Aanklagte van aanranding, ontvoering teen munisipale beamptes

Paultjie Hendriks (Foto verskaf deur die DA)

Paultjie Hendriks, raadslid van die Demokratiese Alliansie in Noordwes, het Vrydag strafregtelike aanklagte van aanranding en ontvoering aanhangig gemaak teen beamptes van die Bojanala-distriksmunisipaliteit.

Leon Basson, adjunk- provinsiale leier van die DA in Noordwes, het gesê DA-raadslede het Woensdag verlede week ʼn raadsvergadering bygewoon om die skorsing van die munisipale bestuurder, Pogiso Shikwane, en die hoof- finansiële beampte, Olga Ndlovu, te bespreek. Dit hou verband met hul beweerde rol in die R134 miljoen wat sonder toestemming deur die raad gebruik is.

Die DA het versoek dat burgemeester Fetsang Molosiwa geskors moet word vir sy beweerde betrokkenheid in die saga en die finansiële probleme by die munisipaliteit wat daartoe gelei het dat beamptes en raadslede nie hul salarisse betaal is nie.

“Toe die DA ʼn breek versoek en probeer het om die raadsaal te verlaat, is ons raadslid aangerand deur stakende werkers,” het Basson verduidelik. “Raadslid Hendriks is aangerand en twee van sy vingers, elmboog en ribbes is gebreek. Hy is drie ure lank gyselaar gehou toe hulle geweier het om hom te laat gaan en geweier het om ʼn ambulans te ontbied sodat hy mediese behandeling kan ontvang.”

Basson het gesê die DA het begrip vir die frustrasie van beamptes wat nie hul salarisse ontvang het nie weens wanbestuur van finansies by die munisipaliteit, maar dit is onaanvaarbaar dat raadslede fisies aangerand word.

“Dit is ook onaanvaarbaar dat daar polisielede in die omgewing was, maar niemand in hegtenis geneem is vir hul rol in die aanranding en ontvoering van DA-raadslede nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hendrik ferreira ·

Daai kastige polisie in brits is korrup verby dit is hoekom die taxi’s gereeld die dorp toemaak ,hulle word beskuldig van diefstal tot dwelmsmokkel

Izet ·

Die polisie is onopgeleid, korrup en no care. Hulle sal self nie n vinger verrig, want kriminele optrede in ons land kraai koning. Hoekom is hulle dan beamptes van die gereg. Klink meer na n maak jou oë toe en kyk weg want more pay ek weer as ek gelukkig is. Opleiding vir hierdie mense moet baie meer intens en gespesialiseerd wees.

HP ·

Dis eintlik hartseer om toe te kyk dat ons land onregeerbaar is. Selfs die taxibestuurders wat boetes ontvang vir reëls wat hul oortree betoog om hulle boetes tersyde te laat stel. Ons kan mos nie net wetteloos in ons mooi land leef nie. Hoe werk party mense se koppe. Die polisie is veronderstel om wet en orde te handhaaf. Hoe kan hulle toekyk en nie optree teen verkeerde dinge nie.

J J ·

Ek verstaan nie hoekom móét stadsrade deur énige politieke party beheer word.

Koos de Meyer. ·

Moenie bekommer nie, die polisie monitor die situasie. Dis al wat hulle kan doen.

Harry ·

Sulke korrupte/valse polisiebeamptes moet eintlik voor ‘n vuurpeleton permanent verwyder word!

Annatjie ·

Wat gaanaan dat Rustenburg so agteruit gaan wie moet mens praat dat dinge weer kan reg kom dit ruk hand uit mense ry soos hulle wil geen respek en taal gebruik mense kan nie meer mooi praat wat gaanaan en dan die dorp wat so vuil is ek voel dis regtig sleg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.