon ·

Steve ken politiek en sy regte. Hulle sal hom nie kan aanraak nie. As hulle hom in ‘n staat van beskuldiging wil plaas gaan hulle weer bloedneus kry want ek is seker Adv. Gerrie Nel en sy regsspan sal hom verteenwoordig. Dankie, Steve dat jy nie skroom om die waarheid te praat nie. Jy is ‘n ware Afrikaner held. Ek staan saam met jou. Voorsped, goedheid en guns spreek ek oor jou uit.

mc ·

Ek wou eers vra, ag waarom tog nou ‘n boot gaan skud wat reeds aan die sink is, maar toe besef ek. Goed gedoen Steve, briljant. Een druppel reen in die miernes en kyk wat gebeur. Ek kry solank my “popcorn” gereed.

Wa ·

Ons “struggle” het lankal begin maar dis nou hoogtyd dat ons dit herken vir wat dit is. Hierdie het die potensiaal om die skaal te laat tiep……

Ida ·

Hoop hierdie laat nou vir 1x die skaal tiep en dat ons witmense se regte in die hof beslis kan word. Glo my Steve daar is baie wat sal sorg dat jou regskostes betaal sal word. Jy het genoeg ruggraat om te sê presies hoe ons almal voel. STEVE HOFMYER bo.

Klipindiebos ·

Annemarie Olivier, weerle vir ons wat DG gese het, volgens ons gaan alles daaroor.

a ·

as ‘n swarte iets sê dan is daar niks mee verkeerd nie want hulle mag. Maar o wee as ‘n witte iets sê dan is die hel los.

RERIG? ·

Van Damme se mos jy moet jou mond oopmaak teen “rassisme”……
So wat is die probleem….hy maak sy mond oop!

Foxi ·

Nee, hy is nie arrogant nie…..hy staan op vir sy mense……..
As ek kon en nie so OUD was nie het ek langs Steve die regverdige gaan staan!

Ansie ·

Mooi Steve ons is trots op jou.Jy is nie bang nie.Ons ondersteun jou

Martien ·

Selfs my huishoudster verstaan dat haar en hul kinders se maanselikse “grant” uit belasting geld betaal word. Dit wat ons vir jaar in en jaar uit maandeliks as paye betaal. As ons loop, hoeveel gaan oorbly vir “grants” maandeliks. Arme, arme Zimbabwe en Mozambique…..

RERIG? ·

Ek wonder nou hoeveel van julle is draadsitters. Hoeveel het DA gestem?
Almal geskok en kwaad en siek en sat vir wat aangaan in ONS land….hehehe.
Die rede vir al die snert is omdat ons gemeng het…….. en ONS MAG NIE meng nie! Klaar…punt…finish en klaar!
Gaan enige mans hier met gesinne toelaat dat n ander man van n ander tipe met JOU vrou of dogter in JOU huis slaap en JOU kos eet en SY reels op JOU gesin afdwing?????
NEEEEE….. se julle…..maar dit gebeur elke dag al klaar….dink mooi en (en lees mooi tussen die lyne).. maak jul oe oop!
ONS mans is papbroek en te skaam om dit te erken.

Speedguard ·

Julle kan nie eens op die forum saam staan nie wat van as die paw-paw regtig die “fan” tref, gaan almal WEER splinter ?

Andreas ·

Maar hulle het dan vir Steve die gaping gegee, en soos ‘n wafferse senter is hy tussen die twee deur, maar dis nie al nie, hy gooi toe die aas uit en daar vat hulle die hoek. Ek sou graag sy reaksie wou sien toe die twee so voortydig spoke opjaag en wolf wolf skree. Hulle was so opgewerk hulle het dit nie eens sien kom nie, nou skree hulle blou moord met al wat volgeling is agterna.

Linda ·

Dit is uiters onverantwoirdelik van Steve om sulje twiets te plaas. Wat hy se is feite, maar mens moenie dit in die openbaar plaas nie, hul sal hom in n tronk in stop !!!

Deon ·

Afrikaners kan maar kerm en kla. Ons is reeds in die laaste loopgraaf. Aanvaar dit.

Volstruissindroom ·

Gesê soos ‘n regte lafaard…Jy het geen kennis van die geskiedenis nie. Daar is veldslae wat gewen is dan is die vyand 10 maal hulle getalle. Ek stel voor jy gaan lees en haal jou lafaard vinger uit jou agterstewe….

Ai nee wat.. ·

Ja Deon jy laat my dink aan die hensoppers wat oorgeloop het na die Engelse deur die Boere oorlog..Sulke soort mense is maar swak van karakter en gewoonlik gaan die lewe maar net alles vir hulle oor hulself….

Petrus ·

Ai nee wat, wat jy sê herhinner my aan ‘n bekende sanger se aksies.

Kobus ·

Volstruis, as die pawpaw die fan slat gaan jy ook maar saam met Deon weghardloop. Groei maar vlerke my maat.

Deon ·

@Volstruissindroom. ‘n Oorlog is ‘n maraton, nie ‘n 100 meter reisies nie.Tydens die boere oorlog het die groot praters eerste gehensop. Dié wat vrede gepredik het het geveg tot aan die einde. Gaan vra maar vir die ouer mense wie se oupas en oumas daar was.

Lana ·

Steve, you took the words right out of my mouth…
THANKS !!

Jax ·

Kan alle mense nie maar net n liefde Met mekaar saamleef nie. Hierdie modder gooiery heen en weer raak nou regtig te erg. Hoe de hel moet ons saambou aan n land as almal modder gooi!
Grow up!!!

Ai ·

Jax modder gooi???? Dink jy iemand keel afsny is net te doene met modder gooi! Gaan praat met die gemartelde boere en vermoordes blanke boere se families en vra hul of hulle dink dit is net modder gooi geval situasie! Jy leef in n land van onregverdige teikening en polarisasie my maat dit gaan oor baie meer as net modder gooi my maat!! Tyd om ogies te begin oop maak!

Kallie ·

Moenie worry nie, as die skote klap sal die strooipraters hier rond hardloop dat die stof spat. Dan sal hulle vir Ramaphosa vra om iets te doen.

Linda ·

hahahaha, Steve is nou nes Kassie Nair, wat hy se is waar, maar in die land is die afrikaner n gehate nasie, hulle sal vir Steve kaal uit trek !! Ek is hopeloos te bang om so iets in die openbaar te se, alhoewel ek saam met Steve stem !!!

Ai. ·

Ja hulle kan Steve miskien n harde tyd gee omdat hul dubbelstandaard twee gesig rassiste is! Maar ons kan Steve bystaan aangesien ons saam met hom stem! So Steve staan nie allleen nie wat hy se is wat baie Afrikaners voel en mee saamstem! So hoekom nie gewig agter hom gooi nie…te bang of lafhartig?

koos ·

As ek twitter gehad het sou ek nou presies dit gesê het wat steve gesê het

Nee wat oog vir n oog! ·

Maar mense soos jy sal dit net vat en vat en nog meer vat! Hul se wat hul wil oor blankes tien maal erger rassisties as die blankes en die MRK se dit is reg so??? Jy kan nie vir ewig wegkruip en hoop niemand sien jou daar nie blinde oog vir n oog..! Die tyd gaan kom dat jy of gaan moet begin opstaan of jou verdoemde stilswyende “death by a thousand cuts” lot moet aanvaar tot jy heeltemal uitgewerk is, blinde oog vir n oog! Tyd om te kruip is verby want daai rassistiese lot die Anc die Malemas die Andiles, die Maasdorpe die Zindzis die Molefes gaan net aanhou om jou blanke vel te skop daar waar jy le!

Penellope Jones ·

Wat eienaardig is, is die feit dat die ANC baie gou gespring het om ‘n aanklag in te dien.
In die geval van BLF en ook EFF wat “heeldag” in hul optogte ens “Kill the boer”, skree, mense aanhits om grond te vat net waar hulle dit verkies, dit word geignoreer deur die ANC.
Selfs onse “ambassadeur” in Denemarke het bietjie uitgehak . . . . .
Wat is die verskil . . . . .

Herman van Staden ·

Ja nee wat, hulle het niks meer om aan te kou nie behalwe dat als wat witmense se rassisties is, shame, siestog, foeitog

Tino ·

Haai siestog, is die raskaart al wat hulle het om te speel. Die kaart het ook mos net eenkant.

Seker wat mens doen waneer jy nie jou eie foute kan insien nie

Dirk ·

Steve doen vir n slag eers iets en praat dan daaroor. Dit lyk vir my jy doen net die praatwerk en verwag dan dat ander jou vuilwerk vir jou moet doen!

Albert van der Merwe ·

Fooitog ANC is dit so moeilik om te aanvaar julle gaan nie net vat nie. Julle soek vir Bloedrivier no 2. Oppas dat julle nie kry waarvoor julle pleit nie.

Vonkprop ·

Dankie vir jou mooi woorde Van Damme. Ek stem 100% saam met jou. Ek sal NIE meer stilbly nie, Ek SAL opstaan en my stem ook laat hoor. Ja ek is bang, maar soos jy sê, praat al is dit bewerig. Van nou af staan ek vir my mense op. Weereens dankie.

GL ·

Dis belaglik, sy mag se net wat sy wil en beledigings uitdeel oor WIT mense omdat sy swart is maar as n WIT man iets vir haar se is dit verkeerd. En ook ons betaal wel hulle salarisse so ja hulle werk vir ons. Gaan tel hoeveel van die balasting wat betaal word kom van WIT mense af. Daar is net een manier om dit uit te sort.

Henk venter ·

As hulle Steve wil aankla Nadat hy reageer het op haar rasistiese uitwissing (dood) van wittes gaan hulle maar moet verduidelik waarom kla hulle nie EFF, BLF , Mandela en die res aan nie. Of is hulle dalk vrygestel van rasisme hulle mag maar?

jan ·

Hierdie klomp mense wat so teen Steve hulle was duidelik nie in die weermag waar ons vir ons land geveg het nie.Maar wag maar dat hulle dat van hulle mense deur loop onder misdaad want hulle dink die land sal beter word,onantasbaar waaa.Kyk maar na Afrika waar hierdie mense regeer mense gaan dood van honger,vermoor hulle eie mense,ene.ens.Mense staan op vir julle land en sy mense.Saluut Steve hy probeer ten minste,

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.