Aanklagte word dalk teen Gordhan teruggetrek

Pravin Gordhan, die minister van finansies, Woensdag (26 Oktober 2016) tydens die aankondiging van sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pravin Gordhan, die minister van finansies, Woensdag (26 Oktober 2016) tydens die aankondiging van sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement Foto: Kopano Tlape/GCIS

“Informele gesprekke” word tans gehou tussen Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, beamptes in die nasionale vervolgingsgesag en prokureurs vir Pravin Gordhan, minister van finansies en sy twee medebeskuldigdes om die klagtes teen hulle te laat vaar, het City Press Sondag berig.

City Press het gister [Saterdag] verneem ʼn konsepbrief is deur Abrahams se kantoor opgestel waarin sy voorneme, om die aanklagte te laat vaar, genoem word,” berig die koerant.

Die brief sal aan Gordhan en sy voormalige adjunkte by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Oupa Magashula en Ivan Pillay, se prokureurs gestuur word voor hulle Woensdag in die hof moet verskyn.

ʼn Senior beampte van die nasionale vervolgingsgesag, wat naby aan Abrahams is, en ʼn bron wat naby Gordhan en sy medebeskuldigdes is, het aan City Press bevestig die gesprekke word gehou om die aanklagte van bedrog teen Gordhan en ander te laat vaar, lui die City Press-berig.

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Justice

Ek hoop dat Abrahams persoonlik aanspreeklik gehou gaan word vir hierdie onnodige regsonkoste van Min. Gordhan. Vir die vrot eier op sy gesig – dit gaan bitter lank neem om skoon te kry indien ooit. Jammer dat `n Regter hom nou nie sal kan hard aanspreek vir sy ondeurdagte openbare uitlatings wat die land weereens in `n krisis gedompel het.

Johann Marx

NEE, nee, neee…..nie net aanspreeklik gehou word vir “regskoste” nie. VERANTWOORDELIK gehou word vir die skade aan Suid Afrika se ekonomie!!! Ons word net al hoe armer en dieper in die skuld elke keer as ‘n regeringsamptenaar sy mond oopmaak….en dan weer oopmaak om sy eie salaris met ‘n miljoen of meer te laat styg….terwyl die res van die land krepeer van ellende. In 2000 het my buurman sy huis verkoop, met alles daarin, en genoeg geld gehad om Aus toe te immigreer, en ‘n huis daar te koop wat min of meer gelykstaande was aan sy middelklas huis hier.… Lees meer »

Cherokee

Gordhan sal die land steeds ‘n verduideliking skuld. ‘n Bedrogklagte kan nie bloot weggevee word asof dit nooit werklik gebeur het nie. Dit is inkomstebelastinggeld wat gebruik is om ‘n afgetredene meer as ‘n miljoen rand te betaal en hom daarna weer aan te stel asof hy nooit afgetree het nie.

marlene

Ek stem Justice.

Ig

Cherokee as jy n hond wil slaan sal jy altyd n stok vind.