Aankondiging oor Kuga-toekoms volg binnekort

ford-kuga-brand

Verskeie foto’s van Ford Kugas wat gebrand het oor die laaste 13 maand in Suid-Afrika. Foto: Ford Vehicles Burning Facebook-groep

Die Nasionale Verbruikerskommissie en Ford Suid-Afrika sal na verwagting vanmiddag ʼn besluit oor die Kuga se toekoms by ʼn mediakonferensie in Pretoria bekendmaak.

Dit volg nadat daar nou al altesaam 47 Ford Kugas in die afgelope 13 maande vlam gevat het waarvan tien van die sportnutsvoertuie in Januarie in die ry aan die brand geraak het. Die jongste voorval het Vrydag op die M1-snelweg by die Woodmead-afrit in Johannesburg plaasgevind.

Trevor Hattingh, woordvoerder van die kommissie, het verlede week aan Maroela Media gesê hulle is “ernstig bekommerd” oor die jongste voorvalle en sal in ʼn dringende vergadering belê met die motormaatskappy omdat dit nie lyk of die noodmaatreëls wat intussen ingestel is, help om die brandvoorvalle te verminder nie.

Die kommissie het op 14 Desember verlede jaar ontmoet waarna daar besluit is om die eienaars van die Ford Kuga 1.6 EcoBoost wat tussen 15 Desember 2012 en 20 Oktober 2014 gebou is, te versoek om hulle motors in te bring vir ʼn gratis veiligheidsinspeksie.

Ford sou ook volgens ʼn ooreenkoms met die kommissie ʼn verslag saamstel wat einde Februarie aan die kommissie voorgelê sou word.

Hattingh het in ʼn onderhoud met die radiostasie Talk Radio 702 gesê die kommissie kan volgens wet die motormaatskappy verplig om die Kugas te herroep indien dit ʼn te groot gevaar vir verbruikers inhou: “45 of 46 gebrande motors is meer as genoeg.”

  • Lees al Maroela Media se vorige berigte oor die Ford Kuga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Stefan ·

Nee sies vi julle man ek sal hom maar met bloudraad en tang reg maak maar ry sal ek hom ry my vriend

Tegnologie ·

Sou dit wees dat daar té veel tegnologie ingebou word in voertuie? Bykans elke voertuig is toegerus met soveel bykomstighede dat ‘n rekenaar nodig is om alles (?) te beheer. Nogtans is daar ‘n perk oor wat die rekenaar kan beheer soos wat ook ek uitgevind het met my Corolla waar daar geen fout kon gevind gewees het maar na 11 weke se gesoek en R15572-40c later is die fout(e) uiteindelik opgespoor. Dit na slegs 105 000 km op die afstandsmeter. Nee-wat, gee my ‘n betroubare werkesel sonder fieterjasies wat my kan neem van punt A na punt B.

MM ·

Ek kry die mense jammer wat hul Kugas wil inruil, want niemand gaan dit nou wil inruil nie.

joe ·

Ek bly liewer by my eenvoudige 2016 Merc. As dit blyk of hy wil brand trap ek net die pedaal dat die ou moterjie tot so om en by 280km/h stadig ry en siedaar, die vlam is geblus.

Olga ·

Daar was 2012 so geval met Toyota Yaris ook. Die sensor wat in die stoel was het aan die brand geslaan. Toyota het ons geskakel en moes my kan instuur om ander sensor in te sit.

Gert ·

Ek verruil my FORD RANGER niks anders nie. Omdat daar nou een reeks is wat problem gee beteken dit nie all FORD motors is swak nie.

Chris Ws ·

Die’ situasie met die Kuga’s wat so vlamvat is ongehoord en die Nationale Verbruikers kommissie sit en slaap.Daar moes laaaaankal deur hulle opgetree gewees het om die probleem stop te sit.Ford stel duidelik nie belang nie en die NVk sal moet wys hoeveel hulle belangstel.Ons sal sien wat kom van vanmiddag se media konferensie.Sal nie verbaas wees as daar iets onder die tafel deurgegee is vooraf nie!Maar laat ons wag en kyk of ek verkeerd bewys word.

Johann ·

Kostes van n FORD KUGA herroep….teenoor kostes van n mens se lewe? Blykbaar FORD se oorweging? En moet n buitestaander kry om hulle te dwing om op te tree? SKANDE!!!!!

Jan Jooste ·

Waarom word die tyd van hul persverklaring nie gemeld? Dan weet mens wanneer om nuus te verwag. Dankie.

Conspiracy ·

Baie goeie en gratis advertensie vir Toyota!!
Ford se verkope het definitief afgeneem. Die herverkoop waarde van Ford en meer spesifiek die Kuga neem af.

Watter alternatiewe opsie is daar? The one and only Toyota.

Paul ·

Het Maroela al berig oor die feit dat die 1.6 Kuga (genaamd “Escape” in die VSA) in die VSA twee keer herroep is oor enjins wat aan die brand slaan weens ander redes as die verkoelingstelsel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.