Aanklagte teen UJ-beskuldigdes laat vaar

Betogings by die Universiteit van Johannesburg (UJ). Foto: Twitter

Betogings by die Universiteit van Johannesburg (UJ). Foto: Twitter

Die staat het Maandag voorlopig die aanklagte teen die 141 mense, onder wie personeel en studente, wat gedurende die betogings by die Universiteit van Johannesburg (UJ) in hegtenis geneem is, laat vaar.

Volgens hul regsverteenwoordiger, Heetesh Patesh, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) die aanklagte voorlopig teruggetrek vir verdere ondersoek. Die groep bestaan uit 33 studente van UJ, 13 studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en 95 werknemers. Hulle is almal Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn hofbevel verontagsaam het wat hulle verbied om naby die kampus te betoog.

Die betogers is oornag by die Brixton-polisiestasie aangehou, maar Saterdag op waarskuwing vrygelaat. Die betogings teen die uitkontraktering van dienste by UJ het verlede week ondersteuning van studente gekry.

Intussen het Ihron Rensburg, die instansie se visekanselier, Nehawu en ander werkerverteenwoordigers Sondag ʼn ooreenkoms onderteken dat dienste wat voorheen uitgekontrakteer is, intern bekom sal word.

Die ooreenkoms bepaal ook alle partye moet hul samewerking aan ʼn taakspan van die universiteit gee, wat dringend ʼn plan vir die interne verkryging van dienste moet ontwikkel. Die taakspan sal na verwagting voor die einde van die jaar hierdie plan finaliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GES ·

Daar gaan absoluut niks van kom nie. Die skade wat aangerig is gaan maar net eenvoudig onder die mat ingevee word. Hierdie is maar net die begin van die einde.

Bart ·

GES, jy is so reg ou maat! Nie net dit nie hulle organiseer die goed!

Pieter V ·

Die vrylatings opdrag kom van die lot in die boonste gestoeltes in die anc want anders mag hulle stemme verloor ,ons sal maar weer vir die skade betaal

Dan ·

Dit is nou al n speletjie wat die ANC speel dit net vir politieke doeleindes. Vir n paar rand gaan sit hulle net vir n paar dae in die tronk, glo nie eers op polisie rekord geplaas nie.

shirley ·

Van wanneer af is Universiteit verpligtend, jy studeer omdat jy wil en dit kan bekostig. Hoekom moet dit verniet wees. Gaan hulle my man se geld -+ R24 000.00 wat hy betaal het vir sy LLB die afgelope 3 jaar ook vir hom terug gee. Wonder maar net.

Christo Pienaar ·

Dit is elke keer dieselfde storie. Instansie kry hofbevel. Barbare (betogers is mense wat vreedsaam sonder om skade aan te rig) betoog en rig skade aan. Kry die SAPD om die gemors uit te sorteer. Universiteit swig onder politieke druk. Saak word teruggetrek. Hoeveel geld word vermors die sgde. wet en orde te handhaaf? Wie betal daarvoor? Die belastingbetaler. G’n wonder die polisie voel hulle hande is afgekap as dit by misdaad kom. ‘ n Polisieman het eendag dit soos volg gestel : “Ek kom liewer 5 minute later op ‘n misdaadtoneel aan, want dan is die kans kleiner dat ek geskiet word en ek dalk iemand skiet en in die hof aangekla word van moord.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.