Aanklagte teen twee Parys-boere teruggetrek

Van links is Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen Vrydag in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Van links is Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen Vrydag in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Die staat het Vrydagoggend sy saak teen twee van die boere van Parys wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers teruggetrek.

Die staatsaanklaer het die hof versoek om die aanklagte teen Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr., terug te trek, aangesien daar nie genoeg bewyse is dat hulle by die moorde betrokke was nie.

Boeta van der Westhuizen, nog een van die beskuldigdes, het daarna eers alleen in die beskuldigdebank verskyn voordat sy medebeskuldigdes, kapt. Henk Prinsloo, Anton Loggenberg, Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen, by hom aangesluit het. Die saak is voor landdros Ronnie Mnguni aangehoor nadat die vorige landdros, Leshni Pillay, vroeër aan die saak onttrek het.

Die staat het die hof versoek om die saak uit te stel aangesien die ondersoek steeds nie afgehandel is nie. Volgens die staatsaanklaer wag die ondersoekspan nog op Van der Westhuizen se selfoonrekords en is ook na nog ʼn verdagte op soek. Die verdediging en staat het ooreengekom dat al die beskuldigdes se borgtog verleng sal word tot hul volgende hofverskyning op 27 Mei.

Muller van der Westhuizen (19), ʼn familielid van Boeta wat Donderdagmiddag in hegtenis geneem is, het afsonderlik van die ander beskuldigdes verskyn.

Samuel Tjixa en Simon Jubeba is dood kort nadat hulle op 6 Januarie deur boere in die gebied op ʼn plaas aangekeer is. Die staat beweer dat die boere Tjixa en Jubeba so erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Al die beskuldigdes in die saak het die aanklagte teen hulle ontken.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lou ·

Hoop nie iemand draai nou staatsgetuie nie? Sterkte manne! ‘n Toe bek is ‘n heel bek.

François ·

Mooi man! Nog net die ander paar ouens, dan is alles weer honkie dorrie!!

Nefie ·

Wens hulle wil dieselfde hoeveelheid energie insit om dei regte misdadigers te vang :-(

jaco ·

die Indiër regter onttrek aan die saak? Eks amper seker daarvan dit was ‘n gedwonge besigheid “van bo af” – iets soos affirmative action waar die Indiër “noit black enough” is. Die swart regter is natuurlik aangestel om seker te maak ‘n hoogs sentimentele en emosionele uitspraak word teen die wit boere gelewer, gevolg deur ‘n harde vonnis.

Nic ·

Jaco, die hoog aangeskrewe landros Pillay is onder baie druk geplaas deur die swart gemeenskap om te ontrek omdat sy klaarblyklik in ñ verhouding met ñ blankeman is/was. In haar haar verklaring het sy gesê dat haar uitsprake baie regverdig en onpartydig was, maar dat sy nie verder die saak sal kan hanteer as daar ñ persepsie in die gemeenskap bestaan dat sy wel partydig is. Sy het dit verder betreur dat daar nooit ñ span valke gestuur word as ñ boer aangeval of vermoor word nie.
Persoonlik bevraagteken ek weer landros Mnguni se onpartydigheid omdat ek vermoed hy is/was in ñ verhouding met ñ swart vrou/man????
Pillay word werklik gemis.

vlokkie ·

ek weerkou my van kommentaar, ek sal sekerlik aangeklaa word van laster

Vra maar net ·

Is die aangekeerde deur die SAPD hardhandig hanteer nie?

Carel ·

Nou is die tyd vir die twee Cilliers boere om die staat te dagvaar vir onregmatige arres en kwaadwillige vervolging…. Dit wil voorkom asof hulle gearresteer en vervolg was sonder dat daar voldoende getuienis was.
Hulle moet liefs iemand kry wat daarin spesialiseer.

Caroolsie ·

Ek hoop net reg en geregtigheid sal geskied en seëvier.

Cecily ·

Die arme mense as dit nou n klomp swartes was wat wit mans dood geskop het was dit niks gewees nie. Boere is gatvol vir ander wat hul dood maak, dreig en besteel. Nou dat hul opstaan daar teen is hul die verkeerde party.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.