Aankondiging oor listeriose gemaak

Minister Aaron Motsoaledi. Foto: GCIS/Flickr

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Maandag aangekondig die listeriose-uitbreking in Suid-Afrika is verby.

Motsoaledi het tydens ʼn mediakonferensie in Sandringham gesê daar is sedert Junie nog geen nuwe gevalle van listeriose aangemeld nie, wat daarop dui dat die uitbreking verby is. Hy het gesê dit is nou weer veilig om verwerkte vleise, insluitend polonie, te eet.

Volgens Motsoaledi kon ondersoekers nog nie vasstel presies waar listeriose uitgebreek het nie. Motsoaledi het op 5 Desember 2017 die uitbreking bevestig en toe gesê die bron van die uitbreking is as Enterprise Foods se verpakkingsfasiliteit in Polokwane geïdentifiseer.

Meer as ʼn 1 000 gevalle van listeriose is sedert Januarie 2017 by die nasionale instituut vir oordraagbare siektes aangemeld en het 218 lewens geëis. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het destyds bevestig die uitbreking van listeriose in Suid-Afrika was die grootste wat nog in die wêreld aangeteken is. Voorvalle van listeriose is in al nege provinsies aangemeld, waarvan die meeste in Gauteng.

Motsoaledi het intussen tydens die mediakonferensie ook reageer op verlede week se geweld in Soweto waartydens drie mense dood is en inwoners buitelanders se winkels geplunder het. Die geweld het volgens berigte verband gehou met plaaslike owerhede wat besighede deursoek het vir vervalsings en goedere waarvan die datums reeds verval het.

Volgens Motsoaledi is daar op goedere afgekom waarvan die datum reeds verval het, maar is daar nog geen bewyse van sogenaamde vervalste kos nie. Daar is bewerings op sosiale media gemaak van vervalste kos soos brood wat nie in water kan oplos nie en rys wat van plastiek gemaak is.

Volgens Motsoaledi is daar egter nog geen bewyse hiervan nie. Hy het gesê daar is wetenskaplikes wat gereed staan om die kos te ondersoek en te toets. Hy het ʼn beroep op die publiek gedoen om die kosse vir toetse te bring.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jan ·

net soos ebola is listeriose n klug niemand is dood daarvan nie…

Chris du preez ·

Hou maar Cyril se Chinese vriende dop met hierdie vervalste goedere wat die land inkom en verkoop word . Hulle is meesters met vervalsing van enige iets. Miskien Chinese mensvleis in hulle bullybeef ??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.