Aankondiging oor studiefooie dan verwag

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Blade Nzimande, die minister vir hoër onderwys en onderrig, het Woensdag gesê besprekings om ʼn oplossing te vind vir die omstrede #FeesMustFall-kwessie is steeds aan die gang.

Volgens Nzimande word steeds met verskeie rolspelers gepraat om ʼn oplossing vir die probleem te vind wat “die samelewing as ʼn geheel raak”. “Terwyl die Raad vir Hoër Onderwys se advies in ag geneem word, wil ons steeds seker maak bekwame jong mense word nie van tersiêre onderrig weerhou bloot omdat hulle uit ʼn voorheen benadeelde agtergrond kom nie. Ons wil terselfdertyd verseker universiteite is volhoubaar en word ondersteun,” het hy gesê.

Nzimande sou vroeër vandeesmaand ʼn aankondiging maak oor universiteitsfooie vir 2017 en of dit verhoog sal word of nie, maar die mediakonferensie is gekanselleer. Sy kantoor het gesê verdere besprekings moet eers plaasvind voordat ʼn besluit geneem kan word. Die aankondiging sal nou na verwagting in September gemaak word.

DIE EFF se studentekommando en die Pan Africanist Student Movement of Azania (Pasma) het vroeër hul deelname aan die kommissie van ondersoek oor universiteitsfooie onttrek nadat die kommissie erken het hy is nie by magte om te beveel daar mag geen verhogings in fooie by universiteite wees nie.

Universiteite het intussen aangedui hulle het verlede jaar ernstige finansiële verliese gely toe geen fooiverhogings ingestel is nie. Die meeste instansies het gesê hulle gebruik klasgelde om hulself te onderhou en het beklemtoon studenteskuld het skerp gestyg sedert die #FeesMustFall-veldtog twee jaar gelede van stapel gestuur is.

Nzimande het versoek dat alle rolspelers hul samewerking sal gee. “Besprekings sal vir die volgende twee weke voortgaan voordat ʼn formele aankondiging gemaak word oor ons aanbeveling vir universiteitsfooie vir 2017. Ek doen ʼn beroep op studente, ouers, gemeenskapsleiers, sakeleiers en alle lede van ons samelewing om hul samewerking aan die regering te gee in hierdie verband.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lance ·

Betaal eers en as jy deurkom kry jy jou geld terug …so sal mense eintlik begin studeer wat wil en daar sal minder tyd wees vir breek brand en plunder en hare issues

humor ·

Belastingbetalers kry solank jul beursies gereed om iemand anders se kinders se studiegeld te betaal. Nou die dag was dit nuus dat 16 van die 26 universiteite op die randjie van n finansiele krisis verkeer.

My opinie ·

22 Jaar gelede is die anc in ‘n demokratiese verkiesing as meerderheidsregering verkies. Huidige universiteitstudente tot en met 3e jaar kan nie meer aanspraak maak op “previously disadvantage” nie. Hulle is ná die eerste demokratiese verkiesing gebore.

Rapes ·

My Opinie jy is heeltemal reg, maar die klomp kan net een song sing ” previously disadvantage”. Plaas hulle skouer aan die wiel sit. O nee dit is werk en dit is te veel gevra

snoefie ·

ek hoop afriforum, vryheidsfront+ en kie staan gereed om ons stryd in die hof te story as due liewe anc ons belasting met tien sent opsit. hulle was voorheen veral benadeel deur vleislus wat veroorsaak het dat hulle kinders by dosyne gedrop het. in die bybel het Jesus gese “laat die dooies hulle dooies begrawe. nou ja laat die swartes hulle swartes uit eie sak op universiteite laat vakansie hou. bitter min van hulle vang ooit graad al is hulle tien jaar lank students vir n driejaargraad.

Grap ·

Ek is bly ek is nie in lem se skoene nie maak nie saak wat hy nou sê of doen nie stenig gaan hy gestenig word ,hierdie is die rippel effek van jare se dissipline loos grootword geskep deur sy regering.

Varkie ·

Kan ek net asb eers registreer en geaanvaar word voor julle die bom laat bars oor of die prys gaan op of af gaan, ek kan nie NOG n jaar verloor agv betogings wat die proses hinder nie…

KarooKlong ·

Hahaha, ou lemmie, jou kop is volgende. Jou eie mense gaan teen jou draai.
#lemmetjie must fall

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.