Aanklagte word dalk teen Gordhan teruggetrek

Pravin Gordhan, die minister van finansies, Woensdag (26 Oktober 2016) tydens die aankondiging van sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pravin Gordhan, die minister van finansies, Woensdag (26 Oktober 2016) tydens die aankondiging van sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement Foto: Kopano Tlape/GCIS

“Informele gesprekke” word tans gehou tussen Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, beamptes in die nasionale vervolgingsgesag en prokureurs vir Pravin Gordhan, minister van finansies en sy twee medebeskuldigdes om die klagtes teen hulle te laat vaar, het City Press Sondag berig.

City Press het gister [Saterdag] verneem ʼn konsepbrief is deur Abrahams se kantoor opgestel waarin sy voorneme, om die aanklagte te laat vaar, genoem word,” berig die koerant.

Die brief sal aan Gordhan en sy voormalige adjunkte by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Oupa Magashula en Ivan Pillay, se prokureurs gestuur word voor hulle Woensdag in die hof moet verskyn.

ʼn Senior beampte van die nasionale vervolgingsgesag, wat naby aan Abrahams is, en ʼn bron wat naby Gordhan en sy medebeskuldigdes is, het aan City Press bevestig die gesprekke word gehou om die aanklagte van bedrog teen Gordhan en ander te laat vaar, lui die City Press-berig.

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Justice ·

Ek hoop dat Abrahams persoonlik aanspreeklik gehou gaan word vir hierdie onnodige regsonkoste van Min. Gordhan. Vir die vrot eier op sy gesig – dit gaan bitter lank neem om skoon te kry indien ooit. Jammer dat `n Regter hom nou nie sal kan hard aanspreek vir sy ondeurdagte openbare uitlatings wat die land weereens in `n krisis gedompel het.

Johann Marx ·

NEE, nee, neee…..nie net aanspreeklik gehou word vir “regskoste” nie. VERANTWOORDELIK gehou word vir die skade aan Suid Afrika se ekonomie!!! Ons word net al hoe armer en dieper in die skuld elke keer as ‘n regeringsamptenaar sy mond oopmaak….en dan weer oopmaak om sy eie salaris met ‘n miljoen of meer te laat styg….terwyl die res van die land krepeer van ellende. In 2000 het my buurman sy huis verkoop, met alles daarin, en genoeg geld gehad om Aus toe te immigreer, en ‘n huis daar te koop wat min of meer gelykstaande was aan sy middelklas huis hier. Ses jaar later moet ek nou SEWE huise soos myne verkoop…om EEN huis in Aus te kan koop!!! En wie is daarvoor verantwoordelik??

Cherokee ·

Gordhan sal die land steeds ‘n verduideliking skuld. ‘n Bedrogklagte kan nie bloot weggevee word asof dit nooit werklik gebeur het nie. Dit is inkomstebelastinggeld wat gebruik is om ‘n afgetredene meer as ‘n miljoen rand te betaal en hom daarna weer aan te stel asof hy nooit afgetree het nie.

Justice ·

Persoonlik het ek nie `n probleem met `n werker wat op pensioen gaan en dan weer op kontrak basis heraangestel word om sy kundigheid voort te sit tot voordeel van die maatskappy nie. SARS is beslis nie die uitsondering nie en gebeur dit in baie maatskappye – kontrak werkers het nie al die voordele van `n permanente werker nie.

Cherokee ·

Indien dit so eenvoudig is èn as dit wettige praktyk is verhoed niks Gordhan om dit in ‘n hof te gaan verduidelik nie. Hy skram weg met ‘n rede en sal onder verdenking bly as dit nie opgeklaar word nie.

Cherokee ·

So Marlene, jy stem net soos hy dat dit justice is om ‘n klag van bedrog terug te trek sonder om dit te ondersoek. Jul idee van justice is gebrekkig.

Hendrik ·

ons hoor op die nuus en sien in die pers dat die saak wel ondersoek word en kon nie regtig bewyse kry waarop n skuldigbevinding verkry kon word nie. Ten laaste was daar dan nog geskarrel om bewyse te kry wat lyk my nie gevind kon word nie. Hierdie saak lyk vir my was van meet af gerig om n man wat nie tot voordeel van sommige se sakke wou werk, uit te kry. Dit lyk ook of daar baie howe afgesonder moet word wat net polotieke sake moet hanteer. So baie sake is daar wat onnodiglik geld mors. Van hierdie sake word of uit onkunde van die een of ander party, of uit harthorigheid gemaak.

Cherokee ·

Nou verduidelik dan asseblief Ig, waarom jy dink dat hy nie skuldig is nie. Hy sien nie self kans om dit te doen nie. Dit is ‘n klein deel van die Suid Afrikaanse bevolking wat belasting betaal en die ANC misbruik daardie belasting met Nkandlas, oorsese reise, duur voertuie en op vele meer maniere. Hier gaan dit weer oor geld wat met belasting betaal is en die beskuldigde sien nie kans om homself te verontskuldig. Nie eens die feit dat hy ANC gestem het tydens die jare wat hulle in die naam van umkontho we siswe onskuldige vrouens en kinders in winkels en spoorwegstasies met bomme vermoor het, verhoed julle om julself aan sy kant te skaar.

Regskundige ·

Cherokee, dit is algemene praktyk dat pensionarisse weer op kontrak aangestel word om hul kundigheid te behou – dis ‘n administratiewe handeling wat normaalweg niemand benadeel nie. Bedrog in hierdie geval kon nog nooit ter sprake wees nie. Indien daar wel VOLDOENDE gronde (“prima facie”-getuienis) voor is, word die verdagte na die VOLTOOIDE ondersoek voor die hof gedaag. In Ghordan se geval, het hulle voortydig besluit om hom aan te kla, terwyl hulle DAARNA moes skarrel om voldoende getuienis te vind. Alle regskundiges het geweet dat die NVG nie daarmee kan slaag nie. Die saak sal heerlwaarskynlik teruggetrek word – nie omdat dit “nie ondersoek” is nie, maar omdat die ondersoek geen misdyf kan bewys nie. Dis hoe “justice” werk. Die NVG het onder politieke opdrag opgetree, nie op regsgronde nie – vandaar die eierdans om hulle uit hul eie gemors te kry! Lekker dag vir jou en wees maar rustig – die wiel draai…

Cherokee ·

Dankie Regskundige, vir die manier waarop jy dit stel. Dit is ook basies so berig deur die media maar my siening is dat dit ‘n geveg is in die kern van die ANC. Die tipe geveg wat hulle middeldeur kan skeur en ek wil niks meer doen betreffende dit, as om op die pawiljoen te sit en kyk, wel wetende dat die uiteinde daarvan, indien dit die ANC sou skeur, nie noodwendig in ons guns sal wees. Wat my heftig laat kommentaar lewer hieroor, is omdat ek so duidelik soos daglig sien (onbeplande) breinspoeling is besig om te gebeur. Mense wat hulself miskien voorheen as konserwatief beskou het, het nou vir hulself ‘n held gekies in die vyand se kamp. Daar was al selfs voorgestel dat hy SP moet word! Kan mense dan nie ‘n standpunt inneem en daarby bly nie? Mag jy ook net so lekker dag hê en dit is soos jy sê, die wiel draai…

Leendert ·

Regskundige, nie net pensionarisse nie, maar mense was agv BBE gefire is, of as sodanige persone nie meer op ‘n vaste basis bekostig kan word nie. Hy kan dan ‘n privaat onderneming begin en sommer vir baie ander mense sy dienste aanbied.

Liewe heksie ·

Ai tog so jammer ek wou so graag sien hoe stuur jy almal van hulle in hul maaiiiii

Lance ·

Dan word hy aangekla dan dalk nie …teken van wanorde daar. Eintlik moet alle beweerings soos die ondersoek word anders kom dit weer en weer op waneer dit hulle pas .. wat n gemors !

Leendert ·

Of hy nou aangekla word of nie, die feit is, hy het maar ‘n inkoejawel en pap mini begroting voorgelees. Gaats, waar het jy in jou lewe al gehoor dat mens belastings verhoog om moewiese uitgawes aan te gaan en dan terselfdertyd ekonomiese groei aan te wakker. Dit met die beperkte belastingbetalers in die land. En natuurlik daardie pap probeer om ons te laat glo hy gaan die salarisrekening besnoei. Hy het hom nou verseker nie as een van die beter ministers van finansies bewys nie, As dit nie vir Zuma was wat die finansies probeer kaap nie, was hy nerens. Dus gaan dit nie oor Gordhan nie, maar eerder oor die teenkanting teen Zuma.

Johann ·

Hy het gedink hy hoef net vir Zuma te oortuig, toe hy sy toespraak voorlees, die het mos so entjie van hom af gesit.

Cherokee ·

Ek weet nie Johann, of enige van hulle werklik Zuma probeer oortuig van enige iets nie want is hy nie net ‘n ‘puppet on a string’, bloot ‘n marionet, nie? Maar partykeer dink ek teenstellend… somtyds dink ek Zuma is, gebrek aan skriftelike kwalifikasies ten spyt, uitgeslape. En miskien is daar ‘n verwantskap tussen uitgeslape en slim. In kort, hy is nie stupid nie.

KP ·

Johann hy sou nie Zuma kon oortuig
nie, want die het gesit en slaap.

Leendert ·

Kom ons buig die hoofde; Onse Vader (Pater noster) wat in die hemel is, …….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.