Aankondiging oor ramptoestand verwag

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Solidariteit sal Donderdagmiddag ’n aankondiging oor die nasionale ramptoestand maak. Die vakbond sê daar het “deurslaggewende verwikkelinge” plaasgevind as deel van sy saak oor die beëindiging van die ramptoestand.

Die aankondiging word omstreeks 15:30 verwag.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het vroeër die week gesê die ramptoestand kan moontlik so gou as 5 April opgeskort word. Solidariteit se saak word op dieselfde dag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor.

Die vakbond sê die regering het in die verlede al telkemale soortgelyke beloftes gemaak én gebreek. “Daarom kan Suid-Afrikaners nie meer op die regering se woord staatmaak nie,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Hy wys daarop dat die ramptoestand aanvanklik in Februarie opgehef sou word voordat die regering besluit het om dit te verleng. “Pres. Ramaphosa het aangekondig dat die ramptoestand eers opgehef kan word nadat geleentheid vir kommentaar op nuwe gesondheidsregulasies op 16 April gesluit het. Nou word daardie kommentare afgejaag en minister Dlamini-Zuma kondig aan dat die opheffing van die ramptoestand versnel gaan word.

“Die feit is dat die redes vir die ramptoestand nie meer bestaan nie, dat dit onregmatig is, dat dit te veel potensiële mag aan die regering gee, dat dit steeds onsekerheid skep en ʼn onnatuurlike regeringsvorm is,” sê Hermann.

“Suid-Afrika wil nie meer sit en wag op ʼn sogenaamde familievergadering om die jongste bevele van ʼn bevelsraad aan te hoor nie. Ons wil sekerheid oor ons toekoms hê. Ons het lank genoeg gewag en ons is klaar met leë beloftes.”

Volgens Hermann is “daadwerklike, konkrete verandering” egter op pad.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Manie ·

Hoogtyd dat die magsbehepte klomp ANC narre van hulle troontjie afgestoot word. Dis hoogtyd dat onsself weer beheer oor ons lewens terugneem en nie sit en wag vir ‘n magsbehepte regering om dit “aan ons terug te gee” nie.

Swerwer ·

Ek stem volkome saam met jou. Jammer Covid het nie regtes geneem nie.

Groen Ghoen ·

Bring ‘n einde aan hierdie ramp en doen dit nou! Bring al die pseudo-wetenskaplikes en hul mediavennote wat die ellende aangedryf het voor die hof en maak die sweer skoon. Hierdie hele bedrogspul moes nooit gebeur het nie.

AH ·

Sy het seker genoeg geldjies gemaak a.g.v. haar vingers is verskeie “pies” onder die dekmantel van die ramptoestand……

Martin ·

Solank die “bevelsraad” (in klein letters geskryf vir ‘n rede…) net nie ons maskers met kopdoeke probeer vervang nie, ons land is klaar ‘n sirkus ons het nie nog een nodig nie.

Esme ·

My enigste bekommernis is die afskaffing van die Ramptoestand maar die instelling van die nuwe Gesondheidsregulasies wat die Ramptoestand se regulasies ongedaan gaan maak en nuwe drakoniese regulasies gaan instel soortgelyk aan wat in Australie gebeur het. Dit sal dus net meer bindend as die huidige regulasies wees.

Di ·

PRESIES – dink ons gaan slegter af wees met die nuwe Gesondheidsgsregulasies

Henry ·

Hulle wil beheer behou oor alles. Hoe gouer die anv ontroon word hoe beter.

Anel ·

Nou wil hulle die land nog toe hoy vir ‘n verkoue. Klink my met hierdie nuwe regulasies gaan ons elke einter ‘n ramptoestand beleef, want hoeveel mense kry verkoue in die winter en dit is nogal aansteeklik! Wat ‘n klug! Dit was nooit nodig vir hierdie drakoniese reels nie en ook in die toekoms sal dit nie nodig wees nie. Wees eerder bekommerd oor die pandemie van korrupsie. Baie meer mense gaan dood agv dit, hongersnood, depressie wat lei tot selfmoird env. Laat ons onvoorwaardelik terugkeer na normaal. Dank kopdoek en haar gespuis af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.