Aankondiging oor e-tolskuld ‘’n verkiesingsfoefie’

e-tol

Argieffoto

Sanral se aankondiging dat die proses om e-tolskuld in te samel vir eers opgeskort word, dien as bewys dat dié stelsel nog nooit gewerk het nie, sê die DA.

Die opposisieparty het Woensdag in reaksie op dié aankondiging ʼn verklaring uitgereik om sy misnoeë met die e-tolstelsel te kenne te gee nadat Sanral vroeër vandag aangekondig het dat daar vir eers geen e-tolskuld deur middel van dagvaardings ingevorder sal word nie.

Volgens Solly Msimanga, die DA se premierskandidaat vir Gauteng, “is dit duidelik dat Sanral se dreigemente om dagvaardings aan diegene met agterstallige rekeninge uit te reik, nié in ʼn hof van krag wees nie”.

Msimanga het gesê die aankondiging is ʼn blatante verkiesingsfoefie aangesien dié aankondiging sowat 40 dae voor die verkiesing gemaak is.

“E-tol is ʼn onbillike belastinglas wat sonder behoorlike oorlegpleging op die inwoners van Gauteng afgedwing is,” meen Msimanga.

Die opposisieparty glo dat die besluit om halt te roep met dagvaardings maar net een van vele leë beloftes is. Msimanga verwys na Gautengse premier David Makhura se beloftes van verlede jaar dat hy kwansuis sou wegdoen met e-tol. “Ongelukkig is [die stelsel] nog steeds met ons.”

Ook die VF Plus glo dat vanmiddag se aankondiging “duidelik ʼn polities gemotiveerde besluit is”.

“Dit wys hoe desperaat die ANC is om nie verdere steun in dié provinsie te verloor voor die verkiesing in Mei nie,” sê adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en premierskandidaat vir Gauteng, in ʼn verklaring.

“Die ANC se steun in Gauteng is waarskynlik reeds ver onder 50% en hierdie besluit is ʼn duidelike bewys hoe bang die ANC is om verdere steun te verloor.”

Hoewel die VF Plus die tydsberekening van die aankondiging bevraagteken, is die party wel verheug dat geen e-tolskuld ingevorder sal word nie.

“Die party eis dat alle regsuitgawes wat aangegaan is om e-tol stop te sit deur die Tolhek-Aksiegroep bestaande uit die VF Plus, die TLU SA en die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), van die staat verhaal moet word.

“Dit sluit ook Outa en alle ander partye in wat geld aan dié stryd bestee het aangesien dit verspilde uitgawes is waartoe die staat hulle gedwing het,” het Alberts gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

chrisjan ·

Ek het gewag dat hulle my dagvaarding aan my moet kom bedien hier in Noordwes.Dit sou hulle meer kos as wat ek kastig skuld so hulle sou net weereens aan die verloorkant gewees het !

Marinda ·

Ook gewonder wanneer kry ek myne vir die R23.00 wat ek kamstig skuld. Ai, jai, jai.

Elsa ·

En myne is R3. 58, maar as ek voor 2019/01/03 betaal is dit R1. 79. Jip jy lees reg. Het vandag die faktuur ontvang… Faktuur datm 2018/12/04 vir oortreding op 2016/04/07.

Die beste van alles, ek is geregistreer vir e-tol. Maak nie sin

Wonder maar net ·

Het verlede jaar (Maart 2018) deur al die etol stelsels beweeg. Ontvang op 3 Maart 2019: Indien betaling ontvang word voor 9 Januarie 2019 word afslag toegeken. Hoe word dit verklaar?

Fish ·

“wonder maar net” Dit is baie maklik. As jy vroer betaal kry hulle geld vroer en trek rente op dit so as jy later betaal verloor hulle rente wat die geld sou in hulle rekening wees. So maklik soos dit. jy kry afslag want dan het hulle hulle geld en hulle kan rente begin trek.

Stuiwer ·

Nee Fish, dis nie wat “Wonder maar net” of Elsa pla nie. Hulle het rekeninge ontvang van verlede jaar. Die betaal datum om afslag te kry is laaaankal verby. En dis hoe Wonder maar net wonder hoe dit moontlik is.

George ·

En na die verkiesing dan wil hulle rente op agter stallige tol geld he en ons word toe gesluit vir dit .

Neels ·

Daar is nie meer korrupte geld wat gebruik kan word vir stem joop nie , nou word die foefie gebruik . Ek het so tyd terug dit hier genoem dat die spasie dop gehou moet word , voor die verkiesing sal dit afgeskaf word. Toe reken MM dit is nie goeie kommentaar nie en gooi dit af, Seker gaan dit nou weer afgegooi word.

Gert van Wierdapark ·

Dit laat my dink aan die liedjie: “Outa in die Langpad” OUTA het het hard baklei teen E-tol ens en nou pluk hul die vrugte daarvan. Wonder watter volgende “Haas” gaan die a en see volgende uit die hoed pluk voor 8 Mei 2019? Miskien reeds so vroeg as Maandag 1/4/2019 al! He-he-he.

Alida ·

Van die begin af n aborsie gewees. Sal nooit werk as mens eers doen en dan iets implementeer nie. Lekker kry vir julle.

Yvonne ·

Ons is woonagtigin Gauteng en etol kostes beloop ongeveer R450.00 per maand… reis vanaf Meyerton tot noorde van Midrand daagliks. dankie ANC vir die kwytskelding … verhoging in ons sakke.

Manie ·

Hierdie e tol debakel is te danke aan die anc se obsessie om die wêreld sokker aan te bied. Hulle moet so graag vir die wêreld wys hulle is darem ook iets

Kediksie ·

Dagvaar ons almal. Sluit ons almal op. Ek sal graag wil sien waar hierdie eenvoudige regering hul belasting vandaan gaan kry. Almal wat daardie pad gebruik, het n werk en betaal hulle reeds dood aan belasting op alles en nog wat. Dus; kom sluit my toe. Asseblief!

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.

“RETURN TO SENDER”

…is wat ek op die e-TOL koevertjie in groot letters skryf, voordat ek dit weer net so on-oopgemaak in die groot rooi posbus gooi by die kafee…daarmee dra ek by tot die administratiewe spanning van die Tol-hek “scam”.

.
.

wilma ·

Miskien moet die 40% van ons wat wel e-tol betaal, dit staak. Hoeveel jaar sloer die besluit nou al om dit te skrap al dan nie?

marous ·

Wie het dit geimplimenteer ? Verseker nie die Boere nie ….

wraggies ·

Het al twee keer in die laaste maande e-tol fakture gekry met ons nommerplate op ander voertuie. Ek wag vir julle Sanral.

koos ·

volgens inligting, wou die EDCON (Edgares ens) ook mense begin opskryf vir agterstallige gelde en is gevra om dit eers na die verkiesing te doen….

Annie ·

Have a nice day Sanral. My koevertjies land sommer in die askan by die posbus.

Jakes ·

Die van ons wat maar getrou betaal het, kan ons ‘n “refund” verwag??? Seker nie. Regering sal ook enige iets doen om die kiesers te beinvloed. ANC het e-tol ingestel, so hulle is verseker nie die helde in die verhaal nie…….hoop die res van hulle kiesers sien dit ook raak. ESKOM nog n voorbeeld van swak bestuur.

G.Relker ·

Helaas moest ik als buitenlandse huurder van een auto automatisch betalen via de autoverhuurmaatschappij. Desondanks toch mooie reis gehad door Zuid-Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.